BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die laaste oordeel - Vergeesteliking van die aarde 4125 Daar sal ’n streng regspraak gehou word aan die einde van tye, dus sal daar ‘n tyd kom wanneer die samestelling van die aarde nie meer aardse materie genoem kan word nie, maar wanneer alle stof hulself vergeestelik het, sodat die aarde self ’n meer geestelike skepping sal word soos wat daar baie ander in die heelal bestaan, wat elkeen aanspraak kan maak om vormingsplekke van die gees te wees. Die aarde sal so ‘n plek van onderrig vir die gees bly, slegs met die voorbehoud dat haar skeppings, asook haar inwoners, vergeestelik genoem kan word, dat die lewende wesens se lewens onder verskillende omstandighede sal voortgaan en selfs hulle taak nie met die huidige vergelyk kan word nie. Die aarde sal ook deur so ‘n tydperk na ‘n eindelose lang periode moet deurmaak en dit is van hierdie tydperk waaroor Jesus met Sy luisteraars op aarde gepraat het. Elke materiële skepping moet hierdie weg van ontwikkeling deurgaan, dus is dit slegs geoordeelde materie in die begin wat hulself na ‘n oneindige lang tyd, na ewighede wat die mense nie sal kan beoordeel nie, hulleself verhef tot ‘n heel ander fase; hulle vergeestelik hulself meer en meer en sal ten slotte slegs as ‘n geestelike skepping bestempel kan word. Maar dit sal egter onmeetlike lang tydperke duur, omdat alle die gekluisterde gees eers hierdie aardse materiële weg sal moet neem, sodat die materie dan ten volle oorwin kan wees. En dus sal daar nou ook ‘n eindelose lang tyd nog moet verbygaan, alvorens die volle vergeesteliking op aarde bereik is. Hierdie tydsduur sal weer saamgestel word uit aparte ontwikkelingsfases waarvan elkeen op sy eie as ‘n ewigheid beskou sal kan word deur onverligte mense, omdat baie geslagte ’n bepaalde graad van rypheid tydens één so ‘n periode sal moet verwesenlik. Elke fase begin met mense van hoë geestelike rypheid en eindig met mense wie se neiging na die diepte so sterk is, dat hulle wil vervul sal word, naamlik dat hulle weer gekluister sal word in die skeppinge van die daaropvolgende nuwe aarde. Weliswaar is ook hierdie verlossingsperiodes, volgens menslike standaarde, ook oneindig lank, maar hulle sal steeds eendag eindig en telkens weer sal ‘n verlossingsperiode opnuut begin. Maar aan die einde van tye sal die vergeesteliking van die eens materiële skeppings steeds vinniger gebeur en die beproewing van die wil, waarvoor elke periode benodig word, sal steeds minder kan word, omdat alle skepsele dan dieselfde sal voel: Hulle sal almal verlang om God te sien en daarom steeds meer opreg na Hom streef, of hulle sal reeds so vêr van God verwyder wees deur die teenstander se mag, dat hulle nie meer in staat sal wees om die weg na Hom terug te vind nie. En daarom sal hulle later in geestelike skeppings, ook as geeste in oorde moet vertoef waarheen hulle getrek word en dit sal die hardste straf wees wat geeste kan tref wat hul weerspannig teen God verset, want dit is immers ‘n toestand van volkome blindheid, ‘n toestand van slawerny, waar slegs gedien word teen die wil van die dienskneg, maar die persoon kan geen ander weg gaan as om aanhoudend te dien totdat hy sy weerstand opgee nie. Dit is ook ‘n Goddelike wet, naamlik dat elke gebeurtenis in die kleine afspeel en homself dan in oneindig verskillende variasies herhaal. Jesus het die einde van daardie tyd vooruit gesien, maar julle mense is slegs in staat om julle blik te rig op tye wat menslik moontlike gebeurtenisse toelaat. Julle almal sien slegs één laaste Oordeel, maar dit sal homself herhaal solank as wat die Verlossingsperiodes hulle afsluit ooreenkomstig Goddelike wil. Elke oordeel sal eindig met die veroordeling van die aanhangers van die teenstander versus die toelating in die gebied van lig, vir hulle wat God trou gebly het, ook in die grootste nood. En so sal die Laaste Oordeel ook ’n totale vernietiging van alle materie meebring, maar daarenteen sal ‘n ten volle geestelike Nuwe Aarde tot stand kom, alhoewel eers na so ‘n eindelose lang tyd, dat dit nie vermeld hoef te word nie, sodat dit nie die mense gerusstellend sal sus deur ‘n nuwe ontwikkelingsperiode te verkondig, waartydens hulle, volgens hulle mening, kan opmaak vir hul nalatigheid nie. Die oordeel wat die één periode van Verlossing van die volgende skei, kom onherroeplik spoedig. Dit sal deur sieners en profete verkondig word wat deur God daartoe aangestel is en wie Hy Self deur Sy Gees sal inlig, want dit is noodsaaklik vir die hele mensdom om gereed te maak vir die naderende einde, om hul lewenswyse te verander en hul siele te verbeter, want die tyd wat oor is vir die mensdom as ‘n laaste gawe van genade, sal vinnig verbygaan. Spoedig sal die finale uur kom en daarmee die Oordeel, wat ‘n volledige skeiding tussen suiwer en onsuiwer sal voltrek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205