BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Dringende werk en seën vir die Godsryk 3689 Alles wat julle doen tot My eer, tot verbreiding van My leer en tot verheerliking van My Naam, sal geseënd wees, in soverre dat dit nie sonder indruk sal bly op die nog swak, maar nog nie heeltemal verstokte siele nie. Die kleinste resultaat beteken 'n ontwringing van die siele aan die vyand en 'n stap nader na My. Ofskoon julle gewoonlik verwerp word, ofskoon hoon en bespotting julle aandeel is, sal enkele siele tog die weg na My vind. Hulle sal hul optrek aan die sterkte van julle geloof. Hulle sal probeer om julle na te streef. Hulle sal My Woord ter harte neem, wat hulle deur julle toekom. Hulle sal ook die krag daarvan by hulself bespeur, want Ek help waar Ek maar die geringste wil ontdek wat op My gerig is. Julle werksaamheid op aarde sal nie tevergeefs wees nie, al mag dit so lyk, want die Woord wat as saad in die doodlykende aardbodem gelê word, kan op die regte tyd wortel skiet, indien die gebeure, die aardse nood so by die mense binnestroom, dat hulle geen ander uitweg meer sien nie as om Hom om hulp te vra, Wie Hom tevore in die Woord aan hulle bekendgemaak het en dan was julle werk nie tevergeefs nie. In My opdrag moet julle werksaam wees op aarde in die laaste tyd voor die einde. Wanneer Ek julle, My dienaars, hierdie opdrag gee, dan sal julle altyd verseker daarvan kan wees, dat Ek julle geen arbeid sonder resultaat toewys nie, want God is op hoogte van die seën van die arbeid van Sy dienaars. In Sy Wysheid sal Hy hulle geen arbeid laat verrig wat sonder enige sukses is nie. Julle moet daarom nie bekommerd raak en meen dat julle nuttelose werk doen nie, want Ek Self werk immers deur julle. Ek trek waarlik nog skapies na My toe, want My stem word as die van die Herder herken, al is dit maar deur weiniges. Maar ter wille van die min stuur Ek julle uit om aan hulle redding te bring, omdat Ek elke siel bomatig liefhet en Ek hom graag wil bewaar teen 'n herhaalde gang oor die aarde deur die hele skepping. Tewens moet daar aan die verharde nog geleentheid gebied word, om die weg na My te vind, want solank die aarde bestaan moet sy dien vir die positiewe ontwikkeling van die wese. Dus moet die wese, wat as mens beliggaam is, ook solank die moontlikheid gegee word om My te vind en te herken. Dit kan uiteindelik net nog gebeur deur die oordrag van My Woord, wat deur julle vir hulle toeganklik gemaak moet word, sodat hulle nie kan sê dat hulle onregverdig veroordeel sal word op die dag van die oordeel nie, want eers as hulle My heeltemal sal verwerp en met My en My dienaars die geveg begin, het die uur gekom dat hulle maat vol sal wees en hulle ryp sal wees vir 'n hernude kluistering op die nuwe aarde. Die diepste diepte moet hulle in vrye wil bereik, voordat Ek hulle aardse bestaan gaan beëindig; voordat Ek die aarde self en haar skeppings omvorm, omdat hulle nie meer aan hulle doel beantwoord nie. Daarom is ook julle werksaamheid vir My ryk beslis nodig, want daar moet mense wees wat in My opdrag aan sy medemens bekend maak wat die aarde te wagte staan; wat uitspreek wat EK hulle in die mond sal plaas, sodat elke mens deur middel van gedagtes homself daarmee besig kan hou en benut wat hy verneem het. Die wil dwing Ek egter nie, maar julle moet ywerig werksaam wees en Ek sal julle seën. Ek sal met My genade en krag by julle wees tot aan die einde en julle binnelei in My ryk, want 'n goeie dienaar is sy loon werd. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205