BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ligdraers - “beskerm deur ligwesens” totdat hul taak vervul is – beskermende sirkel 3919 Wie hom in die lig bevind, hoef die duisternis nie te vrees nie, en so hoef die draers van My waarheid nie te vrees vir die doen en late van duistere magte, vir hul besluite en maatreëls nie, alhoewel hulle gebore is in die diepste haat en ofskoon hulle as dreigende spoke op die gemoed van die mens inwerk. Die ligdraers sal ongehinderd bly, want hulle staan onder My beskerming en Ek sal julle waarlik ‘n betroubare geleide gee, al gaan julle te midde van duiwels. Die duisternis sal nie die helder lig kan verdryf wat julle omstraal nie, wat wel nie vir die menslike oog sigbaar is nie, maar waarvoor die lae geeste vlug, omdat hulle in die lig ook hul Heer herken met Wie hulle nie in kontak wil kom nie. Daarom kan ‘n ligdraer sonder vrees diegene tegemoet tree wat hom wil kwaad aandoen; teen hul voorneme in sal hy aan hulle die waarheid bring en hulle sal afsien daarvan om hom kwaad aan te doen, al is dit onder bedreiginge en verwensings, want hulle voel sy oorwig, ofskoon hulle die waarheid nie wil erken nie, want baie ligwesens staan ‘n ligdraer by in sulke moeilike lewensomstandighede, omdat hulle ‘n taak wat uitermate dringend is, nie in gevaar wil laat bring deur die wil van mense wat deur die teenstander beheers word nie. Wanneer Ek vir My arbeiders uitkies vir hierdie dringende taak, dan word die hele ligryk besiel met die wil om hierdie arbeiders te beskerm, omdat My Wil alle wesens deurstroom wat deel uitmaak van My ryk, en die krag van die wesens is waarlik sterker as die kragte van die duisternis, ook al blyk dit aards nie so nie. Die ligdraers self moet egter weet dat hulle onaantasbaar is vir die kragte wat My vyandiggesind is. Hulle moet daarom geen vrees hê nie, want daar is ‘n beskermende sirkel om hulle getrek, waarvoor elke duistere wese terugdeins om My uit te daag. Eers wanneer die taak van die ligdraer vervul is, wanneer die uur van sy sterwe aangebreek het, hef Ek hierdie beskermende sirkel op, maar tot oordeel en tot ewige verdoemenis van diegene wat daar deurbreek, maar vir die ligdraer self tot verhoogde geluksaligheid. Solank hy op aarde in My opdrag werk, kan hy hom te midde van duiwels waag en hulle wys op die sondigheid van hul praktyke. Hulle sal hom nie kan dood nie, omdat hy deur My gestuur is, My dienaar, My bode wat die suiwer waarheid aan die aardsgesinde mense oordra om hulle weg te hou van die afgrond, van die verderf. En hierdie kennis moet hom moed en krag gee, hy moet glo in My en My Woord en voortdurend seker wees van My teenwoordigheid, solank as wat hy My dien en sy amp met ywer uitoefen, solank hy bereid is om My evangelie van die liefde uit te dra in die wêreld, om aan die medemens die lig te bring wat hy van My ontvang het. Die aarde lê in diepste duisternis en moet verlig word om die mense op aarde die regte weg te laat vind, en waar so ‘n lig skyn, sal hulle wat sku is vir die ligstraal, nie vertoef nie, veel eerder sal hulle van die lig af wegvlug. In die geestelike wêreld is die ligstraal egter deurdringend, dit is nie verborge nie en sal daarom steeds deur die wesens van die duisternis as lig gevoel word, maar nie begeer word nie, om welke rede elke ligstraal ontvlug word, omdat hulle die lig nie kan verdoof nie, maar sy skynsel hul kwellinge besorg. Agter elke ligdraer staan Ek as Oerbron van die Lig en waar Ek is, sal die mag van die bose waarlik gebreek wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205