BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

By God is niks onmoontlik nie 4082 Waar aardse hulp nie meer moontlik is nie, word die liefde van God dikwels duidelik sigbaar, wat selfs die skynbaar onmoontlike laat gebeur, sodat die mense kan leer om in Hom te glo en Hom dan bo alles lief te hê. Vir God is daar geen grense aan Sy mag nie, wat Hy Wil sal ook geskied. Sodoende is daar ook niks wat nie verwesenlik kan word nie, omdat by God alles moontlik is. Die mense ondergaan dikwels onnodige lyding, want as hulle in staat wil wees om iets buitengewoons te bereik, of so-iets wil belewe, moet hulle slegs vir God om hulp vra. Hy kan en sal altyd help. Hierdie geloof kan die mense egter slegs deur die beoefening van naasteliefde ontvang, omdat slegs goeie werke die verbinding met God tot stand bring. Slegs daardeur is die ontvangs van krag verseker, wat as uitstraling van God ook onherroeplik tot Hom moet terugvoer. Die mens moet dus leer om te glo en hy sal ook kan, indien hy vanuit ‘n ernstige wil opwaarts streef. In die laaste tyd voor die einde sal die wonderbaarlikste dinge gebeur, wat bonatuurlik lyk, maar hul verklaring sal vind in die wil van die mens en in die krag van die geloof. Daarin lê die hele verklaring van alles wat vir julle onbegryplik sal lyk, maar wat eintlik slegs die gevolg is van ‘n regte lewenswandel voor God. Dit is nie voldoende dat mense hulleself Christene noem, dat hulle die kerk aanhang waaraan hulle behoort, indien hulle nie hul Christenskap voorbeeldig uitlewe en deur hul lewenswyse bewys lewer dat hulle behoort tot die gemeenskap van gelowiges wat die ware Kerk van Christus verteenwoordig nie. Daar word dus ‘n lewende geloof verlang, voortkomend uit werke van naasteliefde, ‘n geloof wat die krag van die gees tot werking laat kom. Dan sal die mens ook oor buitengewone krag beskik, die krag uit God wat hom deurstroom en waarvoor geen daar beperking is nie. So kan die mens deur die geloof, met God se krag, ongewone dinge vermag, soos wat God Homself ook kan openbaar deur die soort hulp te voorsien wat as bonatuurlik voorkom, omdat dit dikwels gebeur wanneer daar geen verdere hoop op hulp bestaan nie. By God is niks onmoontlik nie. Dit moet die mens altyd onder alle moeilike omstandighede in gedagte hou, dan sal sy geloof so sterk word, dat daar vir hom geen swaarkry weer sal wees nie. Deur sy houding tot God, en sy diep en onwankelbare geloof in Sy hulp, sal hy alle teenspoed verdryf en, sal hy in kalmte alle nood tegemoetgaan. Dan sal God hom ook help, omdat Hy ‘n sterk geloof nie tot niet sal laat gaan nie. By God is niks onmoontlik nie. Alles wat Hy Wil, kan Hy bereik en Hy Wil alles doen wanneer Sy kinders Hom as hul liefhebbende Vader aanroep en Hom onvoorwaardelik vertrou. Dan sal Hy aan hulle in elke behoefte voorsien, hulle help met alle aardse probleme en moeilike omstandighede, want Hy is ’n God van Liefde en Liefde wil altyd help, omdat Sy gelukkig wil maak. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205