BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wedergeboorte, Geestelik 3704 Geestelike wedergeboorte is die mens se doel op aarde, anders sal die siel ook sonder lewe wees wanneer die liggaam sterf, maar aangesien dit onsterflik is kan dit nie net verdwyn nie. Geestelike wedergeboorte beteken lewe vir die siel, maar lewe vir die siel sonder geestelike wedergeboorte is onmoontlik. Die mens sal geestelik wedergebore wees wanneer hy uit homself kontak met die geestelike koninkryk sal soek. Die menslike siel sal dan nie meer tevrede wees met die lewe van die liggaam nie, maar sal ook nie vervulling van haar begeerte in die aardse wêreld kan vind nie en sal streef na die koninkryk waaraan sy werklik behoort en afhangende van hoe ernstig haar wil is, sal die mens vroeër of later wedergebore word. Liefdevolle dade is absoluut noodsaaklik om die geestelike wedergeboorte te bereik, aangesien dit die gees van die persoon laat herlewe. Deur dade van liefde verenig die sluimerende geestesvonk in die siel met die ewige Vadergees, sy word aktief, en aktiwiteit is lewe. As die mens, deur dade van liefde, die geestesvonk in homself geleentheid gee om aktief te word, sal hy geestelik wedergebore word en kan hy nie meer na ‘n toestand van dood afdaal nie. Wanneer die gees ontwaak het, sal dit hom nooit ignoreer nie, hy sal konstant sy omringende omhulsel beïnvloed, d.w.s. die gees sal die siel beïnvloed en daardeur ook die mens se liggaam, hom aanspoor to liefdevolle dade en daardeur die siel se hoër ontwikkeling aanhelp. Die geestelike wedergeboorte kan nie intellektueel bereik word nie, nóg eie wil, nóg woorde kan dit laat gebeur, slegs ‘n wil wat in aksie kom kan dit tot gevolg hê, en hierdie aksies moet dade van onselfsugtige liefde vir ander mense wees. Die gees van ‘n mens kan slegs lewend word deur liefde, dit sal slegs in aksie kom deur dade van liefde en so kan die siel slegs deur liefde die ewige lewe bereik, wat die gevolg van geestelike wedergeboorte is. Enigeen wat liefde het, leef in konstante kontak met die Ewige Liefde en so sal die ewige Vadergees ook konstant die geestesvonk in die mens beïnvloed. Die Ewige Liefde sal alles na Hom aantrek wat daarna streef om homself in liefde te omvorm en dan sal daar nie meer dood vir die siel wees nie. Dan sal daar slegs lewe wees, d.w.s. ononderbroke aktiwiteit in krag en lig; dan sal die greep van die dood gebreek wees, dan is die dood oorwin. Daarom sal ‘n geestelik wedergebore persoon nooit die dood van sy liggaam vrees nie, omdat sy siel die verganklikheid van alle aardse dinge, asook die ewige lewe van alles in die geestelike koninkryk weet. Hy vrees nie sy aardse dood nie, omdat sy ewige lewe gewaarborg is. Hy glo nie slegs in die lewe van die siel na die dood van die liggaam nie, maar is oortuig daarvan, omdat hy deur die herleefde gees gelei word, want die kennis wat hy van die gees ontvang, word ‘n diepgaande oortuiging. Daarom het sy geloof standvastig geword, omdat hy die bewys in homself dra, die gewekte gees, wat deel van die ewige Vadergees is. ‘n Geestelik wedergebore mens het geen verdere twyfel met betrekking tot geestelike kennis nie, omdat die werking van die gees in hom ook steeds groter begrip meebring, erkenning van die ewige Godheid en Sy heerskappy en werke, asook kennis van God se ewige verlossingsplan. Sy ontvange kennis is nie net geloof nie, aangesien die wysheid van dit wat aan hom gegee is, vir die geestelik wedergebore persoon so duidelik is, dat hy geen vêrdere bewys nodig het nie, maar ten volle oortuig is van die waarheid, dat hy dit nou sy eie verstandelike konsep kan noem, omdat sy hart en intellek dit geabsorbeer het. Daarom hoef die geestelik wedergebore persoon nie verder te soek nie, deur liefde het hy gevind wat hy gesoek het. Dus is liefde die sleutel tot wysheid en wysheid is kennis wat ooreenstem met waarheid, wat afkomstig is van en teruglei tot die geestelike koninkryk. ‘n Mens kan slegs geestelik wedergebore word, wanneer sy siel die liggaam ignoreer en slegs daarna streef om die gees tot lewe te bring wat, selfs indien hy onbewus is van sukses, afstand sal doen van wat die liggaam verlang, om dit aan ander te gee wat ontbering ly en wat behoefte het aan geestelike of wêreldse hulp. Die weggee van wêreldse goed, terwille van onselfsugtige liefde, aan-aan hom geestelike rykdom bring, maar die verspreiding van geestelike rykdom sal ‘n geweldige groei in homself meebring, omdat die Gees van God dan sonder beperking in die mens kan werk, want hy sal waarheid kan uitgee, wat ewige lewe beteken, en dié lewe dan, is ononderbroke aktiwiteit. Die geestelik wedergebore persoon kan nie meer onaktief wees nie, maar sal dan vol oorgawe vir die koninkryk van God werk, hy sal deelneem aan die Heer se daad van Redding vir die dwalende siele op aarde, omdat die gees in hom nie rus nie, soos sy ewige Vadergees wat altyd en ewig aktief is. So sal die geestelike wedergeboorte altyd die gevolg hê dat die mens ‘n gevoel van aanmoediging om vir die geestelike koninkryk te werk, sal ervaar. Hy sal weinig aandag skenk aan die wêreldse lewe, maar sal sy aandag konstant gefokus hou op die geestelike lewe, met kennis van die belangrikheid daarvan en met die begeerte om te help waar begrip ontbreek, omdat die geestelik wedergebore persoon van die duisternis op aarde weet, van die gebrek aan krag in mense wat teveel belang aan die wêreldse lewe heg. Hy sal weet van die ontbering van die siele, van hul geestelike dood, selfs op aarde, en één dag in die ewigheid, waar hulle baie meer bewus sal wees van hul hulpelose toestand, waar dit ‘n kwellende toestand vir hulle sal wees en die siel nie meer gehelp kan word nie, indien hy aanhou om alle raad te verwerp soos wat hy op aarde gedoen het. Die geestelik wedergebore mens sal bewus wees van sy taak en sal dit met liefde en entoesiasme uitvoer. Hy sal lig uitstraal en dis sal goed wees vir die een wat nie hierdeur aanstoot sal neem nie, goed vir hom wat kennis sal neem van die persoon wat die lig aan hom wil bring, wat hom ook tot lewe wil wek. Die geestelike wedergeboorte kan deur elkeen herken word wat geestelik georiënteerd is, omdat ware wysheid deur elke gewillige persoon herkenbaar is, omdat waar daar ‘n wil is, word die krag van die gees geaktiveer. Laat julle gees tot lewe kom en julle sal die doel op aarde bereik het wat julle in die begin gegee was. Sodra die siel haarself van die liggaam losmaak, sal julle die geestelike koninkryk met ‘n rykdom aan krag en kennis binnegaan en al wat julle sal agterlaat, is onvolmaakte materie wat dit self nog nie op aarde vergeestelik het nie. Maar julle self sal die koninkryk van die salige geeste in ‘n toestand van vryheid ingaan, en niks sal julle weerhou om aktief te vorm en te skep nie, want die liefde in julle sal julle daartoe dring en ‘n toestand van saligheid in julle veroorsaak wat julle nie op aarde sal kan begryp nie. Julle sal met die ewige Vadergees verenig, wat Sy kinders met brandende liefde na hom toe sal trek om hulle ewig gelukkig te maak. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205