BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 377

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waarheid. Lewenswandel van leiers en leraars is deurslaggewend 4794 Vir julle mense is dit van die grootste belang dat julle in die waarheid onderrig word en dat julle julleself daarom aansluit by die geestesrigting wat die waarheid verteenwoordig, wie se leiers en leraars deur God onderrig is, wie dus die werksaamheid van die goddelike Gees in hulself moontlik maak. En julle sal steeds aan die lewenswandel van hulle wat voorgee om voorvegters van die waarheid te wees, die graad van waarheid herken en so sal julle steeds weet welke waarde aan hulle leerstellinge toegeskryf kan word. Daarom, let eers daarop hoe die ingesteldheid van die leiers en leraars van ‘n geestesrigting self is teenoor die goddelike gebooie, teenoor die gebooie van liefde tot God en die naaste. Deur die praat alleen moet julle julleself nie laat mislei nie, inteendeel gee die eie realisering van dit wat hulle leer eers die deurslag. Slegs deur daadwerklike liefde word die mens deel van die diens van God. Want so ‘n lewenswandel volgens die Wil van God maak die mens ’n kandidaat vir die geesteryk en dus sal hulle denke ook korrek wees, want ‘n mens wat God se gebooie vervul, sien die waarheid in en sy oordeelsvermoë word aansienlik versterk deur die verligting van Gees, wat werksaam word as gevolg van sy werke van liefde. ‘n Mens wie se lewenswandel dus ooreenstem met God se Wil, kan steeds geglo word. En as hy nou ‘n bepaalde geestesrigting voorstaan, sal hy ook vir God en Sy ryk werksaam wees, want God laat nooit ‘n mens wat op Hom gerig is en wie die waarheid wil uitdra, aan ‘n leuen skuldig wees nie. Steeds staan die wil van die mens op die voorgrond en na gelang hiervan, goed of sleg, waar of verkeerd, sorg God vir hom of wend Hy Homself van hom af. Die regte wil bestaan egter uit volledige deemoed en gehoorsaamheid teenoor God en so ’n mens sal dus nooit trag om op die voorgrond te tree nie. Hy sal nooit aardse voordele, nóg eer en roem, nóg aansien en enige hoë posisie wil bereik nie. Hy sal slegs stil en beskeie vir God dien, terwille van die waarheid, ook self die waarheid deurgee. Hy voel dat slegs die waarheid na God lei en hy sou uit liefde tot sy medemens ook graag vir hulle tot God wil bring. Hulle wat onderrig, moet deur God self onderrig wees, maar slegs die liefde lewer aan hulle hierdie buitengewone voorreg en juis daarom moet elke mens in liefde lewe wie geestelike kennis as waarheid, - as ’n regstreeks kennis wat ontvang is van God – sal herken. Waar julle dus die liefde mis by iemand wat homself ‘n dienaar van God noem, wys ook daar sy geestelike goedere af, want dit is nie van bo nie. Dit is ’n bedrieglike werk van die Satan, wat onder die dekmantel van vroomheid poog om dwaling te versprei, wie altyd ‘n goeie bodem vind waar die liefde ontbreek. Daarom, ondersoek en vra God om bystand sodat julle oordeel korrek kan wees, maar neem nie iets aan as julle nie die sekerheid het dat dit die woord van God is wat regstreeks oorgebring is en ontvang is uit die hoogte nie. Ondersoek alles wat julle aangebied word onder die aanroep van God en behou die goeie. So wil God dat Sy Gees in julle werksaam word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205