BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 476

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor 5024 Die wil om te lewe beteken ‘n sekere oorwinning oor die dood. Julle kan egter nie die aardse liggaamlike dood beheer nie, maar die liggaamlike dood kan die oorgang wees tot die lewe, indien die wil in die mens sterk word, sodat hy die ewige lewe verwerf. En hierdie lewenswil word goed deur My ontvang, ofskoon Ek die woorde gespreek het: “Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor en wie sy lewe weggee, sal dit verkry!” Wie slegs daaraan dink hoe hy vir sy liggaamlike lewe kan sorg, sal baie spoedig ondervind dat hy self heeltemal magteloos is en van die aarde af weggeneem sal word sonder dat hy homself daarteen kon verset. Hierdie lewenswil was dus nie bedoel om oor die dood te seëvier nie. Die mens moet na die ware lewe van die siel verlang en vir hierdie lewe moet hy sy wil met alle krag daartoe aanspoor. Dan sal daar vir hom geen dood meer tot in ewigheid wees nie, dan sal hy in lig en krag lewe en ononderbroke werksaam wees, tot sy eie geluksaligheid. Dan het hy waarlik die dood oorwin en die uittree van die siel uit sy liggaam is ‘n ontwaking tot ‘n nuwe lewe, wat nie beswaar sal word deur die liggaamlike omhulsel nie, vry van alle materie en tog in onvermoede volheid van krag. Hierdie lewe moet die mense op aarde liefkry en slegs daarna strewe om dit eenmaal te besit. Dan sal hulle sterk verlang na die dood, dan wil hulle die aardse lewe oorgee terwille van die ware lewe in die ewigheid. Maar die mense hou nog te veel aan hul liggaamlike lewe vas. Hulle vrees om dit te verloor, hulle het hul aardse lewe lief, daarom verloor hulle dit en hul lot is die dood. En weer word nie die dood van die liggaam bedoel nie, maar die dood van die gees, waarin die siel onherroeplik wegsak, wat die lewe op aarde liefgehad het. En hierdie dood is erger as wat die mens vir homself kan voorstel, want hy het dit vir homself verloor, hy is die aardse lewe kwyt en sy siel is sonder lig en krag, heeltemal magteloos en in die diepste duisternis. Die geestelike dood is vir die siel ‘n onbeskryflike kwelling, omdat sy van haarself bewus is, dus nie uitgewis op die oomblik van dood nie, maar verder vegeteer in ‘n toestand wat vir haar baie kwellend is. Die verlange om gelukkig besig te bly sal slegs deur ‘n lewende wese vervul kan word, omdat krag daaraan toebehoort wat slegs ‘n lewende wese in haarself het, - terwyl ‘n wese sonder krag dood is. Wat egter op aarde deur middel van ‘aan die mens toe stromende lewenskrag’ tot stand gebring kan word, kan uit suiwer wêreldse aktiwiteit bestaan, wat wel aardse stoflike goed vermeerder het, maar vir die geesteryk waardeloos is, of ook in geestelike werksaamhede wat onverganklike skatte oplewer en sodoende ook ‘n lewe in die ewigheid verseker. En daarom moet die wil van die mens ernstig op die ewige lewe gerig wees, sodat hy dan die lewenskrag kan gebruik vir die win van geestelike krag. Dan sal hy seëvier oor die dood, want dan is ‘n ewige lewe vir hom verseker en hy sal die dood nie smaak tot in ewigheid nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205