|
BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE BERTHA DUDDE
Hoofstuk 188
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578. |
|
|
Jesus as Verlosser – Vergifnis van Sonde
4166 Die vergifnis van sonde kan ook as net ‘n seremonie beskou word waar die geestelike voorwaarde ter vergewing van sondeskuld ontbreek. Sodra die mens homself sondig voel en sy sondeskuld na God bring, sodra hy opreg berou het oor sy sondeskuld en God om vergifnis vra, word sy sonde ook deur God vergewe en terwille van Jesus Christus word sy skuld kwytgeskeld, want daarvoor het Jesus aan die kruis gesterf, sodat die sondeskuld van die hele mensdom uit die verlede, die hede en die toekoms gedelg kan word. Dit is dus die eerste vereiste om vergifnis van sonde te verkry, naamlik die geloof aan die verlossingswerk van Christus en die wil om tot diegene te behoort wat deur die bloed van Christus verlos is van hul sondeskuld.
Opregte berou teenoor God, dus insig van die sonde waardeur teen God gesondig is, wat Sy gebod van die liefde geskend het, is ‘n vêrdere vereiste wat die daad van sondevergifnis regverdig. Die mens kan weliswaar met woorde blyke van berou gee, terwyl sy hart nie geraak word nie en hy dus nie onder die druk van sy sondes ly nie, en gevolglik ook nie insien hoe swaar hy gesondig het teenoor God en Sy gebooie nie. Dan kan die sondeskuld ook nie van hom af weggeneem word nie, dan bly hy belas met sy sonde, totdat hy bewus raak van sy skuld en dit so op hom druk, dat hy God om vergifnis vra. Ewenwel bestaan daar vir die mens geen rede om teenoor sy medemens melding te maak van sy sondes nie.
Dit is wel voordelig dat hy homself oefen in deemoed, wanneer hy openlik sy swakhede en foute beken, maar met die vergifnis van sy sondes het hierdie openlike bekentenis teenoor ‘n mens niks te doen nie. “Vir wie julle die sondes sal vergewe, dit sal hulle vergewe wees en vir wie julle dit sal behou, vir hul sal dit behoue bly.” Hierdie uitspraak van Jesus voer julle as rede aan, maar julle dink nie daaraan dat Hy tot Sy dissipels gespreek het, tot hulle, wat deur hul lewenswyse ‘n rypheid van siel bereik het, wat hulle heldersiende en helderhorend gemaak het. Vêrder spreek Jesus oor die sondes waarvan die gevolge liggaamlik sigbaar was en oor die beweegrede, dat die sondaars by die dissipels, van wie hulle ingesien het dat hulle groot manne van God was, hulp gesoek het, d.w.s. ’n afwenteling van hulle lyding.
Daaruit het die daad van ‘n algemene vergifnis van sonde, na die bekentenis van sonde teenoor ‘n mens, ontstaan, maar dit kan maar net weer as ‘n vervorming van die leer van Jesus beskou word, as ‘n misleiding in soverre, dat die mense meestal die vergifnis van hul sondes afhanklik maak van hul bekentenis daarvan, maar hierdie bekentenis word dikwels ‘n formele aangeleentheid, terwyl die diepe innerlike berou, die bekentenis van skuld teenoor God en die verafskuwing van die sonde, tesame met die ernstige begeerte om homself te verbeter, slegs in ‘n swak opwelling die hart van die mens beroer, maar waarvan die vergifnis van die sondes alleenlik afhanklik is.
Hierdie innerlike skuldbekentenis moet teenoor God plaasvind. Daarvoor is geen bemiddelaar nodig nie en gevolglik is die bieg daarvan weer slegs ‘n gebod wat deur die mense by die leer van Jesus gevoeg is, wat egter uitermate sterk aandag kry, maar in teenspraak is met die Wil van God, Wie elke uiterlikheid deur ware innerlike oorgawe aan God, deur ‘n volledig geestelike belewing en ontplooiing van Sy aangebode wil, wil vervang. Want alle uiterlikheid is ‘n groot gevaar vir die mens, deurdat hulle hulself te min ondersoek, hulle maar net die menslik toegevoegde eis gelate aanvaar en daardeur vervlak en lui word met die arbeid aan hulle siele.
Want die geestelike agteruitgang van die mense bewys dat die wil om sonde te verafsku, wat die gevolg is van diepe berou, nie aanwesig is nie, of ‘n daad geword het nie, wat wel beslis die geval sou gewees het indien die daad van vergifnis van sonde nie so ’n rigiede vorm sou gehad het nie, maar steeds maar net ‘n innerlike aangeleentheid van elkeen afsonderlik sou wees. Dan sou die mens homself tot ‘n verbeterde lewenswyse kon opvoed, as hy maar van goeie wil was.
Maar so word ook die gewilliges lui en onverskillig deur die verkeerde onderrig en voorstellings van sondevergifnis, wat nie vanuit God so gewil is, soos wat dit deur die mense voorgestel word nie. Vir God het slegs die ware innerlike waarde en elke uiterlike vorm het nie Sy welgevalle en gevolglik nie Sy toestemming nie. Amen.
|
|
|
|
|