BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 301

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Satan gaan rond soos ‘n brullende leeu - Waak en bid 4607 Waar Ek weet dat ‘n kind in nood is, is My Liefde bereid om alle hulp aan te bied en Ek sal hom red uit die mag van hom wat My teenstander is en wie die vyand van My kinders is. Waar ‘n siel worstel en My Wil probeer vervul, hoef die mag van My teenstander waarlik nie gevrees te word nie, want Ek is vol sorge en bekommer My oor hulle wat na My toe wil deurdring. En Ek verlaat My kinders nie in hulle nood nie en Ek sal ‘n muur rondom hulle oprig waaroor niemand sal kan klim nie, tensy Ek die poort Self sal open om julle te lei. Die Satan gaan rond soos ‘n brullende leeu, soekende wie hy kan verslind. Dink aan hierdie Woorde en verwonder julle nie, want die tyd van die einde het gekom, terwyl hy weet dat hy nie veel meer tyd het nie en waarin hy met alle kragte sal werk aan die ondergang van My skepsele, waar hy middele sal aanwend wat aan hom sukses moet besorg. En Ek sê vir julle dat julle moet waak en bid, sodat julle nie in die hande val van die verleier nie. Hoe dikwels het Ek julle nie gewys op die gevare waarin julle verkeer nie, want daar begin ‘n hewige stryd tussen die kragte van die lig en die duisternis. Julle sal almal die stryd aan julle lywe ervaar, maar in die besonder diegene wat ‘n geestelike lewe sal lei naas die aardse. Want hulle loop rond, gedagtig aan My en lok veral daarom die vyandelikhede van My teenstander uit en dit is hulle wat hy wil stop. Sy manier van stryd voer is dikwels suksesvol, omdat hy die swakhede van die mense ken en hy hulle daarin oormeester. Maar onmeetlik baie genade staan julle ter beskikking. Met My hulp sal julle die sege oor hom kan behaal. Vrees hom nie, maar tree hom moedig tegemoet, weet dat julle sterk is en onaantasbaar wanneer julle My liefhet en in stilte ‘n gedagte na My sal opstuur, sodat Ek by julle kan bly in die stryd teen hom. En hy sal voor julle vlug, omdat hy My nabyheid nie kan verdra nie. Julle is sterker as hy, sodra julle met My ten stryde trek. Ek het geen deel aan diegene wat steeds uit die onderwêreld tevoorskyn kom nie. Ek bly by My kinders, wie hulself vrywillig tot hul Vader se beskikking stel, wanneer hulle Hom gehoorsaam, sodra as wat Hy Sy Wil aan hulle voorlê wat die arbeid in Sy wingerd aanbetref. Ek noem hier My kinders wat die stem van die Vader herken en wie let op Sy oproep en wanneer Ek hulle take gee, hulle heeltemal bereid is om hulself vir My uit te sit, dus onderrigtend werksaam te wees, sodra Ek hulle as onderwysende kragte opgelei het. Wie nou soos My kind aangeneem wil word, moet dan ook soos ‘n kind na die Vader gaan en van Hom af die aanwysinge vir homself inwin vir sy lewensweg. En as Ek nou vra dat My leer (van die liefde) versprei word, as Ek Self deur die stem van die Gees My leer na die aarde laat kom, dan moet hierdie leer heilig wees vir hom en hy moet haar as die suiwerste waarheid uit die hemele aanneem en hoogskat. Want dan sal sy ook steeds vir hom die beste en heiligste bly, dat hy haar nie meer sal weggee nie, omdat sy krag is van bo, wat onwillekeurig ook omhoog trek. Maar om My gawe op te offer, beteken ‘n ernstige oortreding teen die gehoorsaamheid wat ‘n kind aan My verskuldig is en kan gevolglik nie tot heil strek nie. En dan sal julle die invloed van die teenstander kan besef en julle sal julle daarteen moet beskerm. Daarom maak Ek julle opmerksaam en dui vir julle die tekens aan waaraan julle hom sal kan herken. Hy sal soos ‘n engel verskyn by hulle wie se geloof nog swak is en sal hulle verblind en hulle oë sal swakker en swakker word en sal uiteindelik nie meer die ware insien nie, omdat hulle al te gewillig na hom sal luister en hulself deur sy masker laat bedrieg. Maar hy het slegs dan mag oor julle, sodra julle twyfel aan die suiwer waarheid. Dan maak hy gebruik van julle onsekerheid en voer julle op dwaalweë. Want hy gaan rond soos ‘n brullende leeu, soekend wie hy kan verslind. Julle moet egter waak en bid sodat julle nie in sy bekoring val nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205