BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Rus en vrede vir die siel deur diep geloof 3656 Jou hart sal onrustig bly solank as wat jy nie vas glo in My voortdurende liefde en sorg vir al My skepsele nie. Slegs diepe geloof gee jou sielerus en vrede, en dus sal jy eers moet poog om dit te verkry, dan sal jy die aardse lewe kan baasraak, ook gedurende die moeilikste tye, in aardse nood en benoudheid. Ek vra jou: Wat kan met jou gebeur sonder My Wil en toestemming? My mag is so sterk dat jy alles kan verhinder wat Ek wil, en My Liefde vir jou is so groot dat Ek ook alles verhinder wat vir jou siel nadelig is. As die liggaam egter moet ly, beskou dan ook dit as 'n bewys van liefde, want dit dien jou siel die beste. Vrees dus geen aardse leed nie, maar vertrou My dat Ek dit ook draaglik sal maak, as jy maar in My sal glo, in My Liefde en krag. Probeer jou indink dat 'n krag wat My vyandiggesind is, jou te gronde wil rig, en dat Ek dit nimmer sal toelaat nie, uit liefde vir jou. Die vyandige krag probeer om jou wil te wen en as dit hom nie slaag nie, woed hy teen jou. As jou wil nou ernstig op My gerig is, staan Ek ook ter beskerming by jou en die teenstander se pogings sal dan vrugteloos wees. So sal jy moet glo dat Ek by jou is, dat jy nooit weerloos aan sy invloed oorgelewer is nie, en hierdie geloof sal jou troos en rus gee, want Ek beskaam jou nie. Jou geloof is die beste wapen teen die vyand van jou siel. Dit stel Ek nie teleur nie en Ek help jou in elke nood, geestelik en aards. As jy egter bang is en twyfel, dring die teenstander by jou binne en oefen hy sy invloed uit. Jy kan net 'n sterk geloof bereik indien jy jou voortdurend met My in gebed verbind, want die voortdurende aanroep gee jou ook innerlike sekerheid dat Ek jou kan help. Jy sal ook My Liefde voel wat jou in elke nood wil help. Laat geen aardse sorg opkom nie, want dit sal Ek van jou oorneem wanneer die tyd daar is. Dink net aan jou siel en sorg ywerig vir haar, deurdat jy jou sterk en kragtig maak deur My Woord. As jy jou siel met My Woord bedien, sal jy sterker word in die geloof, en as jy glo, sal geen aardse nood jou meer laat skrik nie. Ek gee jou voortdurend die versekering dat Ek jou sal beskerm in elke gevaar van liggaam of siel. Glo My Woord en rus en vrede sal in jou hart kom. Jy sal alle sorge aan My oorlaat. Jy sal ook jou geloof op ander kan oordra, want 'n diep geloof straal sy krag uit en laat ook die swak geloof van die medemens oplewe. Wees nie bevrees nie, maar glo dat Ek vol van krag is en jou liefhet. Jy sal dan onbesorg deur die aardse lewe gaan, altyd seker van My hulp. Geen nood sal jou in benoudheid bring nie, selfs al sal jy dit terwille van jou siel moet verdra, want Ek beƫindig dit wanneer die tyd aanbreek, Ek help jou volgens jou geloof. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205