BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God se Woord, Oënskynlike teenstrydighede daarin 4172 Moenie aanstoot neem oor die teenstrydighede wat klaarblyklik in My Woord bestaan nie, maar oordink die feit dat julle verstand nie alles kan begryp wat My Gees aan julle oordra nie. Aanvaar in goeie geloof, in My en My Liefde, Wysheid en Almag, dat alles wat julle van Bo aangebied word, nie vergelykbaar is met aardse wysheid nie, dat selfs dit wat onmoontlik lyk vir julle, moontlik is in die koninkryk van die vrye geeste. Daar bestaan twee wêrelde, die geestelike en die aardse wêreld, en hulle staan in opposisie met mekaar. Dit is egter My doel om die aardse wêreld te vergeestelik, om haar sodanig te onderrig dat sy by die geestelike wêreld kan aansluit om uiteindelik self 'n geestelike wêreld te wees. Op hierdie aarde, te midde van die aardse wêreld, kan 'n geestelike wêreld gevestig word deur die vereniging van daardie mense wat in kontak is met die geesteryk, wat geestelike kennis ontvang, geestelik streef en dus afgeweer word van die aardse wêreld en net die werk doen wat aan hulle opgedra is vir hul aardse lewe. Hulle sal ook in opposisie wees met die aardse mense wat behoort aan die aardse wêreld en hulle denke sal ook skynbaar in stryd met die gedagtes van die publiek wees, want 'n geestelik gerigte oog sien dinge anders, die oor hoor anders, en die siel voel anders as wat die norm andersins is, en die aardsgesinde persoon sal hom nie verstaan nie. Dan kan twee wêrelde langs mekaar bestaan en hul inwoners kan op verskillende afstande van My wees, selfs al is hulle saam. Een van hulle kan verstaan wat hy van My hoor, vir die ander is en sal dit onverstaanbaar of vreemd bly wanneer dit aan hom gegee word. En dit is wat julle moet aanvaar as julle My gawes van bo wil oordeel. Wat Ek ookal aan ’n person gee, stem ooreen met sy volwassenheid van siel, en dit hoef nie enigsins verkeerd te wees as dit vir iemand anders onverstaanbaar blyk te wees nie. In daardie geval is dit nie die gawe self wat bevraagteken moet word nie, maar die persoon se graad van volwassenheid, wat dus onvoldoende is om geestelike kennis te begryp. In daardie geval gaan dit oor inligting wat vêr bo die algemene aardse kennis gaan, nie gebooie of bekendmakings wat bedoel is om My wil aan mense te verduidelik nie, maar meer diepgaande wyshede oor onderwerpe buite die menslike kennisveld. Dan sal My Woord die waarborg vir die waarheid moet wees, want geen ondersoek of eie bevindinge kan dit vir julle bewys nie. Verligte mense sal egter in staat wees om dit te glo, d.w.s., met volle innerlike oortuiging as waarheid te aanvaar, want hulle laat hul hart meer spreek as hul verstand. Die hart is in kontak met My en die mens voel die waarheid, hy maak nie van sy verstand gebruik om bewyse te soek vir dit wat 'n innerlike oortuiging by hom is nie. Streef na die geestelike wêreld en julle gedagtes sal geestelik geneig wees, dit wil sê, julle sal ook in staat wees om geestelike konsepte te begryp. Skep alreeds op aarde die wêreld wat julle eintlike doel is. Maak julle los van die aardse wêreld deur dit nie langer te begeer nie, poog eerder om slegs jul aardse taak uit te voer, om julleself te omvorm tot wesens wie se grootste begeerte hul liefde vir My en hul medemens is en kom dus nader aan My, Wie ten doel het om julle persoonlikhede gelyk te maak aan Myne, deur dade van onbaatsugtige naasteliefde te doen. Julle sal dan helder verlig word en in staat wees om die diepste wysheid te begryp, wat egter nooit van aardse wêreld ontstaan het nie, maar slegs vanuit die geestelike wêreld en wat baie waardevol is. En niks wat julle van bo aangebied word, sal vir julle teenstrydig lyk nie, julle sal in staat wees om te glo, d.w.s., ten volle oortuig wees, want julle sal die waarheid ken. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205