BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 367

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vegetariese voedsel - Die dood van Diere 4759 Julle sal My as julle Leraar oor alles kan vra en EK sal julle antwoord. Ek sal julle die korrekte begrip gee vir dit wat vir julle onduidelik is en dit sal vir julle maklik te verstane wees. Wie EK die vermoë gegee het om binne te dring in geestelike kennis, dus wie se gees Ek sal verlig, sodat hy sy medemense kan onderrig met dieselfde geestelike goedere, moet deur My as bruikbaar bevind word, hy moet homself geestelik so ontwikkel het, dat Ek Self met hom in verbinding kan tree deur sy wil. Maar 'n verbinding met My vereis 'n volledige innerlike toewyding aan My, want wie slegs vir My aantrek, omdat hy na My verlang, sal ook deur My vasgegryp word. EK het die mens geen beperkings opgelê nie, soos Ek ook nooit eise aan die mens stel om homself te kasty om die ryk van God te bereik nie. EK het alles geskape en toe Ek julle op die aarde geplaas het, het Ek julle ook die reg gegee om die aarde en alles wat daarop is, te benut. Toe Ek aan julle, in ’n sekere sin as meesters van die skepping, die aarde toevertrou het, was dit aan julle oorgelaat welke verhouding julle tussen julle en die geskape wesens wat julle omgewe tot stand wou bring. EK het julle geen gebooie gegee nie, EK het julle in volledige vryheid gelaat, EK het teruggetree tot op sekere hoogte en het julle alleen gelos met My werk, want julle moes julle wil beproef. Julle moes My goddelike ordening op eie aandrang binnegaan, julle moes daarin vertoef en moes derhalwe onbeïnvloed deur My dink en handel. En so moes julle dus self die verhouding tot stand gebring het met alles wat julle omgewe. Maar die gees leef in al My skeppingswerke, dit wat julle kan sien, het julle al self oorwin, d.w.s. julle siele het deur elke skeppingswerk gegaan, wat vir haar 'n toestand van dwang beteken het en vir so lank totdat die materiële uiterlike vorm haar sal vrylaat. Die ontsnap van die gees uit die vorm was altyd 'n daad van verlossing, want die volgende vorm was altyd sagter en meer meegewend, totdat, na eindelose lange tyd, die siel haar laaste vorm op hierdie aarde kon betrek. Die goeie mens doen nou onbewustelik dit wat die gees, wat nog in die vorm vasgeketting is, help om opwaarts te gaan, omdat sy siel die kwellende toestand ken en hy dit vir hom minder kwellend wil maak vanuit sy liefde. En so kan 'n daad bedryf word wat bevry, wat wreed lyk en tog nie as wreedheid beoordeel kan word nie. Daar moet 'n onderskeid gemaak word tussen 'n handeling wat maar net ’n vernietiging vanuit 'n kwade wil voor oë het en een wat vir die mens 'n goedlykende doel moet vervul. Verder moet daar onderskeid gemaak word tussen mens en dier in soverre dat die mens nooit die lewe van 'n ander mens mag neem nie, omdat daar op die aarde geen verdere beliggaming vir hom bestaan nie, omdat die aardse lewe die laaste halte vir die gees beteken om ryp te word, terwyl die gees in die dier nog nie die laaste omvorming bereik het nie, dus 'n oorgang na 'n nuwe vorm in ’n gekluisterde toestand, of tot mens, wat die gevolg van die doodmaak is, en wat dus 'n tree voorwaarts genoem kan word. Verder is die omstandighede maatgewend op welke manier die lewe van die dier geneem word. Dit moet 'n daad van liefde wees, in soverre die dier pyn en kwelling gespaar sal word, want steeds moet ‘n goddelike skepsel daarin gesien word wat My Liefde besit en alleen daarom al met sagtheid behandel moet word, sodat die gees daarin liefde vanaf die kant van die mense kan bespeur en bereid sal wees om sy lewe te offer vir die welsyn van die mens. Omdat hy nou die mens in waarheid diensbaar was, het hy sy aardse taak vervul en verkry hy 'n hoër graad van rypheid, wat aan hom die beliggaming as mens verseker, of dan ook 'n hoër trap van ontwikkeling in 'n ander lewende wese. Die doodmaak van 'n dier uit moedswil is 'n sonde, want dit breek 'n stadium van ontwikkeling voortydig af. Maar nooit kan dieselfde daad as sonde aangesien word, wanneer die motief daarvan hulpverlening is vir die medemens nie. In hoeverre hierdie hulp beantwoord aan My Wil, sal verder toegelig word. Alles wat julle eet is deur My geseën, indien julle self gelowig van hart is en poog om My te bereik. 'n Mens wat bewustelik op My afstuur of instinktief in liefde werk en daardeur naby aan My is, kan nie sondig nie. Wat hy doen sal reg wees in My oë, omdat hy van voornemens is om te lewe volgens My welgevalle. Dus sal hy ook kan eet wat hy goeddunk, sonder om homself liggaamlik of geestelik skade toe te bring. Hy moet net daaraan dink dat hy met alle voedsel geestelike substansies tot homself neem en dit sal vir hom duidelik wees dat die eet van vleis sy uitwerking op die siel van die mens sal hê (wat beantwoord aan die wese van die dier) en daarom moet die goedaardige dier verkies word wanneer die mens die keuse het. Wil die mens egter van die genot van die vleis afsien, dan sal hy ook voldoende vervanging vind in die planteryk, maar steeds moet dit hom vrystaan om sy liggaamlike voeding te kies, want EK sal elke voeding vir hom seën wanneer hy My om hierdie seën vra. 'n Oormaat is egter geensins goed nie, omdat die "ek" van die mens verdring word, omdat daar 'n vermeerdering van geestelike substansies plaasvind, wat die mens van vroeëre beliggaming (in klip - plante - en diereryk) beset en wat 'n belemmering in sy ontwikkeling kan beteken. In die korrekte mate hoef die mens egter geen ongunstige beïnvloeding te vrees nie. Maar die vis waarborg 'n gepaste maat, want dit bevat geen nadelige substansies vir die siel nie en is daarom, met die oog op die siel, die mees bevorderlike voedsel vir die liggaam. Ek gebied julle nie om enige bepaalde spyse te eet nie, soos wat Ek julle egter ook geen spyse verbied nie. Julle moet altyd net op die bereiding daarvan let, omdat die liggaamlike voeding homself sal aanpas by die wese van die mens, sodat in die besonder, skadelike substansies afgesonder word en nie meer met die siel van die mens in aanraking kan kom nie. Die mens sal sulke voorbereidings self tref, omdat hy van My die gevoel daarvoor gekry het en sodra hy op My afstuur, hy deur My onderrig sal word oor wat korrek en vir My welgevallig is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205