BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Opdrag van die draers van die Waarheid - Opheldering 4309 Wie homself verplig het om nou vir My en My ryk te werk, deur My te dien vanuit ’n belofte wat uit vrye wil gemaak is, moet onder sy medemens werk om aan hulle helderheid te verskaf, want hulle lewe in totale onkunde, hulle gaan onwetend deur die aardse lewe en maak daarom nie korrek gebruik van hulle lewens nie. Dit is vir hulle egter aan hulle gegee met die doel om hulle siele te vervolmaak, wat slegs kan geskied wanneer hulle volgens Waarheid op hoogte gebring word om aan die omvorming van hul wese te werk, as hulle hulself wil verander tot liefde. Hierdie verandering word egter alleen tot stand gebring deur die Waarheid, kennis oor My Oerwese en die verhouding tussen My en My skepsele. En daarom is die toestuur van die suiwer Waarheid ‘n dringende noodsaaklikheid en die taak van hulle wat My wil dien. Waar daar mense is wat innig na die Waarheid verlang, daar lei Ek ook My Woord na hulle toe en sal My dienaars altyd die geleentheid hê om vêrdere kennis aan hulle te gee, en elke geleentheid sal My werk wees, My Wil. Ek ken die vrae wat deur die mense gestel word, Ek is op hoogte van die ontvanklikheid van elkeen, Ek ken sy verlange na Waarheid en Ek weet van die sterkte van sy geloof en sy liefde, en in ooreenstemming daarmee, bedien Ek elkeen afsonderlik met die Waarheid, maar laat hom egter die vrye keuse om dit aan te neem of te verwerp. Die geestelike gawes moet geheel en al sonder dwang aangebied word, omdat die wil om ‘n afwysende houding aan te neem, andersins te sterk sal wees. (22 Mei) As Ek egter die mense wat van goeie wil is in die Woord nader, sal hulle My herken, hulle word deur die krag van My Woord getref en laat dit nie by die aanhoor wegsterf nie, maar laat dit in hulle werk, deur ‘n standpunt daarteenoor in te neem. En die waarheid sal hulle bevredig en gelukkig maak. Mense wat van goeie wil is, lewe ook in liefde, en in dieselfde mate spreek My Woord tot hulle harte, soos wat hulle harte deur liefdesdade tot My spreek. Die draers van die Waarheid moet daarom omgang soek met mense wat liefde wil gee, om hulle deur die toevoeging van die suiwer Waarheid nog meer te bekwaam, om liefdevol te arbei en hulle te versterk vir moeilike tye, wat elkeen van julle nog beskore is. Die draers van die Waarheid moet egter ook probeer om die mense nader aan die Waarheid te bring, hulle wat lou en onverskillig deur die lewe gaan, sonder om dade van liefde te verrig, sonder om hul medemens in dienende naasteliefde te wil help, wat geen verlange na die Waarheid het nie en nie na geestelike goedere streef nie. Hulle is op ‘n dwaalspoor gebring en moet op die regte weg gelei word. Hulle gaan voort in duisternis en moet deur ligstrale aangeraak word, sodat hulle die weldaad van die lig kan ervaar en hulleself aan sy straal blootstel. Insig in die Waarheid is dringend nodig vir die mensdom en My Gees sal steeds daar werksaam word waar die nood groot is en indien daar slegs die geringste moontlikheid bestaan om nog te red, waar dwalende siele nog nie heeltemal aan My teëstander ten prooi geval het nie en die kort tydjie tot aan die einde nog ‘n verandering in die denke tot stand kan bring. Ek sal My ontferm oor hulle en sal My bodes hul hul stuur, wat in My Naam moet spreek en getuig van My Liefde, Wysheid en Almag, sodat die mense kan glo en die kant kies van Hom van Wie hulle eens uitgegaan het en tot Wie hulle hul weer in vrye wil moet keer sodat hulle salig kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205