BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 297

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Leer van die herbeliggaming (reïnkarnasie) - Dwaalleer - Hemelliggame 4590 Laat julle nie deur vermeende teenstrydighede op ‘n dwaalspoor bring nie. Soek die verklaring slegs daarin dat julle begripsvermoë dikwels ontoereikend is om iets korrek te begryp waar ‘n teenstrydigheid, wat slegs deur julle veronderstel word, nie hoef te bestaan nie. Dit moet vir julle genoeg wees om te weet dat Ek julle nooit verkeerd sal onderrig nie en dat Ek julle die kennis steeds so sal oordra, dat julle voordeel daaruit sal trek vir julle siele. Die leer van die “karma” is nie geskik om julle tot ‘n sterker geestelike strewe aan te spoor nie, dit is vêr meer waarskynlik dat dit julle sal aanmoedig tot ’n lou lewenswandel in die geestelike sin. Juis daarom is dit van min nut vir die siel en dit het ook nie My volledige goedkeuring dat julle mense reken op ‘n herhaaldelike terugkeer na die aarde en daardeur nalatiger word in julle geestelike strewe nie. Alhoewel Ek die siel se hoër ontwikkeling in alle opsigte steun, en waar Ek ‘n sekere moontlikheid sien om julle siele tot volwassenheid te help, is Ek bereid om My toestemming te gee, maar dit moet altyd op grond van My wettige ewige ordening wees, maar nooit egter deur willekeurige geleenthede te skep nie. Aldus moet dit dus vir julle ook begryplik wees dat Ek julle nie sal inlig oor ‘n herhaalde ontwikkelingsgang op hierdie aarde, wat ‘n totale mislukking van julle aardse lewe veronderstel nie. Ek sou julle juis wou beskerm teen hierdie mislukking en daarom waarsku, vermaan en onderrig Ek julle, ten einde ’n mislukking te voorkom. Dit sou ‘n verkeerde manie van onderrig wees as Ek julle ’n ander weg in die vooruitsig sal stel om julle doel te bereik, terwyl julle tog die regte weg nou voor julle het, wat julle dus moet gaan en kan gaan deur die korrekte gebruik van julle wil. En as Ek julle die oneindige getal vorige beliggamings voor oë stel, dan is dit maar net om julle bewus te maak van julle groot verantwoordelikheid vir die kort aardse lewensweg. Die kennis hieroor dien slegs om by te dra tot ’n sterker strewe, maar nie dat julle die verkeerde afleiding maak en jul nalatiger word in julle strewe, in die hoop op ’n herhaling van ’n beliggaming op aarde indien julle nie jul doel sou bereik nie. My Gees sal julle sekerlik opheldering gee en as julle julleself vol vertroue na My wend, sal Ek julle deur My dienaars uitsluitsel laat gee tot watter mate julle denke korrek is. As julle geweet het van die oneindig vele geleenthede om tot rypheid te kom op die ontelbare hemelliggame in die heelal, dan sou julle nooit op die gedagte gekom het dat ‘n siel weer teruggeplaas sal word op die aarde nie. Wel sal die siel wat nog nie volledig voltooi is nie, nog vele beliggamings moet deurmaak waarin sy haarself steeds weer sal moet bewys om sodoende opwaarts te ontwikkel. Die leer van herbeliggaming van die siel berus dus wel op waarheid, maar dit wil nie sê dat die siel dan weer op hierdie aarde in die vlees gebore sal word nie. Dit dui bloot op die tallose moontlikhede van ’n verdere ontwikkeling op ander skeppings, waar daar vir die siel, in fisiese of geestelike vorm, weer ’n taak gestel word, waarvan die vervulling ’n opgang sal verseker. Wanneer ’n siel nogmaals na hierdie aarde gebring word, is dit ’n hoogs uitsonderlike situasie wat ’n geestelike taak veronderstel, maar dit kan nie veralgemeen word nie. Siele wat onvolmaak van die aarde weggeneem word, sal onmiddellik van mening wees dat hulle nog op die aarde lewe. Hulle sal hulleself in gebiede ophou waarvan hulle glo dat hulle na bomatige woeste en totaal onvrugbare streke verskuif is en tog sal hulle hulself op 'n ander hemelliggaam bevind, wat ooreenkomstig hul sielerypheid voorsien is van skeppingswerke van die primitiefste aard en wat daarom vir die siele ook 'n armoedige en moedelose verblyf beteken. Dit is 'n geleentheid vir die loutering van baie materieel gesinde mense wat hul neigings moet oorkom, om dan na gelang van hul wil, op 'n ander skeppingswerk geplaas te kan word om daar verder te ontwikkel. Omdat julle nog te veel liefhebbers van hierdie aarde is, verbind julle aan die woord "herbeliggaming" ook maar net die betekenis, naamlik dat hierdie aarde die blyplek van 'n opnuut beliggaamde siel is, terwyl julle egter moet dink aan die onvoorstelbaar omvangryke skeppingswerke van My Liefde, wat tog maar net ontstaan het vanweë die ontelbare geeste wat die weg van voltooiing moet gaan en ook op die een of ander wyse sal gaan - in stoflike skeppings solank as wat die siel nog nie vergeestelik is nie, dus nog nie ontvanklik vir lig geword het nie, en in geestelike skeppings, waarin ook die vergeestelikte siel haarself gestadig opwaarts kan ontwikkel, waarin sy steeds meer sal uitkristalliseer soos wat sy haarself geskik maak vir die ontvangs van die uitstraling van Myself. Stel vir jouself die oneindigheid voor, kyk na die sterrehemel waar die ontelbare sterre skeppings is van My Liefdeswil, bestem vir die opname van siele wat nog 'n verdere ontwikkeling nodig het. Dan sal jy insien dat nie net hierdie aarde draer is van wesens wat opwaarts moet streef nie en dat dit waarlik nie nodig is om siele wat in die aardse lewe gefaal het, opnuut op hierdie aarde te plaas nie. Ofskoon sy (die aarde) die enigste plek vir die bereiking van die kindskap van God is, kan sy tog nie willekeurig meerdere male gekies word as plek om ryp te word nie. Sodoende sal die leer van die herbeliggaming op hierdie aarde dus as dwaalleer betitel moet word en sal bestry moet word as skadelik vir die siel. Want dit verswak die wil van die mense en bring ’n ernstige verandering van die wese in gevaar deur die vooruitsig, om die versuimde in 'n volgende lewe te kan inhaal tot by die uiteindelike voltooiing. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205