BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 464

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kindskap van God 4995 Alle mense is My kinders en almal gryp Ek vas met dieselfde Liefde, omdat My Liefde vir My skepsels nooit kan ophou en geen uitsondering ken nie. En tog is ontelbare mense nog so vêr van My verwyder, dat hulle nie meer die krag van My Liefde gewaar nie, maar dit wel uit eie wil, omdat hulle hulself nog steeds van My afwend en die straal van My Liefde alleen maar ‘n geopende hart kan raak. Hulle is dus soos kinders wat die Vaderhuis verlaat het en na die vreemde trek, omdat hulle dink dat hulle daar die Liefde van die Vader kan mis. En hierdie kinders wil Ek weer terugwen, omdat My Liefde vurig na hulle verlang en Ek weet dat hulle buite My Vaderhuis in nood en ellende lewe, omdat Ek My kinders en hul rampsalige toestand ken, wat hul lot sal bly, solank hulle van My geskei bly. Ek probeer om hulle terug te wen, Ek trag om hul liefde te wen en sal dit vir solank doen totdat hulle weer by My sal wees, totdat hulle salig in die Arms van hul Vader sal wees. Dog kan ‘n eindelose lang tyd verstryk, alvorens Ek My doel sal bereik, maar Ek is lankmoedig en geduldig en My Liefde ken geen grense nie. Wat Ek nie spoedig tot stand bring nie, bereik Ek later, maar eens sal ook die laaste kind die weg teruggevind het, al duur dit ‘n eindelose lang tyd. Ek sal verseker My doel bereik, maar My skepsels sal nog onuitspreeklik moet ly solank as wat hulle nog vêr van My is en daarom probeer Ek hul lydensweg te verkort en wend alle middele aan om hul hardkoppigheid te breek en vir hulle ‘n liefdevolle Vader te wees, maar steeds met inagneming van die vrye wil, wat hulle as My ware kinders moet behou om volmaak te word. Die kindskap van God moet hulle bereik en in alles aan My gelyk wees, hulle moet as ware kinders My erfenis, die erfdeel van hul Vader, aanvaar, hulle moet saam met My skep en vorm gee en ewig gelukkig wees. Slegs op aarde kan die siele die doel bereik om as My ware kinders ryp te word. Die hoogste en mooiste doel word vir hulle gestel. Maar hoe weinig word dit nagestreef deur die mense, vir wie Ek as Vader, die heerlikste lot wil berei. Eens was hulle afhanklik van My teenstander en hulle het hulle deur hom laat beïnvloed en hierdie afhanklikheidsverhouding moet hulle eers verbreek, alvorens hulle weer in die Vaderhuis opgeneem kan word. Hulle moet afstand doen van die wêreld, wat satan se ryk is, d.w.s. hulle mag die aardse wêreld met sy bekoring en vreugde nie begeer nie. Inteendeel moet hulle hul wil op My rig, hulle moet as verdwaalde kinders vurig verlang na My Vaderlike beskerming en My Vaderlike Liefde. Dan sal Ek hulle tegemoetkom om hulle die weg te wys wat verseker na My, terug na die Vaderhuis, voer. Eenmaal sal elke siel na My terugkeer, maar My Liefde probeer om die tyd wat hulle van My verwyder is, te verkort, omdat dit ‘n tyd is sonder geluksaligheid, ‘n tyd waarin die siel haarself in duisternis bevind en sy kragteloos is. En omdat Ek al My skepsels liefhet, nader Ek dan ook alle mense, sodat hulle My, hul Vader, kan leer ken en dat hulle hulself sal voeg volgens My Wil. Wie My egter tog nog weerstand bied, die dwing Ek nie. Hulle berei egter self vir hul ‘n swaar lot, hulle beroof hulself van die hemelse geluksaligheid, hulle gee kosbare skatte op terwille van verganklike aardse besit en sal nog ewige tye van My geskei bly en bevind hulle dus in die mag van My teenstander, maar steeds uit eie skuld. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205