BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Denke, oorsprong 3706 Julle kry jul kennis van die geesteryk af. As julle hierdie idee verstaan, het julle ook geloof en aanvaar dus 'n geestelike konsep wat nie van hierdie wêreld is nie, wat óf uit die koninkryk van die oneindigheid kom, óf dit ontstaan in julleself, as die voormalige nie vir julle aanvaarbaar is nie. Dus wil Ek aan julle verduidelik hoe jul eie gedagtes verband hou met die geesteryk. Sonder kennis sal julle dit moeilik vind om 'n inherente gedagte die regte rigting te gee, m.a.w. om ’n vraag eerlik te beantwoord wat jy in jouself opper. Jy kan dit beslis self beantwoord, maar sonder enige waarborg van die waarheid. Nou vra Ek, volgens julle begrip, waarvandaan kom die gedagtes wat deur julle breine gaan? Verder vra Ek julle wie het julle die gawe van denke gegee en wat, in beginsel, is 'n gedagte? Jy kan sekerlik antwoord dat dit 'n fisiese funksie is, 'n inherente menslike eienskap wat nie nodig was om aan die mens gegee te word nie. Maar denke op sigself is iets geweldig wanneer jy die proses van naderby beskou. Dit vind plaas sonder enige waarneembare aktiwiteit, dit is nie waarneembaar vir enige ander persoon nie en dit laat geen merkbare gevolge of resultate nie. Dit is 'n proses wat op enige plek en enige tyd kan plaasvind sonder dat ander mense dit kan ondersoek. Dus kan dit reeds beskou word as 'n geestelike proses, in teenstelling met al die ander aktiwiteite waarvoor die mens sy liggaam op die een of ander manier nodig het. Wat die mens ookal doen, hy sal 'n liggaamlike orgaan gebruik om die funksie wat vir daardie deel van die liggaam bedoel is, uit te voer. Dit sal ook altyd sigbaar wees. Dit is egter nie van toepassing op die mens se denke nie. Dit kan werk, terwyl die liggaam heeltemal rustend is, alhoewel die mens van mening is dat die setel van intelligensie, die brein, soos ‘n orgaan, ook sy funksie uitoefen, maar sy funksie bestaan net uit die ontvangs van gedagte-uitstralings wanneer hy deur hulle aangeraak word. Vraag is, waar is die oorsprong van denke te vinde, veral wanneer dit nie gaan oor aardse dinge nie, maar geestelike dinge, wat nie deur die mens se sintuie begryp kan word nie? Die mens ervaar soms gedagtes in 'n flits, hoewel hy voorheen nie self intellektueel daarmee gemoeid was nie. Elke antwoord op 'n selfgestelde vraag is ook 'n skielike opkomende gedagte, wat dus vanaf ’n houer moet kom, indien die persoon van mening is dat 'n gedagte in homself ontstaan het. Die houer moet iewers binne homself wees, waarvan hy die geestelike konsepte tydens sy intellektuele aktiwiteit trek, gevolglik moet 'n mens ook in staat wees om hierdie gedagtehouer leeg te maak en te hervul, indien dit gevind kan word binne-in die mens. Andersins moet dit erken word as buite die menslike liggaam, dit moet gesoek word in die geesteryk, wat elke gedagte na die hart van die mens stuur om doelbewus van daar af geneem te word en verwerk te word deur die denkorgane. Die mens se wil om gebruik te maak van die uitstralings wat hom raak, kan wissel, en in verhouding daarmee sal die persoon se uiterlik herkenbare vermoë wees om dinge te verduidelik en om kundig geag te word. Waar en wanneer die persoon uitstralings aanvaar wat ooreenstem met die waarheid, sal dit verdere onderrig verg, maar dat hy hierdie uitstralings uit die geesteryk ontvang, is 'n feit en kan, na 'n bietjie oorweging, ook 'n oortuiging word, omdat iets wat nie fisies waarneembaar is nie, nie deur menslike wil geskep kan word nie, maar dit bestaan eerder as iets wat nog altyd bestaan het. Dit het sy oorsprong in die geesteryk, net soos al die geestelike substansie uitstralings wat van God se krag is, wat toeganklik is vir die mens in verhouding tot sy wil. Gedagte is egter in werklikheid 'n bewys dat die mens 'n draer van ‘n geestelike substans is wat as ‘n aardsgebonde wese in staat is om geestelik kontak te maak met die geesteryk. Hy kan homself deur gedagte oplig in hierdie sfeer in, hy kan homself losmaak van die aarde en verstandelik woon in geestelike sfere, As hy glo dat so 'n verblyf in die geesteryk 'n verdigsel van sy eie verbeelding is, dan moet verduidelik word dat die menslike wese nie kan dink of vir homself iets kan voorstel wat nie bestaan nie, dat alles wat hy hom verbeel, ook êrens bestaan, en dat gedagtes min of meer 'n weerspieëling is van wat die persoon probeer om vas te stel op grond van sy wil. Slegs die beelde kan vir hom aangebied word op 'n verwronge manier, maar dit word ook veroorsaak deur sy wil. Die menslike brein is egter nooit die oorsprong van gedagtes nie, dit is slegs die toestel wat geestelike konsepte ontvang van dit wat hom aanraak vanuit die geesteryk, indien dit vir die persoon waarneembaar is. Dit is sonder twyfel, selfs vir die ongelowige persoon, noodsaaklik dat hy eers wysheid moet ontvang, want hy kan dit nie uit homself voortbring nie, tensy dit reeds in hom is, maar dit verg 'n sterker geloof, want dan moet hy ook die Godheid in homself erken wat dormant in hom rus, wat hom in die waarheid kan onderrig. In so 'n geval sal hy dieselfde verduideliking ontvang, want dan sal hy in direkte kontak wees met die geesteryk, met My, met die ewige Vadergees, Wie hom Self sal onderrig, en dan sal hy weet dat alle geestelike konsepte 'n uitstraling van My is en hy sal die absolute waarheid so gou ontvang as wat hy kontak gemaak het met My, die verskaffer van Waarheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205