BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Onselfsugtig diens onder alle omstandighede - Armoede - Vrygewigheid 3918 By alles wat julle doen, moet julle daarvan bewus wees om die Goddelike wil te vervul. Daarom moet julle in al julle denke, woorde en handelinge vertroue stel in Hom, julle moet Sy seën daarvoor vra en julle volledig toevertrou aan Sy Goddelike leiding. Julle moet julle lewenswandel heeltemal onderwerp aan Sy wil, dus alleen wil wat Hom welgevallig is en steeds daarna strewe om Sy liefde te verwerf. Dan sal julle nie teenstrydig met God kan dink, spreek en handel nie en julle gang oor die aarde sal waaragtig nie sonder gevolge bly vir julle siele nie. Julle sal God se Wil nakom wanneer die gebod van liefde julle leidende beginsel word, want dan vervul julle die belangrikste gebod en God sal julle seën, geestelik sowel as wêrelds. Julle doel op aarde is om onselfsugtig te dien en julle kan dit in alle lewensomstandighede doen, of julle arm of ryk is, groot of klein, vooraanstaande en magtig of nietig en swak. Julle kan voortdurend dien, op voorwaarde dat julle dienend wil wees. Elke mens word voldoende geleenthede gebied om homself besig te hou met dienende naasteliefde, en niemand moet glo dat hy self nodig het om hulp te ontvang en dus nie hoef te gee nie, omdat hyself niks besit om te kan gee nie. Selfs die armste kan gee, want wanneer hy geen materiële goed besit nie, kan hy tog liefde gee en daardeur wederliefde opwek; sy wil kan bereid wees om te gee en dan word ook sy wil gewaardeer as ‘n goeie daad. God kyk altyd slegs in die hart en geen opwelling bly vir Hom verborge nie. ‘n Skynbaar groot liefdesdaad kan in God se Oë waardeloos wees wanneer ware liefde van die hart nie die daad vergesel nie, terwyl die kleinste gawe vir God welgevallig sal wees wanneer dit uit ‘n liefdevolle hart kom. Wie waaragtig in liefde werksaam is, sal ook opoffer van die weinig wat hy besit, hy sal nie in angs bevraagteken nie, maar sal uitdeel. Dit sal hom veelvoudig teruggegee word want, “soos wat julle gee, so sal vir julle gegee word”, spreek God, en Sy Woord is Waarheid. Dus moet niemand sy besittings angsvallig terughou wanneer hy probeer om volgens God se wil te lewe nie, hy moet met ‘n vreugdevolle hart gee, want die handeling uit liefde bring hom baie groter seën as wat sy weinige besittings hom kan gee. Hy ontvang aards en geestelik onvergelyklik meer, sy siel word volwasse, hy word deurlopend reg gelei, omdat God Homself ontferm oor diegene wat wil lewe soos wat dit Hom behaag en omdat Sy leiding die bereiking van die doel waarborg. Slegs een ding is nodig, naamlik dat julle in die liefde lewe, dat julle denke, woorde en handelinge, steeds deur die liefde van die hart gelei sal word en dat julle jul toegewyd sal oorgee aan Hom wat julle die lewe gegee het, sodat jul siele volwasse kan word. Met Sy genade en Sy krag sal julle in staat wees om alles te doen, selfs gedurende tye van die grootste liggaamlike en geestelike nood sal julle dade van liefde kan verrig, op voorwaarde dat julle met die Ewige Liefde Self verenig deur gebed, Wie julle van onbeperkte krag en genade sal voorsien, omdat julle nader aan Hom wil kom deur te werk in liefde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205