BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 446

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Woorde van liefde en wysheid – Bediening - Kritiek op uitgewery 4963 In die verwesenliking van julle taak in die lewe, wat bestaan uit die verspreiding van die suiwer Woord van God, sal alles wat nie uit die primêre bron van waarheid kom nie, julle verwerping veroorsaak. Maar hulle kan nogtans woorde van liefde wees met geen inwonende God-opponerende gees nie, en alles wat nie ten gunste van My is nie, is goed wanneer dit liefde inspireer. In die geesteryk herken die wesens wat toegelaat word om te leer mekaar deur hul glans, daarom is dit onmoontlik vir 'n steeds geestelik onverligte wese om in te meng. Die aardse kind wat homself vrywillig oopmaak vir geestelike toestroming, sal liefdevol aangegryp en beskerm word deur die ligwesens. Ek, julle God en Vader van die ewigheid, IS in die gees teenwoordig vir almal wat met My in kontak wil wees. Ek verlaat nie hierdie mense nie, want hulle is My kinders wat My reeds in kennis gestel het van hulle wil. Daarom voel hulle ook My teenwoordigheid, hoor hulle woorde van bemoediging en troos van My, hoor hulle woorde van liefde, wat Ek gee vir al die mense wat na My wil luister. Dit is ook My wil dat hulle met hul medemens praat oor My Liefde, want Ek wil hê dat hulle aktief moet staan vir My, dat hulle hul medemens met ’n lewende geloof sal motiveer om ook met My kontak te maak, dat hulle daarom almal sal lei wat toelaat om gelei te word na 'n lewende geloof, dus wie bereid is om My te herken. Ek gee hulle ook die vermoë om namens My te praat, sodat hulle suksesvol kan wees wanneer hulle My werk in hulle lewendig beskryf deur die vervulling van hulle harte met 'n groot liefde vir My en die gevolglike hoor van die goddelike woorde van liefde. Dit moet gesê word aan almal wat My kan hoor praat in die gees, aan wie Ek Myself openbaar, sodat hulle sal leer om My te herken en lief te hê. Hulle sal verkondig dat hulle self My werking in hulle ervaar het. Maar nie aan almal is die taak egter opgelê om hul medemens te onderrig nie, naamlik die taak van die oordra van die goddelike wysheid, die ewige waarheid aan hulle nie. Want hierdie bediening vereis meer. Slegs die uitverkorenes onder hulle wie Ek geroep het, sal so 'n bediening uitvoer en dit is hulle wat dus eers deur My geleer moet word vir die onderrigtende bediening voordat hulle volgens My instruksies kan werk. Enigeen wat wysheid wil verkondig, moet self wys wees en sy wysheid van My ontvang, want dit wat 'n mens se hart moet aanspreek, moet ook aanvaarbaar wees vir die verstand. Wysheid moet as wysheid herken word, want alhoewel dit ‘n goeie wil vereis om dit eerste te doen, moet dit nietemin ook ‘n ernstige ondersoek deurstaan, wat slegs verwag kan word van ware kennis. Die intellek moet nie uitgesluit word waar dit betrekking het op die aanvaarding van My suiwer leer van geloof nie. Want Ek het die mens die vermoë gegee om te dink. Ek moet ook aan hom kennis gee wat sy verstand nie in staat sal wees om te verwerp nie, indien die hart oop is vir My instruksies. Oorweeg dit, dan sal julle verstaan dat elkeen nie 'n onderwyser vir sy medemens kan wees nie, want 'n mens moes eers self die wysheid binnegedring het, alvorens hy ander mense kan onderrig. Oorweeg dit verder dat al die openbaringe wat skriftelik versprei is, deur middel van boeke, bedoel is om 'n seën te wees. Julle moet dus baie oordeelkundig te werk gaan indien julle nie wil hê dat die suiwer waarheid in gevaar gestel word nie, wat nie deur almal onderrig kan word wat nie geroep is om dit te doen nie. Want julle stel die waarheid in gevaar wanneer 'n ernstige soeker van goeie wil tekortkominge ontdek wat My natuur ongeloofwaardig of onvolmaak laat lyk vir hom, want sy verstand wil ook 'n mening vorm. Ek, julle God en Vader van die ewigheid, erken verseker julle wil om vir My van diens te wees en seën julle daarvoor, maar julle moet nie in die openbare arena ingaan sonder My spesifieke instruksie nie, want julle het baie geleenthede om in privaatheid te werk, dit is, in die kring wat Ek Self naby aan julle bring. Want Ek kyk in die mense se harte en weet wie Ek bymekaar bring sodat hulle My kan vind. Tog weet Ek ook wat doelbewuste verwerping veroorsaak, indien dit nie op die regte manier aan mense gebring word nie. Ek gee beslis blyke van My Liefde aan almal wat Haar begeer, maar nie almal van hulle het die graad van volwassenheid bereik om My Woord hoorbaar te hoor nie, net soos elke siel nie in staat is om te herhaal wat My Liefde geestelik aan haar oordra nie. Om hierdie rede word sulke siele nie vir onderrig geroep nie, maar hulle kan baie voordelig wees deurdat hulle hul gedagtes aan mense in hul omgewing kommunikeer, want, wanneer hulle My liefhet, kan hulle gedagtes nie verkeerd wees sodra hulle namens My en My koninkryk praat nie. Aan die ander kant is dit 'n heel ander situasie waar dit die openbare verspreiding van geestelike inligting aan die menslike ras betref, wat aanspraak maak dat hulle direk uit My ontstaan het en wat aanvaar moet word as die suiwerste waarheid. Dan moet diegene wat dit ernstig en met 'n goeie wil intellektueel bestudeer, ook in staat wees om dit te aanvaar, omdat die suiwer waarheid, wat vanuit My ontstaan het, beslis sal staan teen enige toets, aangesien dit vanselfsprekend so is. Selfs die suiwer waarheid sal meer verwerping ondervind as aanvaarding nie, maar die rede hiervoor kan nie gevind word in die feit dat dit vir 'n persoon onaanvaarbaar is nie, maar dat die persoon, as gevolg van sy God-opponerende verhouding, nie meer in staat is om dit te herken nie. Maar selfs die persoon wat die minste in staat sal wees om dit te herken, onthul meedoënloos dit wat hom verhinder om die geestelike kennis te aanvaar en is baie verheug wanneer hy ’n teiken kry om die suiwer waarheid in twyfel te trek. En julle moet nie hierdie teikens aan hom gee wanneer julle vir My en My koninkryk wil werk nie. Julle kan sekerlik vir My tot diens wees en My voortdurend aan julle medemens voorstel as 'n God van liefde en genade. Julle moet, waar moontlik, julle medemens beïnvloed om liefde te beoefen deur volgens My wil te lewe. Julle moet 'n voorbeeld vir hulle wees, julle moet geestelik streef en ook daarna streef om julle medemens aan te moedig om dieselfde te doen, julle moet opreg verenig met My en tot My bid in gees en in waarheid en julle sal My uitstraling van liefde al hoe meer voel, julle sal korrek dink, handel en spreek en dus My getroue vegters wees in die stryd teen die een wie se doel dit is om almal wat hom nie weerstaan nie, te ruïneer. En so moet julle wag totdat julle My oproep hoor om ’n spesifieke werk in My wingerd te doen, want die tyd is nie meer lank voordat Ek julle wat vir My tot diens wil wees, sal nodig hê en Ek 'n taak aan julle sal toewys, elkeen volgens sy vermoë. Geseënd sal die een wees wat My dien. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205