BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 452

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ondersoek geestelike leringe wat van mekaar afwyk 4971 Versuim nie om God om opheldering te vra, wanneer vrae of twyfel julle harte besighou nie, want Hy, wat die ewige Waarheid Self is, wil dat julle ook in die waarheid vasstaan en dat julle haar as sodanig helder en duidelik sal insien. Julle het die reg om te vra, omdat julle, as ligdraers, kennis moet hê om julle medemens ook in waarheid te kan onderrig en so word dit ook aan julle toegestaan om kritiek te lewer indien julle nie van die waarheid oortuig is nie, van dit wat as geestelike lering van buite af na julle toe kom. Dan is dit nie alleen julle reg nie, maar ook julle plig om, terwille van die suiwer waarheid, duidelikheid te verskaf vir julleself, sowel teenoor diegene wat dwaling as waarheid versprei. God bly altyd dieselfde en dus sal Sy woord ook altyd dieselfde bly, soos ook Sy Wil tot daad sal word in ooreenstemming met Sy plan van ewigheid. Nooit sal ‘n mens kan sê dat hy iets as waarheid van God oorgebring gekry het en wat afwyk van Sy ewige woord nie, want Sy woord verander ewiglik nooit. Wat Hy aankondig deur sieners en profete, sal ooreenkomstig Sy woord in vervulling gaan. Slegs die betekenis van Sy woord kan deur die mense anders begryp word en daarom is dit steeds weer nodig om vir die mense uitsluitsel te gee oor hoe Hy Sy woord begryp wil hê. En hierdie uitlegging kan slegs vanuit die geesteryk aan die mense oorgebring word, wat steeds weer gebeur deur goddelike openbaringe, deur die suiwer waarheid op ‘n regstreekse manier te laat toekom, deurdat God tot die mense wie daarvoor geskik is, deur die stem van die hart te spreek, direk of ook deur ligwesens wat self in die volste waarheid staan en dit graag sou wil meedeel aan die mense op aarde. Van God, sowel as vanuit die ligryk, word die suiwerste waarheid aan die mense gestuur, sodat die ontvanger wat dit opreg verlang, self hierdie waarheid onvermink opneem, wat afhanklik is van die graad van sy rypheid. God weerhou Hom van geen mens wat Hom om die suiwer waarheid vra nie, Hy gee dit sonder voorbehoud, maar nie altyd is hy wat die waarheid verlang, in staat om geestelike leringe te ontvang nie, dus om dit so te begryp soos wat dit begryp moet word nie. Suiwer en helder gaan die waarheid van die ligryk uit, maar ‘n hart wat nie heeltemal rein is nie, bring vertroebeling daarin en gee nou vertroebelde geestelike opvattinge deur, om welke rede die graad van rypheid van diegene wat waarheid op aarde wil versprei, maatgewend is vir die suiwerheid daarvan. Van bo gaan die geestelike leringe nie vermink uit nie, inteendeel gee die mens gestalte daaraan deur sy wil wanneer die vereiste graad van rypheid hom nie tot ‘n ware ontvanger van goddelike waarheid maak nie. Dit geld dus as verklaring vir klein afwykings, wat egter nie dwaling genoem kan word nie. Indien daar egter groter afwykings uit die geesteryk is wat aanspraak daarop maak om onbetwisbare waarheid te wees, dan is ‘n ernstige ondersoek noodsaaklik. Want dan is verskillende kragte die uitstuurders van die bekendmakinge en daarom moet hierdie mededelinge aan ‘n uiters grondige kritiek onderwerp word. En weer is dit die graad van rypheid van diegene wat begeer om geestelike leringe in ontvangs te neem, wat eerste ondersoek moet word, waartoe julle mense weliswaar nie maklik in staat is nie, omdat die innerlike wese van ‘n mens nie so geopend voor julle lê, sodat julle die waarde van hierdie mens sou kan beoordeel nie. Dan egter moet julle julle self by die woord hou wat God eens gespreek het en wat nooit sy betekenis sal verloor nie, ook al gaan daar ewighede verby. As ‘n verklaring volledig van die woord afwyk, dan sal julle tereg aan ‘n misleiding deur duistere kragte kan glo wat maak asof hulle alles weet en alleen maar sukses sal hê by mense wat verbinding soek met die geestelike wêreld, maar nie die rypheid het om ontvangers van die suiwer waarheid te wees nie, wie se harte dus nie rein genoeg is om as opnamehouer te dien van die goddelike Gees nie, wie egter geestelik aanmatigend is, wat hulle as iets wil voorstel wat hulle nie is nie en derhalwe aan die kragte van die onderwêreld ten offer val. Begryplikerwys sal hulle nou onderrig oor dit wat hulle gevra word, egter nie volgens die waarheid nie, maar sal deur dwaling die duisternis vergroot waar lig gesoek word. God het voorwaardes gestel wat vervul moet word, indien die mens in direkte omgang met Hom, Sy woord wil hoor, wat die suiwerste waarheid waarborg. Die eerste voorwaarde is: Deur onbaatsugtige liefde die hart te omvorm tot ‘n waardige houer van Sy Gees. Hierdie liefde sluit die diepste deemoed in, kinderlike gebed en ‘n volledige oorgawe aan die goddelike Wil. Wie hierdie voorwaarde vervul, kan met ‘n geruste hart die verbinding met die ligryk tot stand bring en hy sal nie bang hoef te wees om dwaling te ontvang of die waarheid nie as sodanig te herken nie. Hy sal as ontvanger van die goddelike waarheid ook met die volste reg hiervoor kan opkom en sy lering, sy kennis, sal steeds ooreenstem met die woord van God, wat onveranderd bly tot in ewigheid, soos wat dit uit Hom voortgekom het. Hy sal steeds in die waarheid verkeer, omdat hy deur God as die Ewige Waarheid Self onderrig word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205