BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gebod van Liefde is ’n leidraad van die lewe 3755 Julle wandeling sal vas en seker volgens My wil wees, indien julle die liefde beoefen. My gebod van die liefde dien vir julle as leidraad vir alles wat julle moet doen, dink en sê. Dan sal julle ook My welbehae verwerf en julle sal aards, sowel as geestelik, geseënd wees, indien dit vir julle siel bevorderlik sal wees. Julle moet niemand uitsluit van julle liefde nie, aan niemand wat dit nodig het, mag julle jul hulp ontsê nie. Dan sal julle ook deurdring in die geheim van die Ewige Liefde, wat in een stuk die hele oneindigheid met Haar krag vul, Wie julle dus ook oorvloedig kan vul, sodat julle na My kan lyk, wat julle doel op aarde is. Die liefde moet beoefen word en daarom laat Ek die groot nood oor die aarde kom, om julle tot dade van liefde aan te spoor, omdat ontelbare mense deur die nood hulpbehoewend sal word en die naaste die geleentheid gebied word om hulle met liefde by te staan. Laat julle harte daarom nie verhard nie, let op die noodsituasie om julle heen en help waar en hoe julle daartoe in staat is. Neem ‘n voorbeeld van My, wat op aarde geestelike en liggaamlike nood gelenig het, wat die swakke en sieke te hulp gekom het, hul siele moed gegee het en hul liggaamlik laat oplewe in genade, Wie julle ‘n lewenswandel in liefde as voorbeeld gestel het en julle tot navolging gemaan het. Wees barmhartig, vredeliewend, sagmoedig en geduldig, deemoedig van ganser harte en opreg in julle denke en handeling. Beoefen al die deugde, want dit is die gevolge van die liefde uit die hart. Dus moet julle aan julself werk, julle moet julle foute insien en probeer herstel, julle moet alle liefdeloosheid uit julle hart verban en strewe na die hoogste volmaaktheid. Waar julle aan krag daartoe ontbreek, daar staan gebed tot julle beskikking, naamlik die innige verbinding met My, wat julle te alle tye die toevoer van krag waarborg, want Ek slaan ag op die nood van elke mens, maar meer op die geestelike nood. Ek ken die wil van elkeen afsonderlik en bedeel sy siel ook ooreenkomstig sy wil met krag en genade. Laat My gebod van liefde steeds die rigsnoer van julle denke en handelinge wees en julle sal My wil vervul op aarde. Verhard julle harte nie, want dit is die grootste gevaar vir julle, omdat julle dan teen alle krag uit My verhard is. Wanneer julle My sal aanroep om hulp, sal julle dit ontvang, Ek sal julle bystaan, omdat My Liefde vir julle onveranderlik is en elkeen vashou, wat daarna verlang, maar soos wat Ek julle behandel, moet julle ook julle naaste behandel, dan sal julle lewenswandel ooreenkomstig My wil wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205