BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 434

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Deemoed - Arrogansie - Gevaar 4919 Aan die deemoedige skenk Ek My genade, by die verwaande onttrek Ek haar, want verwaandheid verstik die liefde, terwyl deemoed liefde wek. Daarom kom My hele Liefde ook die deemoedige toe, Wie hom nou met genade sonder mate oorstelp. As die mens liefde in sy hart voel vir sy medemens, dan kan hy nie aanmatigend teenoor hom wees nie, maar sal hom beskou as sy broeder en sal hy hom diensbaar wees uit liefde. Daarom sal ook die deemoedige werke van naasteliefde verrig, waarvoor Ek hom sal seën en beloon, - weer met My Liefde en genade. Wie arrogant is, sy hart is hard en gevoelloos, hy is nie behulpsaam nie, maar hy wil heers en word daarom nie deur My aangesien nie, omdat die gevoel, die begeerte om te heers, die aanleiding was van die afval van weleer van My, wat slegs deur diepe deemoed teenoor My goedgemaak kan word, gevolglik sal deemoed ook ’n terugkeer na My beteken. Die gees het diep gesink deur arrogansie - in die stadium as mens het hy egter weer ‘n bepaalde hoogte bereik, waarby nou egter die grootste gevaar bestaan om weer in hoogmoed te verval, vir homself iets aan te matig, wat teenoor die medemens tot uitdrukking sal kom in liefdeloosheid. Dat die mens homself deur hoogmoed ook van alle hulpmiddele beroof om opwaarts te klim, dat hy daardeur My genade verspeel, is die grootste gevaar waarop Ek julle steeds opmerksaam maak, sodat julle nie weer in die diepte sal stort deur eie skuld nie. Alles wat verwaand is, hoort nog by My teenstander, naamlik dit wat volhard in die grootste weerstand teen My en meen om My tot ’n val te kan bring. As eens die hoogste ligdraer het hy My teenstander geword, omdat hy homself bo My verhef het, geglo het dat hy homself bo My kon stel en so stort hy in die diepste afgrond in. Die verwaandheid is die eerste stap na ‘n bodemlose val, die deemoed daarenteen is die leer wat na bo lei, die sekerste brug na My, want aan wie Ek My genade skenk, bereik gewis sy doel, omdat My genade hulp beteken, naamlik My bystand en My leiding. Dink aan julle sonde van weleer, wat julle van My geskei het, dink aan My oorgrote Liefde wat julle na My toe wil trek, dink aan julle swakheid en onvolmaaktheid en dink aan die groot afstand van My waarin julle julleself bevind, dan sal julle julle hoof in die diepste deemoed buig en verlangend julle hande na My uitstrek en dan sal Ek julle vasgryp met My Liefde en genade en sal julle alles gee wat julle nodig het om die afstand na My toe te verklein, om na My toe te kom van Wie julle eens uitgegaan het. Maar wee dit wanneer julle self nooit bewus sal word van die afstand van My af nie, wanneer julle dink dat julle te verhewe is om in die diepste deemoed tot My te bid, dan kan daar geen genade na julle toe kom nie, dan is julle nog in die mag van hom wat julle tot val gebring het, dan kan julle nooit vry word van die sonde van arrogansie van weleer nie, want sonder My genade kan julle nooit as te nimmer salig word nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205