BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 470

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Val van die engele, menslik voorgestel 5006 Julle is kinders van Liefde, wat uit My Liefdeskrag voortgekom het en word voortdurend deur My nimmereindigende Liefde met sorg omring en begelei. My Liefde vir julle is grensloos en sal julle nooit vir ewig verlore laat gaan nie. Maar My Liefde het ook die vrye aan julle gegee as kenmerk van volmaaktheid, want anders sou My Liefde vir julle begrens gewees het, indien Sy julle iets sou weerhou wat by die volmaaktheid hoort. Eers die vrye wil maak julle tot goddelike wesens, wat - uit My voortgekom het – maar wat ook aan My gelyk moes gewees het. Maar die vrye wil het julle terselfdertyd tot wesens met ’n selfbeskikkingsreg gemaak, wat uit eie krag kon doen wat hulle wou en hulle samehorigheid met My self kon bevestig of verwerp. Hierdie vrye wilsbesluit moes ook aan die mens toegeken word, sodat hulle hul volmaaktheid kon bewys, wat ’n onvoorwaardelike aansluiting met My vereis het. 'n Volmaakte geskape wese het nog nie die hoogste graad bereik nie, want dit moes hulle eers verwerf, deurdat hulle uit vrye wil volmaak wil bly, terwyl hulle egter ook kon weggesink het. Vir julle mense op aarde kan die vroeëre val van die engele slegs so voorgestel word, sodat dit vir julle begryplik kan wees waarom die geestelike geval het, waarom hulle sondig geword het teen My. Hulle het hul vrye wil misbruik en weggedraai van My af, omdat hulle gemeen het dat hulle kragtig en verhewe was en geglo het om nie van My Liefdeskrag afhanklik te wees nie. Daar moes geleentheid gebied word vir 'n vrye wilsbesluit om 'n ander bestemming te kan kies as vir My. En hierdie teenpool was die eerste wese wat uit My voortgekom het, waar hy My krag - wat hom sonder mate toegestroom het - kon benut, deurdat hy talle wesens geskep het. Wel met My wil, omdat Ek die krag nie van hom ontneem het nie. Maar sy wil het versterking van sy eie krag teen My ten doel gehad, naamlik om onafhanklik van My te wees. Hy wou My nie erken as dit wat Ek was nie, naamlik die Oerbron van die krag wat hy gebruik en wat hom in staat gestel het om volgens eie wil te skep en te formeer. Sy vrye wil het homself dus van My afgewend. En hierdie wil wat teen My gerig was, het hy ook in die geestelike skepsels geplaas, wat uit My krag deur hom voortgekom het. So was julle dus wel kinders van My Liefde, maar ook kinders van 'n kwade wil wat teen My gerig was. En so het julle julleself ook eens in vrye wil van My geskei, sonder om egter 'n algehele skeiding met My te kon voltrek, omdat Ek julle vasgehou het op grond van My oorgrote Liefde, Wie julle ook weer sal terugwen, Wie julle nie sal laat val nie, maar julle steeds weer sal ophef uit die diepte as julle uit eie wil daarna sou streef. Maar My Liefde eindig nooit en Sy win julle onherroeplik in. Maar die tyd bepaal julle self, want julle het 'n vrye wil. Die vrye wil kenmerk julle as My skepsels, as selfstandige wesens. En in ooreenstemming met hierdie vrye wil skep julle vir julself die betrokke toestand, sonder om deur My daarin gehinder te word. Maar omdat Ek julle liefhet en julle wil win, bepaal Ek julle lotsbestemming sodanig dat julle met die regte gebruik van julle wil, die skeiding van My sal kan ophef, indien julle sal streef na ‘n verbinding met My en dus ook weer julle oerwese sal aanneem, sodat julle weer in waarheid My kinders sal word, wie nou uit hulself vir My gekies het, en My teenstander afgewys het. Maar Ek wil hom ook win, al gaan daar ewighede verby. Ook hy was 'n kind van My Liefde, wie uit My Oerkrag voortgekom het en toegerus was met alle gawes wat hom 'n volmaakte wese gemaak het. Daarom sal Ek hom ook nie vir ewig verlore laat gaan nie. Ook hom probeer Ek te win en Ek laat hom steeds weer My Liefde voel. Maar sy wil is nog star van My afgewend. En omdat Ek hom ook die vrye wil gegee het, is dit nog 'n werk van oorgrote geduld en erbarming, om sy wil in vryheid te laat en desondanks op hom in te werk, sodat hy homself vrywillig aan My sal oorgee. Maar al duur dit ewighede, My Liefde sal seëvier oor hom en die wat nog sonder enige liefde is. Eenmaal sal ook hy My Liefde insien en daarna verlang, omdat Sy alleen geluksaligheid besorg en omdat geen wese homself vir ewig van My kan skei nie. Inteendeel, hy sal uiteindelik tog die vereniging nastreef, wat hom onuitspreeklik geluksalig sal maak. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205