BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die goeie Herder - "Myne herken My stem" 4295 Ek ken Myne, en Myne ken My. As Ek hulle roep, sal hulle My volg, want hulle herken die stem van die Vader, wat hulle liefhet en aan Wie hulle gehoorsaam wil wees. My oproep sal egter spoedig uitgaan na julle wat Myne is. Ek sê dit vir julle almal vooraf, omdat julle veilig voel, want julle nie glo dat die einde naby is nie. Ek het julle egter nodig en Ek kondig daarom aan dat julle spoedig My Stem sal hoor, die stem van die goeie Herder wat Sy skape roep. Ek het getroue wagte nodig vir My kudde, leiers wat oor klipperige paaie en rotse Myne omhoog sal wil lei, wat Myne voortdurend sal bystaan en hulle wys op die nabye einde. Hierdie leiers en wagte sal die Waarheid vanuit My Self ontvang en Haar aan julle oordra. Hulle sal voortkom uit My geledere en sal die mense My Woord van Bo bring. Hulle sal in regstreekse verbinding staan met My, dus behoort hulle self tot Myne. En wanneer die oproep in hulle ore weerklink, dan sal hulle weet dat die uur vir hulle gekom het om werksaam te wees vir My en My ryk. Dan sal die verbinding met My, van hulle kant af, so innig tot stand gebring word, dat daar nooit meer 'n agteruitgang sal kan wees vir die siel wat My dien nie, dat sy nooit sonder krag gelaat sal word nie, dat sy binne ’n kort tydjie in staat sal wees om self met My te praat. Dan sal sy ook haar opdrag op aarde vervul, wat die sin en doel is van haar aardse bestaan. Dan sal sy net vir My werk, en met vreugde sal sy My Woord versprei en verteenwoordig, want sy sal heeltemal oortuig wees dat Ek Self tot haar spreek. Aan elke Woord ken sy die grootste waarde toe en die mens sal krag in groot mate ontvang. Elke gevoel van swakheid sal van hom wegval. Elke geestelike gawe sal ten volle benut word en gebruik word. Waar hy onder mense vertoef, sal hul werk suksesvol en geseënd wees. En julle werksaamheid is op hande. Ek ken julle wil en die swakheid van julle geloof, maar Ek is ook op hoogte van die verandering wat binnekort voor julle sal gebeur. Ek is op hoogte van die nood en die leed van die komende tyd, soos wat Ek egter ook julle wil om te glo en die sterkte van julle geloof ken. En in ooreenstemming daarmee sal Ek julle met krag toerus en julle nooit alleen laat nie, wat ookal mag kom. Hou julle dus altyd aan My Woord. Onttrek van My Woord die krag waarmee Ek dit geseën het. Word in waarheid My kinders, wat hulleself vol vertroue aan die Vader sal oorgee. En glo dat Hy julle sekerlik sal red wanneer julle in nood is, want wie My stem herken, is My kind en sy lewe is My sorg. Want wie in My glo, sal ook in staat wees om My stem te hoor. Maar wie egter die klank van My stem in twyfel gaan trek, is nie My kind nie, ofskoon hy dink dat hy ook met My verbonde is. Die skape herken die stem van hul Herder en hulle sal Hom volg wanneer Hy hulle roep. Maar Ek is die goeie Herder, wat nie sal rus alvorens Hy Sy skape gevind het nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205