BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Hede bring die einde 4320 En Ek sê steeds weer: Julle sal die einde meemaak. Hierdie is ‘n dringende oproep wat Ek nou as waarskuwing aan die mense stuur wat op die aarde lewe, dit is ‘n oproep wat Ek nog sal verskerp, omdat dit nodig is dat julle die idee laat vaar dat julle nog baie tyd oor het na die einde toe, omdat dit nodig is dat julle julleself sal besighou met die gedagte aan ‘n skielike einde en om nader aan My te probeer kom. Julle het nog min tyd en julle sal baie spoedig uit julle rus wakker skrik, daar sal ‘n angs in julle harte opkom, wat julle slegs sal kan besweer deur My aan te roep deur gelowige gebed, wat julle krag en rus sal gee. Die tyd is verby en al sou julle ook hierdie gedagte weerstaan, sal julle voorbereid moet wees op alles wat die einde gaan meebring. Julle is die wat die laaste stryd sal deurmaak, wat dit sal moet deurstaan, julle is die wat die laaste oordeel sal deurmaak, wat, óf “My koms in die wolke en die wegneem van die regverdiges,” óf die laaste vernietigingswerk, sal sien plaasvind, na gelang van julle gesindheid teenoor My, julle wil en julle liefde. Julle is die wat moet kies, omdat daar vir julle na die dood geen toegang in die ryk hierna meer sal wees indien julle julleself na die teenstander wend nie, maar julle sal julle gang opnuut deur die skepping van die nuwe aarde moet aflê, volgens My raadsbesluit van ewigheid. Verwag die einde nie in die verre toekoms nie, maak julle vertroud met die gedagte dat die hede vir julle die einde sal bring, dat julle self getref sal word en dat alles oor julle sal kom wat sieners en profete voorspel het volgens My Wil. Ek kan net steeds weer daarop wys en as bevestiging van My Woord uit die hoë tot julle spreek en Ek sal dit binnekort doen, omdat daar nie veel tyd oor is tot die einde nie. Ek sal julle wat Myne is, deurdat julle My wil dien, nog eenmaal kort voor die einde op hoogte bring, sodat julle nie onvoorbereid die dag sal deurmaak nie, want ofskoon julle glo dat My Woord Waarheid is, neem julle ook My voorafkennisgewing nog nie ernstig genoeg op nie, julle reken nog steeds op ‘n laaste uitstel, maar nooit met My spoedige koms wat julle egter te wagte staan nie. Julle sal na My smag wanneer die tyd van die geloofstryd aangebreek het en julle die laaste fase van hierdie aardperiode binnegegaan het, dan sal julle geleer wees om die wêreld te verag, julle sal geen verlange meer hê na aardse goed nie, julle sal maar net nog verlang na My Woord en in die Woord sal Ek ook steeds by julle wees en troos skenk tot op die dag dat Ek sal verskyn in die wolke, omdat julle nood ontsaglik groot sal word en daar maar slegs nog hulp vanuit My sal kan kom. Julle sal dit as vanselfsprekend moet aanvaar dat julle hierdie tyd sal deurmaak, as Ek nie die een of ander van My dienaars volgens wyse goeddunke voor die tyd na My toe roep nie. Julle almal sal verras wees oor hoe spoedig gebeure hulle sal ontvou wat Ek lank tevore aangekondig het deur die Stem van die Gees. Wanneer Ek My sal openbaar, sal dit met rasse skrede op die einde afstuur. Wie ‘n diep geloof sal hê, nieteenstaande die nood en leed, sal innerlik juig, want hy weet dat die vereffening eendag sal aanbreek, dat die nood eendag tot ‘n einde sal kom, dat daar ‘n nuwe tyd sal begin, weer met die paradys soos wat Ek dit beloof het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205