BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 497

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geloof versit berge 5081 Slegs een ding het julle nodig, naamlik om die geloof te laat oplewe tot die sterkte wat geen vrees en geen moedeloosheid meer sal toelaat nie. Dan sal julle lewe maklik wees, want dan het julle alles deur hierdie geloof oorwin, wat julle tot direkte ontvangers van My krag maak en dan sal alles vir julle moontlik wees. Niks is vir My en My krag onmoontlik nie en dus ook vir julle, indien julle julself deur 'n sterk geloof van My krag bedien. Julle is 'n deel van My en net soos Ek vol krag, in dieselfde mate waarin julle julself by My wil aansluit. As julle julleself nie afsydig hou nie, maar met My verbonde bly, moet My krag julle ook deurstroom. En julle sal hierdie krag ook kan gebruik. Net julle eie twyfel, julle onkunde en julle ongeloof verhinder julle om gebruik te maak van hierdie krag vanuit My, wat julle onbeperk ter beskikking staan. "Julle sal berge kan versit, as julle net glo." Hierdie woorde is geen segswyse nie, maar die volle waarheid. Julle is goddelike skepsels in wie Ek wil en kan werk wanneer julle My geen teenstand bied nie. Maar My werksaamheid beteken om die goddelike eienskappe wat in julle sluimer weer sigbaar te laat word as deel van Myself, wat julle egter nie in werking bring nie, omdat julle geloof swak is. Maar die werksaamheid in julle, sonder julle geloof, sal skadelik wees vir julle siele. Hierdie geloof sal julle self in julleself moet laat oplewe. En julle sal dit ook kan doen, as julle julself met My verbind deur werke van liefde. Want die geloof word lewend deur die liefde. Indien julle dus swak van geloof is, het die liefde in julle nog nie regtig ontvlam nie. Die eieliefde beheer julle nog te veel en julle is nog nie met My verenig nie. Om hierdie rede vertrou julle My ook nie heeltemal nie en word julle geloof maklik aan die wankel gebring. Die liefde maak die geloof lewend. En die liefde sal julle kan beoefen deurdat julle dit waarvoor julle lief is, neem en die sukkelende mense daarmee gelukkig maak, deurdat julle weggee om iets buitengewoon waardevols te ontvang, naamlik 'n sterk geloof wat julle nie meer sal laat twyfel aan My Liefde, My Wysheid en My Almag nie. En hoe meer julle julself tot liefde verander, des te inniger verbind julle julself met My. Dan sal julle van My teenwoordigheid bewus word. Dan werk julle saam met My en julle wil sal gelyk wees aan Myne. Dus sal dit ook vir julle moontlik wees om alles te verwesenlik wat julle wil. Dan sal julle maar net hoef te wil en alle elemente sal julle gehoorsaam. Geen mag sal aan julle weerstand kan bied nie, want deur 'n sterk geloof doen julle 'n beroep op My. En julle weet dat My krag en mag onbegrens is en dat aan My wil - wat nou ook julle s’n is - alles gehoorsaam moet wees en ook gehoorsaam sal wees. Dan sal julle ook berge kan versit. Want teen My krag bestaan daar geen weerstand nie. En ook julle sal hierdie weerstand kan oorwin, wanneer julle die geloof deur die liefde so lewend laat word, dat Ek nou Self in julle kan werk. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205