BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike laagtepunt – Einde van 'n verlossingsperiode 3805 Daar kan ewiglik geen geestelike vooruitgang verwag word wanneer die mensdom die laagtepunt bereik het waar hulle God nie meer herken en erken nie, want dan is hulle heeltemal geskei van God en dus ook sonder enige toevoer van krag, wat die geestelike vordering waarborg. 'n Geringe verwydering van God kan maklik oorkom word, want dan bevind die wese hom steeds in die siklus van die goddelike Liefde, en die Krag daarvan spoor hom onvermydelik aan tot geestelike vordering. Wanneer die verwydering egter so groot is dat die wese buite hierdie siklus beland, dan is hy ook heeltemal kragteloos en dit is dan onmoontlik om nader aan God te kom, omdat die vyandige krag meer invloed het, en hom die diepte intrek. Wanneer die mens eers hierdie graad van ontwikkeling bereik het, dit wil sê, wanneer hulle in hul ontwikkeling so vêr agteruit gegaan het, dan het die wese ook die reg verspeel om op die aarde 'n bestaan as mens te lei, omdat die doel hiervan slegs is om homself positief te ontwikkel en het hy hierdie doel volledig buite beskouing gelaat. Dan sal 'n ontwikkelingsperiode vir hierdie mense tot ’n einde kom. Die aarde stoot in 'n sekere mate al die wesens wat hul op 'n hoër trap van ontwikkeling bevind, van haar-af weg, wanneer hulle nie meer in ooreenstemming met hierdie vlak van ontwikkeling wil leef en optree nie. Dan sal 'n verlossings tydperk beëindig wees volgens die Goddelike Wil, en elke mens sal self die tyd kan herken, indien hy Ag, slaan op die geestelike ontwikkeling van die mensdom. Wanneer ’n laagtepunt bereik word waarin die liefdeloosheid duidelik sigbaar is, kan die werksaamhede van die teen God gerigte krag daarin herken word, deurdat, in plaas van voortdurende opbou, daar oral verwoesting sal plaasvind en is die mense se lewens en handelinge heeltemal in opposisie met God, en dus teen alle goddelike ordeninge en dan kan ook nie meer verwag word dat die mensdom homself weer uit vrye wil by die goddelike ordening sal aanpas nie, en moet daar volgens die wet van ewigheid 'n ontbinding plaasvind van alles wat geestelike substansie berg, wat 'n volledige nuwe kluistering ten doel sal hê, om na 'n oneindige lang tyd die doel te bereik om uiteindelik weer in vrye wil in die nabyheid van God te mag vertoef. Daar bestaan vir ’n ontaarde menslike geslag geen ander moontlikheid van opwaartse ontwikkeling, wanneer hulle die laagtepunt bereik het nie, wanneer alle Liefde verkoel het nie, omdat die versterkende vloei van die Goddelike krag van liefde dan nie meer doeltreffend kan wees nie en dit 'n volledige oorgawe aan die krag beteken wat vyandig teenoor God staan. In Sy groot erbarming ontruk God egter van Sy teenstander hulle wat van hom afhanklik geword het, deurdat Hy hulle weer in die skepping verban, waarop die teenstander van God geen invloed meer het nie. Dus is ook die herstel in die hardste materie net 'n werk van Goddelike Barmhartigheid, want vir hulle, wat die vêrste van God verwyder is, word daar weer 'n nuwe moontlikheid geskep om die weg van positiewe ontwikkeling te gaan, wat as mens nie meer moontlik was nie. Eendag sal die uur van verlossing ook vir hulle aanbreek, al is dit na 'n oneindige lang tyd. Daar geskied geen onreg wanneer hulle in die harde materie teruggeplaas word nie, want hulle wil is so verhard teenoor God, dat hulle self die oorsaak daarvan is dat God hulle moet bind vir eindelose lang tye, want hulle kan nie meer verander wanneer daar so 'n geestelike laagtepunt bereik is dat die mense God nie meer herken nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205