BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die liefde van God - Die kelk van Lyding 3733 Die kelk van lyding moet geledig word, indien julle in julle siele gesond wil word, sodat sy, as ontvanger van die lig, na die dood van julle liggaam, die geesteryk sal kan betree. Julle weet nie hoeveel seën julle siel kan bereik d.m.v. leed nie, julle weet nie hoe sy in ‘n kort tydjie kan verander, deurdat die digste omhulsel van die siel kan oplos, waarvoor andersins veel langer tyd nodig sal wees nie. Julle leeftyd is beperk, dit sal nie lank meer duur nie, maar julle siele is nog ver van hul voltooiing en Ek wil hulle help om tog nog ‘n bepaalde graad van volwassenheid te bereik, sodat hulle nie ‘n hernieude kluistering in die materie hoef te verwag nie, want daarmee sou Ek medelye hê, en iedere afsonderlike siel hierdie lot wil bespaar. Julle wil om sielerypheid te verkry is baie swak en julle sal nog baie tyd nodig hê om die graad van volwassenheid te bereik. Hierdie tyd is nie meer tot julle beskikking nie en daarom wend Ek middele aan om julle te suiwer, wat wel baie smartlik is, maar uitermate baie seën kan bring, mits julle julleself maar in deemoed en oorgawe binne My Wil, sal skik, as julle nie mor en kla nie, maar My aan julle laat werk op ‘n manier wat resultate sal oplewer. Ek weet dat julle ly, maar weet egter ook hoe julle sal jubel wanneer die tyd van julle beproewing op aarde verby sal wees en julle dit deurstaan het, hoe julle My sal dank dat Ek die middele aangewend het om julle te red van ‘n eindelose lang tyd van hernieude gevangeskap in die harde materie. Wat Ek nou vir julle spaar, sal julle in die ryk hierna moet verdra, indien julle die genade sal ontvang om die aardse lewe nog voor die einde van tyd te verlaat. Indien julle nog gaan leef tot aan die einde, dan sal julle in gevaar wees om nog laer te val, indien julle julleself nie betyds kan losmaak van aardse besittings nie, as julle nie vooraf tot die insig gekom het dat slegs die geestelike lewe waardevol is en dat die aardse lewe slegs ‘n middel tot die doel is, ‘n middel om die volwassenheid van siel te bereik. Gee alles weg wat julle besit om die rypheid van siel te verkry, dan sal julle getroos die einde kan verwag, dan sal julle julle doel op aarde bereik het, julle sal die materie oorwin het en sal volmaak wees vir die geesteryk. Gee julle aardse goedere vrywillig weg om sodoende geestelike goedere in oorvloed te kan ontvang, want dit sal julle baie meer verbly as wat aardse goed julle ooit gelukkig kon gemaak het. Drink die beker uit tot die laaste druppel, weet dat julle My Liefde besit, anders sal Ek julle nie so laat ly nie, want die leed is ‘n louteringsvuur vir julle wat My erken, omdat Ek wil dat julle siele kristalhelder binne-in My ryk sal gaan, omdat Ek wil dat die lig en die krag van My Liefde julle deurstroom, sonder om die geringste hindernis te ondervind. Verloor nie die geloof in My Liefde nie, want wie ly sal weet hulle word deur My bemin, want Ek trek hom deur die leed na My toe, waar hy waarlik eens vrede en geluksaligheid sal vind. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205