BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 489

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Individualiteit van die siel – Deel 1 (DEEL 2=8117) 5063 Toe My skeppingswil werksaam geword het, het My Wysheid ook die afloop van alles gesien wat My Liefde en Krag geskape het. Ek het die ontwikkelingsgang van die gevalle geestelike gesien, Ek het ook die gedeeltelike terugval in die diepte gesien. Ek het ‘n leër van oergeskape geeste strydend teen mekaar in die heelal gesien. Ek het die demoniese aktiwiteite oral in die ryk van die geeste gesien en in die skeppings van aardse materiële aard. Ek het die ‘op’ en ‘afs’ gesien. Ek het vorme gesien wat voortdurend verander. En My Wysheid het die ontsaglike verlossingswerk, wat eens sukses sou oplewer, allerduidelik gesien, waaroor My Liefde Haarself verheug het en daarom het My Wil aanhoudend skeppend besig geraak. Ek het die welslae dus al van die ewigheid af voorsien. Maar Ek het ook die ontelbare oergeskape geeste gesien wat hulself teen My verset het, wat ‘n oneindige lang tyd nodig sou hê, voordat hulle hulself sonder weerstand aan My sou oorgee. Dit het My egter nie verdrietig gemaak nie, want tyd word nie by My in aanmerking geneem wanneer Ek maar eenmaal My doel wil bereik nie. Tog wyk die verlossingsplan vir daardie geeste, wat hulself teen My bly verset, aanmerklik af van dit van die minder verharde geeste. Want die eerstes het ‘n meer eindelose lang ontwikkelingsperiode nodig tot by hulle uiteindelike verlossing en elke periode beteken ‘n ander verlossingsproses as die van die voorafgaande. Want die sonde word steeds groter, hoe meer dikwels die vrye wil misbruik word. Die eindstadium as mens verskaf aan die geestelike wese ook hierdie insig, omdat Ek hom die verstand gegee het waarmee hy reg van onreg kan onderskei. Totdat die siel van ‘n mens gevorm kan word, moes die afsonderlike sielesubstansies deur alle skeppings gegaan het. Die siel het dan al haar partikeltjies, wat eens aan ‘n in geestelike vryheid skeppende oerwese behoort het, byeen gekry. En hierdie oerwese ontvang as mens dan ook weer die “Ek-bewussyn”, wat sy nie meer in die voorstadia van haar ontwikkeling besit het nie. Die siel bly dan ook in die ryk hierna ‘n selfbewuste individu, ofskoon sy dan in vereniging met netso volmaakte geeste skeppend werk. Sy herken haarself ook as dit wat sy eenmaal was en is onbeskryflik salig in hierdie “Ek-bewussyn”. Die laaste proef in die lewe op aarde kan egter ook, ofskoon dit nie te swaar is nie, nie deurstaan word nie en dan was My verlossingswerk in één ontwikkelingsperiode nie moontlik gewees nie en moet die wese ‘n tweede, veel swaarder verlossingsproses deurmaak. Sy móét haar verblyf weer in ‘n nuwe skepping van stoflike aard inneem. Die siel word weer opgelos in ontelbare partikeltjies en na gelang van hul hoedanigheid, weer in verskillende vorme ingelyf en die ontwikkelingsgang begin weer opnuut. (hernude kluistering) ’n Siel wat as mens van My afgeval het, het nou haar sonde van afvalligheid veelvoudig vergroot en moet nou begryplikerwys meer ly as in die afsonderlike ontwikkelingstadia van die voorafgaande periode. Maar tog is My onbegrensde Liefde ook nou aan die werk om hierdie siel te help om opwaarts te gaan, sodat sy nou ook weer aan die einde van die aardse weg te staan kom onder die wet van “jy moet” en die siel wat haarself teruggevind het, kan haarself weer in die vlees beliggaam, met die doel om die laaste wilsproef op hierdie aarde te deurstaan. Hierdie siel kan wel later na haar voltooiing op ‘n heeltemal ander aardse lewensweg wees en terugkyk op dit wat sy in die voorafgaande periode was, tog is sy dieselfde geestelike wese waar sy haarself egter eers sal kan herken in ‘n bepaalde toestand van lig, waaraan die herinnering aan vroeër vir haar gegee word. Die siel wat na haar liggaamlike dood die hiernamaals ingaan, bly wat sy is en kan steeds hoër en hoër styg. Sy kan met en in vereniging met gelykgesinde geeste ontelbare wesens op die aarde en ook in die geesteryk salig maak. Sy bly egter steeds dieselfde wese en haar “Ek-bewussyn” sal sy nie meer verloor nie. Sink sy egter in die diepte in, dan word ook haar denke verward. Sy herken haarself nie meer nie en kan by ‘n totale wegsinking weer tot vaste substansie verhard, dus weer die ontwikkelingsgang begin in ‘n nuwe skepping van die aarde. Slegs in ‘n bepaalde graad van rypheid herken die wese haarself. Hierdie rypheidsgraad word bereik sodra die siel haarself kan beliggaam as mens. Om welke rede dus die mens ‘n helder “Ek-bewussyn” het en wat die siel ook nie meer verloor nie, tensy sy weer in die diepste duisternis terugval waarin sy haarself nie meer herken as dit wat sy is en wat sy was nie. Ek bring vir My al die gees weer byeen wat eens verlore gegaan het. Ek wil hulle weer net so terugwen soos wat hulle van My uitgegaan het. Ek wil vrye, in hoogste volmaaktheid staande en van liefde gloeiende engele teen My Hart druk en Ek sal hierdie doel bereik, ook al sal Ek ewighede daarmee gemoeid wees, want My Liefde, Wysheid en Mag is onbegrens en nooit sal My Wil om te skep, stop nie, tot ook die laaste geestelike wese verlos is en My kind geword het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205