BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 566

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ewige lewe - Belofte van Jesus 5255 Julle sal moet lewe tot in ewigheid. Maar hierdie lewe kan slegs Hy belowe Wie die Heer is oor lewe en dood, Wie Self die lewe is van ewigheid en Wie die dood oorwin het, Jesus Christus, die Seun van God en Verlosser van die wêreld, Wie voortgekom het uit die Krag van die Allerhoogste as selfstandige Wese, voorsien van Krag in volkome mate, Wie se Liefde Hom beweeg om van Sy krag afstand te doen en as swak hulpelose mens op aarde, wie aan die wet van die dood onderworpe was, teen die dood te stry en dit te oorwin, om alle mense uit die slawerny van Satan te bevry wie hy gevange gehou het. Want die dood was deur Satan in die wêreld ingebring. Die dood is ‘n kragtelose duistere toestand, wat die gevolg is van die sonde van weleer teen God. Lig en Krag beteken lewe, kragteloosheid en duisternis daarenteen veroordeel die wese tot ‘n verstarring in werkeloosheid. Die mense op aarde sou hierdie onbeweeglike toestand na hul liggaamlike lewe kon verwag, hulle sou sonder hoop weggesink het in die duisternis en sou hulself nie daaruit kon bevry nie, hulle sou die ewige dood tegemoet moes gaan, as daar nie ‘n Redder na hulle toe gekom het, wat sterker was as die dood nie, wat die dood kon oorwin en aan die mense weer die lewe gee wat hulle in die allereerste begin as geestelike wesens besit het en wat vir hulle, deur die sonde van die opstand van weleer teen God, verlore gegaan het. (16 November) Die lewe het vir hulle verlore gegaan, d.w.s. alles wat hulle tot saligmakende werksaamheid in staat gestel het, want lewe is ’n onophoudelike werksaamheid volgens ‘n wyse wet, lewe is die gebruikmaking van goddelike Krag volgens die goddelike grondbeginsel en daarom ‘n toestand van onbegrensde geluksaligheid. Hierdie lewe beloof Jesus Christus aan alle mense, egter wel onder sekere voorwaardes. Hy kan wel die lewe gee, maar die mense moet dit ook begeer en alles doen om hom vir die ware lewe, die lewe in die geesteryk, waardig te maak. Hulle moet uit die toestand van dood wil wegbeweeg, hulle moet die krag wat hulle ‘n ewige lewe verseker in besit neem, hulle moet met die Bron van Krag in verbinding tree, hulle moet saam met Jesus Christus stry teen die dood van hul siel en dit oorwin, wat alleenlik moontlik is met Jesus Christus. Want dit is die dood van die siel wat hulle moet vrees, aangesien die dood van die liggaam onbelangrik is, maar die siel, die werklike in die mens, vergaan nooit, sy kan slegs, in die toestand van volledige kragteloosheid en duisternis, naamlik die geestelike dood, ten prooi val aan onmeetlike eindelose kwelling. Julle egter, sal kan lewe. Watter troosryke woorde is dit nie vir julle mense nie! Jesus Christus wil nie dat julle die dood tegemoet gaan nie, Hy wil dat julle moet lewe en Hy het julle die lewe belowe en omdat slegs Hy die dood oorwin het, kan Hy dit vir julle gee. Maar julle wil is vry. vergeet nie dat julle alles sal kan bereik, dat niks onmoontlik is nie, dat Jesus Christus julle ook alle middele gegee en weë aangewys het, maar dat julle self sal moet wil, omdat julle nie teen julle wil gegee kan word wat julle salig kan maak nie. Die ewige lewe is die mooiste belofte wat Hy julle kan gee, sodat alle vrees vir die dood verdwyn, dat vir julle ‘n onuitspreeklike salige toekoms wag, wat eindeloos sal duur as julle dit self wil en die voorwaarde vervul wat Jesus Christus aan sy belofte verbind het, - naamlik dat julle in Hom sal glo. Want dan sal julle na al Sy woorde luister, julle sal Sy gebooie onderhou, julle sal lewe volgens Sy goddelike leer van die liefde en in julle die goddelike Krag vergaar, die liefde sal julle tot lewe wek, ook wanneer die krag van die liggaam sal afneem en julle omhulsel die liggaamlike dood tegemoetgaan. Die siel sal haar dan losmaak, sy sal in alle krag die hindernisse van die dood deurbreek, sy sal haarself vrymaak uit die boeie van hom wat haar die dood wil laat ondergaan, sy sal self geheel geluksalig bewus word van haar krag en nou onophoudelik werksaam kan wees. Die geesteryk sal haar opneem, waar maar net lewe is, waar al wat wesenlik bestaan, werksaam is binne die Wil van God, waar voortdurende nuwe lewe verwek word, waar daar ewig geen dood meer bestaan nie, waar alles in en met Jesus Christus geluksalig is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205