BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 451

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Voorloper - Beliggaamde wesens sonder herinnering aan vroeër 4970 Aan die wat My Wil dien word die volgende gesê: Die geestestoestand van die mense wat in die laaste tyd sal lewe, sal ‘n besondere hulp van die kant van die ligwesens vereis. Hulle is in die geesteryk besig volgens My opdrag en ook op die aarde, waar hulle in groot getalle, as mense beliggaam, aanwesig is om ‘n verlossende taak te vervul. Op welke manier hierdie ligwesens werk en hulp gee, is heel duidelik vir die mense wat hulle oorgebringde geestesgoed aanneem. Hulle weet dat slegs deur die oorbring van My Woord uit die Hoogte, hulp aan die mense gebring kan word in hulle geestelike nood. Met die algemene geestelike vervlakking sou dit volkome onmoontlik gewees het dat My Woord ingang sou kon vind onder die mensdom. Hulle sou nóg die verbinding kon herstel met die geestelike wêreld, nóg berigte hieruit wou of kon aanneem. Daarom moet die ligwêreld bemiddelend werk en die ligwesens moet geskikte opnamehouers (harte) op die aarde soek, waarin hulle die uitstraling van My Woord kan laat binnestroom. Maar wanneer hulle dit nie kan vind nie, daal hulle self na die aarde af om as beliggaamde mense ‘n skakel te wees tussen die mense en die geestelike wêreld, om middelaars te wees tussen My en die mense. Daar is dus in die laaste tyd voor die einde, die tyd waarin julle nou reeds leef, ‘n groot aantal ligwesens beliggaam om julle te help, omdat julle geestelik blind en onwetend is, omdat julle verkeerd leef en omdat julle julleself in groot geestelike nood bevind. Julle weet self nie van die lae geestelike peil van die mensdom nie en wanneer julle kennis daaroor gegee word, glo julle dit nie. Maar in die ligwêreld is bewoners wat vol ontsteltenis neersien op die aktiwiteite in die duisternis van die aarde. Hulle wil julle te hulp snel om julle nog te red wat geen weerstand bied nie, indien julle julleself aan hulle leiding sal oorgee. Hulle is as mense beliggaam en wil julle help en onderrig, maar julle herken hulle nie. Ook herken hulle hulleself nie as wesens van bo nie, ofskoon hulle as mense vasberade omhoog strewe. Dit is mense soos julleself, met ‘n wil wat slegs na My toegekeer is. My teenstander kan niks teen hulle begin nie, omdat hulle aan My behoort voordat hulle na die aarde gekom het, terwille van die noodlydende mensdom. Hulle wil aan julle die “Lig” bring wat hulle voortdurend van My ontvang en wat gelyktydig krag is uit die hoogte. Maar hulle weet nie dat hulle vrywillig na die aarde toe gekom het nie, want hulle strewe omhoog moet vir die medemens duidelik sigbaar wees om aanleiding te gee om dieselfde te doen. Sou so ‘n ligwese as sodanig herkenbaar wees, dan sou dit die mense nie tot voordeel wees nie. Die mense wat met swakhede en gebreke behep is, sou hulself dan nie in staat voel om die voorbeeld ooit te ewenaar nie. Slegs baie besonder hoë geestelike wesens ken hulle taak en afkoms en maak dit ook aan die mense bekend, ofskoon hulle geen geloof by hulle vind nie. Sulke hoë wesens is egter vir ieder en elk te herken wie hulle wil sien, want hulle taak is om steeds in die openbaar te werk en nie in die verborgene nie. Want nie net enkele mense nie, maar alle mense moet kennis verkry van die bonatuurlike werk en van die Krag, Mag en Heerlikheid van Hom, wat Sy skepsels nie in die duisternis wil laat versink nie en daarom ‘n bomatige “Lig” vanuit die Hoogte stuur. En so ‘n “Lig” sal van My getuig en daardeur van homself getuig en wanneer hy sal skyn, sal julle weet dat julle kort vóór die einde staan en dat daar aan die meeste mense nog maar ‘n kort genadetyd gegee is, want as daar nie na hom geluister sal word nie en as sy vermanende roep sonder gevolg sal bly, sal daar geen redding meer wees vir die gematerialiseerde wêreld nie. Dan het die einde onherroeplik gekom soos wat dit in woord en geskrif verkondig is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205