BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wat is geloof? 4017 Die mens moet deur sy geloof salig word. Wat is geloof egter? Wanneer kan die mens met reg van homself sê dat hy glo? As geestelike leerstellings vir hom aangebied word, sal hy nooit ‘n bewys daarvoor kan eis of lewer nie, want geestelike dinge val buite die bereik van sy intellektuele aktiwiteit en sal nooit bewys kan word nie. Dus moet die mens wanneer hy glo, iets as waarheid aanvaar wat nie bewys kan word nie. Tog word daar meer as net blinde geloof van hom verwag indien hy saligheid verlang, wat beteken dat hy nie daarvan sal wil verskil nie, dat hy dus skynbaar die geestelike leerstellings sal aanneem wat hom aangebied word. Daar word van hom vereis dat hy innerlik heeltemal positief daarteenoor sal staan, dat hy ‘n leerstelling sal aanneem waarvan hy innerlik oortuig is, sonder om ‘n bewys daarvoor te hê. Hierdie innerlike oortuiging sal egter altyd die resultaat wees van ‘n verstandsaktiwiteit, die aanneem van ‘n standpunt oor wat van hom verwag word om te glo. So ’n standpunt aanname moet sonder uiterlike dwang vanuit homself ontstaan. ‘n Leerstelling moet hom as’t ware verstandelik besighou met die oorweging van voor- en nadele, totdat hy ’n eie opinie gevorm het, waarvoor hy egter ook met oortuiging sal kan instaan, wanneer hy om ‘n uitleg gevra word. ‘n Geloofsleer moet deurdink word voordat sy feitelike geestelike kennis kan word, omdat die mense andersins van ‘n blinde geloof moet praat, wat vir God heeltemal waardeloos is. Welke resultaat die mens deur nadenke bereik, hang af van sy wil om die waarheid te ken en sy verlange na God, wat hom ook onbewus tot liefdadigheid aanspoor. Maar God sal die een wat ernstig na die waarheid soek egter nie op ’n dwaalweg laat nie, indien hy homself deur sy lewenswandel as waardig bewys om die waarheid te ontvang. En omdat dwaling regoor die wêreld versprei is, omdat die leuenvors oral duisternis probeer versprei en alle lig wil uitdoof, is dit begryplik dat die mensdom in die sterk greep van dwaling verkeer, omdat God die vrye wil van elke mens respekteer, en ook Sy heilige Woord, wat die suiwerste Waarheid waarborg, aan die vrye wil van die mense onderworpe is. Derhalwe moet dit dus aan die wil van die mens oorgelaat word om te glo al dan nie, wanneer hy die afsonderlike leerstellings ondersoek en ‘n standpunt daaroor inneem. Om dit egter met oortuiging te doen, moet hy dit in elk geval ondersoek, d.w.s. hy moet in sy gedagtes daarmee besig wees. As sy verlange eg is en hy die voorwaarde nakom wat God stel om geestelike gawes aan hom te kan gee, dan sal sy denke verlig word en dit wat deur sy hart bevestig word, vir hom duidelik en geloofwaardig wees. Dan sal hy ook sonder bewyse met oortuiging kan sê: “Ek glo!” Op welke ander manier sou dit moontlik gewees het om dwaallere as sodanig te herken, en hoe sou God verantwoording van die mense kon eis, as dit Sy Wil sou wees dat verstandelike aktiwiteit uitgeskakel word en onvoorwaardelike blinde geloof in die plek daarvan kom? Dan sou die mense nie verantwoordelik wees nie, maar slegs die enkeles wat hierdie leer probeer versprei, wat alle teenstand wil verhoed deur blinde geloof te vereis. Dit is egter nie God se Wil nie, want die werk aan die siel kan eers begin met verstandelike aktiwiteit, wat, soos in die voorgaande geval, geheel en al geïgnoreer word. Slegs deur denkende aktiwiteit kan kontak met die Geestelike Koninkryk tot stand gebring word en dan kan die ligwesens aktief raak en met hul eintlike werk van onderrig begin, wat egter onmoontlik is wanneer die mens blindelings glo. Die mens wat beproef sal sekerlik tot ‘n bevredigende gevolgtrekking kom, as hy erns het met waarheidsgetroue kennis aangaande die siening van God en sy siel, want God sal niemand wat lig soek in duisternis laat nie. Die mens sal altyd die gevolgtrekking van denke bevredigend vind, wanneer hy dit verkry het na gelowige gebed tot God, Wie alleen aan hom opheldering kan gee oor, of en wanneer hy reg dink. Indien hy sal glo aan ‘n God van Liefde, Wysheid en Almag, sal dit heeltemal voldoende wees om ook ‘n oortuigde geloof te verkry deur leringe wat uit God ontstaan het en om menslike toevoegings te kan herken, asook tot watter mate dit met die Waarheid ooreenstem. Want God, as die Ewige Waarheid, sal hom steeds help en orde bring in sy denke. Hy sal hom oordeelsvermoë gee, indien hy net gewillig sal wees om wat reg is as sodanig te herken, en bereid sal wees om op te staan vir dit wat hy as waarheid teenoor sy medemens herken, want dit is God se Wil dat die Waarheid versprei word, omdat slegs dit opwaarts lei en salig maak. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205