BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 382

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kloof en Brug - Hernieude Kluistering – Kring van stromende Liefde 4807 Die kloof tussen My en die mensdom word steeds groter, want voortdurend word die aantal van hulle wat oortuigend in My glo, minder. Voortdurend word die krag van My “verteenwoordigers” op aarde swakker, wat wel in My Naam spreek, maar geen verspreiders van die suiwer waarheid is nie. Steeds meer mense raak afvallig van die geloof en wend hulle tot hom wat My teenstander is. Hulle wend hulleself tot die wêreld, wat sy ryk is en vergroot so die afstand na My wat hulle tydens hulle aardse lewe moes verklein het. Hulle verwyder hulle van My en vergroot die kloof wat hulle van My skei. Maar dit gaan slegs tot by ‘n sekere grens, want as die grens oorskry word, waar die krag van My Liefde hulle nie meer bereik nie, verhard die geestelike in die mense weer tot vaste substansie. Maar solank die aarde nog bestaan, word die afvallige mense ook nog deur die verbintenis van My stromende liefde omvat. Want as hulle daarbuite tree, sal dit die uiteenval van die vorms beteken, naamlik die vrylating van die geestelike wat hulle in hulself berg. Dit sal die dood van mense, asook van diere beteken, dit sal ‘n ontbinding van die skepping en ‘n hernieude vormgewing daarvan beteken. En geen wese kan hom ongestraf van My verwyder nie, want hy verloor sy lewe wanneer hy My verloor. Dus moet hulle wie in die lewe wil bly, ook na My streef en My soek. Hy moet probeer om na My toe te kom om sodoende die kloof tussen My en homself kleiner te maak. Maar waar geen geloof in My is as Vader en Skepper van die ewigheid nie, daar is ook geen weg oor die kloof nie, want die brug wat tot My voer is onsigbaar. Slegs die geloof maak ook die brug sigbaar, want die geloof in My is ook die aanleiding om na My te roep. Die geloof in My voer ook tot die gebed en dit is die sekerste brug na My toe. Tallose mense loop by hierdie brug verby. Ook hulle wat die “leier” wil wees vind dikwels self nie hierdie brug nie, omdat hulle woorde sonder lewe is. Omdat hulle op weë gaan wat nie as brug kan dien nie, weë wat altyd weer na die uitgang terugvoer, omdat dit woorde is wat nie tydens die gebed uit die hart kom nie en daarom ook nie My Oor bereik nie. Die brug, wat die enigste weg is wat oor die kloof na My toe voer, word dus nie betree nie. Eendag sal hierdie brug egter ook nie meer daar wees nie, want as Myne daar oorgegaan het, sal dit vir die ander te laat wees. Dan sal elke weg afgesny wees en dan is daar geen redding meer vir hulle wat agtergebly het nie. Dan sal die afgrond hulle verswelg, dan sal die aarde hulle opneem, dan sal alles wat nie die weg omhoog gegaan het nie, die diepte opsoek en weer tot harde materie word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205