BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 310

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kwellings van ‘n hernieude kluistering in die materie 4631 Met woorde kan die kwellings nie beskryf word wat ‘n hernieude kluistering in die harde materie vir die gees beteken nie, want dit is ‘n toestand wat vir die menslike verstand onbegryplik is. Die gees ervaar homself as werklik en tog kan hy nie sy wil gebruik nie, waarvan hy self bewus is as bewys van sy werklike bestaan. Die gees word gekluister en was oorspronklik geskape as iets wat vry kon werk. Daarom sal sy onmag, sy kragteloosheid en sy gekluisterde toestand onuitspreeklike kwellings vir die gees beteken, wat homself eerder wederstrewig, in plaas van gewillig maak om onder God se wil te buig. En die mensdom is in besit van ‘n vrye wil en gaan hierdie kwellende toestand tegemoet. Hulle sou nog voldoende tyd gehad het om die noodlot van hulle af te wend, maar hierdie toestand kan deur geen enkele voorstelling van mense wat weet, aanvaarbaar of duidelik gemaak word nie. Die geloof in ‘n vergelding en die voortlewe van die siel ontbreek heeltemal by hulle, waardeur ook niks met onderrig bereik sal kan word nie. En daarom is die nood waarin die siele van die meeste mense hulleself bevind, onuitspreeklik groot. Die mens is nog “heer” oor die skepping. Hy staan in ‘n sekere mate bo en kan die skepping vir homself benut volgens sy wil. Maar eendag sal hy self weer ‘n stukkie skepping wees, aanvanklik ‘n dooie, onbeweeglike iets wat benut kan word, maar ook onbenut kan bly vir ‘n ondenkbare lang tyd. Eendag sal hy vêr agterstaan teen wat hy nou is. Daar sal ‘n eindelose lang tyd verbygaan totdat hy homself weer opwaarts ontwikkel het tot mens, tot die wese wat met ‘n vrye wil begaafd sal wees en wat die krag sal besit om hierdie wil te gebruik. Deur hoeveel periodes hierdie gees egter sal moet heengaan, hoeveel kwale dit sal moet duld en welke dinge hy in ‘n gebonde toestand sal moet uitvoer, kan ‘n mens nie begryp nie en daarom is dit vir hulle ongelooflik. En tog dra hy self die verantwoording vir die lot van sy siel na die dood. Nog het hy die moontlikheid om werke van liefde te verrig wat dié bittere lot van hom sal afwend, ook het hy die geleentheid om kennis te neem van God se wil deur die aanhoor van die goddelike woord. En as hy hierdie wil nakom, sal sy wese heeltemal verander en kan hy aanspraak maak op ‘n toestand van lig en op vryheid na sy liggaamlike dood. Nog kan die mens sy verstand gebruik en nadink oor homself, Sy Skepper van die ewigheid en sy aardse lewensdoel. En as hy maar net wil, sal hy ook kan glo. God wend Homself met Sy genade tot alle mense en gee hulle ‘n aanduiding om die regte rigting in te gaan en die regte weg te kies. Indien die mens geen teenstand daarteen sal bied nie, plaas hy homself op die regte weg en sal die ware doel vir hom verseker wees. Maar God respekteer ook die weerstand, d.w.s. Hy dwing die mens nie teen sy wil nie. Maar daarteenoor dra die mens ook die verantwoordelikheid vir sy siel en hy berei vir haar ’n lot wat uitermate kwellend sal wees. Sy sal. tot haar onuitspreeklike verdriet. die weg van die hernieude kluistering moet gaan, want die genade van God mag nie afgewys word nie, omdat dit ook ‘n afwysing van Sy liefde beteken. Dit is derhalwe ‘n verwydering van die gees van God af, in plaas van ’n nadering tot Hom, wat die bedoeling en einddoel van die aardse lewe is. In die eindtyd sal maar weinig mense die regte weg bewandel. En daarom sal die nood reusagtig groot wees en vereis dit dringende hulp. Daarom moet hierdie verskriklike lot deur die dienaars van God op aarde bekendgemaak word, naamlik wat die menslike siel te wagte staan, as sy haarself nie sal verander gedurende die laaste tyd voor die einde nie. Die einde moet steeds weer vir hulle voorgestel word as naby, want die tyd gaan snel heen en die grootste inspanning is gebiedend noodsaaklik voor die ondergang om nog siele te red wat sulke vermanings en waarskuwings sal aanneem en wat hulle wil na die goeie sal wend. Want die dag sal onverwags kom en ontelbaar baie mense in die verderf stort, in die dood, d.w.s. in ‘n gebonde toestand waaruit hulle hulself eers na ‘n eindelose lang tyd sal kan vrymaak. Mense, laat julle tog waarsku, want dit gaan oor die Ewigheid. Dit gaan oor julleself, oor julle siele wat in die grootste gevaar is en tog nog gered kan word, as julle van goeie wil sal wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205