BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 426

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike wedergeboorte 4893 Ek wil almal wat van goeie wil is help om die geestelike wedergeboorte te bereik, want die ewige lewe, die toestand van vryheid en krag, die toestand van saligheid, begin eers met die wedergeboorte. Alles wat nog in materie is, alles wat nog versmag en onder dwang is, is nog steeds verslaaf en swak en mors slegs sy lewensenergie om materie te vermeerder. Maar die siel wat haarself egter losmaak van materie, begin om haarself te bevry en beweeg in 'n ander sfeer in, alhoewel sy steeds op die aarde woon. Die siel wie haar ware doel begin herken, begin 'n ander verhouding te vestig met My, haar Vader en Skepper van die ewigheid, 'n verhouding soortgelyk aan die oorspronklike verhouding, alhoewel nog in 'n primitiewe vorm. Sy begin wegstreef van die een sfeer na die ander koninkryk, sy beweeg in 'n ander voorheen onbekende wêreld in. Sy word wedergebore. En hierdie wedergeboorte vind duidelik plaas wanneer geestelike strewe die plek inneem van aardse strewe, wanneer die wêreld met haar eise nie meer eerste kom nie, maar waarvan slegs kennis geneem word vir sovêr as wat dit die behoud van die aardse liggaam aanbetref. Geestelike wedergeboorte is die gevolg van 'n intieme geestelike eenwording met My deur opregte gebed en dade van liefde. Ek word gemotiveer om 'n siel te benader, die oomblik wanneer sy na My soek, die oomblik wanneer sy na My streef. In daardie geval word haar aandag op My gefokus en die doel van die aardse lewe is bereik, want 'n verandering van wil het plaasgevind, wat ook 'n verandering van natuur te weeg sal bring, 'n assimilasie met My fundamentele aard, wat liefde in Haarself is. Die siel tree 'n geestelike lewe binne en begin dus geestelik opwaarts gaan, wat sekerlik bereik sal word indien sy My hand sal neem en haarself toelaat om deur My getrek te word. Ten einde geestelike wedergeboorte te bereik, moes die siel haar aardse begeertes begrawe het, sy moet nie meer gevange gehou word deur haar ou dop, deur drange wat daarop gemik is om die liggaam te behaag nie. Sy moet sonder huiwering in staat wees om te verwerp wat die wêreld haar bied, want sy kan nie in die aardse en die geestelike wêreld gelyktydig wees nie. Die toetrede tot die geestelike wêreld kan slegs plaasvind wanneer sy die aardse wêreld heeltemal oorwin het. Dit is na alles die siel se lewe en nie dié liggaam s’n wat opnuut moet begin nie. Die liggaam kan sekerlik nog steeds op die aarde wees, maar moet homself nou onderwerp aan die wil van die siel, dus sal sy voortgesette lewe op aarde nou bepaal word deur die siel. Ek wil almal help wat van goeie wil is om die geestelike wedergeboorte te bereik. En My hulp aan 'n mens is in die eerste plek om hom te help om homself te bevry van die materie. Toegegee, dit beteken dikwels My pynlike ingryping, maar dit is steeds net bedoel vir die redding van sy siel, sodat sy sal leer om uit te styg bo die materie, sodat sy 'n ander lewe sal soek, 'n lewe met ewige besittings, sodat sy sal streef na die koninkryk wat haar ware tuiste is, waar sy vry sal wees van alle boeie en vol van lig en krag wees, waar sy salig gelukkig kan wees vir alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205