BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 271

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Veranderinge in die Kosmos 4521 Waar kosmiese veranderinge hulself vertoon wat die aankoms van ‘n natuurkatastrofe aankondig, daar sal julle ook My werksaamheid met sekerheid by die mens kan vasstel, deur vroeëre gegewe aanwysings, aansporinge en waarskuwings van allerlei soorte, deur die profetiese vooruitsig van mense wat God in die besonder toegedaan is en deur ‘n toegeneë inwerking van die ligwesens op diegene wat hulle toegang verleen deur hulle wil aan My oor te gee en ‘n lewenswandel te hê wat hieraan beantwoord. Waar natuurverskynsels hulself dikwels voordoen, is die mense ook toegankliker vir My aanwysings en die rede is ook meestal die veelvuldige veranderinge van die skepping van die natuur deur juis sulke natuurverskynsels, waarin die gees wat hierin gekluister is, na positiewe ontwikkeling streef, terwyl hierdie mense ‘n meer volgsame aard het en vinniger tot rypheid kom. Maar volgens My verlossingsplan van ewigheid word skeppings van die natuur nou egter ook getref deur My regstreekse inwerking deur die elemente van die natuur, hoewel so-iets andersins seldsaam is. Die eindelose lang gekluisterde kragte dring aan op vrywording en het My ondersteuning. Ook daar word aangekondig wat in die natuur gaan plaasvind. Die mense word daarop attent gemaak, ofskoon hulle nie vir My aanmanings en waarskuwings ontvanklik is waarop Ek hulle wys nie! Die kosmiese veranderinge sal ook sigbaar word en sou elke mens laat nadink; en sieners en profete, aan wie die taak opgelê is, en wat die gawe het om te kan voorspel, sal opstaan om melding te maak van dit wat hulle gesien of gehoor het deur geestelike kontak. Vanweë die wils- en geloofsvryheid gaan alles hul natuurlike gang en ook kosmiese veranderinge word wetenskaplik verklaar en daarom verontrus dit nie die mense nie. Dog elke gebeurtenis, elke voorval in die natuur, kan wel op natuurlike wyse verklaar word, maar het steeds ‘n geestelike rede en verklaring en dit is belangriker om daaraan aandag te skenk as aan die suiwer natuurlike, want die natuurlike gevolge sal julle nie deur julle kennis kan teëhou of verswak nie, maar die geestelike gevolge sal julle kan benut tot julle voordeel en gevolglik julle rustig aan die natuurlike uitwerking oorgee. Julle is meester daaroor as julle glo, dus die geestelike nut van julle kennis daaruit haal. Dan is jy heer oor die natuur. Weet jy wat dit beteken? Om ook die elemente van die natuur vanuit jou wil, wat ook My Wil is, tot stilstand te kan bring, wanneer jy innig met My verbonde is? Ook die vrygeworde gees sal jou as meester erken, jy sal ook gebieder oor die natuur wees en almal sal hulself gewillig aan jou onderwerp. Julle begryp dit nog nie in sy volle diepte nie, maar wanneer julle hierdie graad bereik het, sal dit vir julle begryplik wees wat julle sal kan vermag met My Krag, waaroor julle nou onbeperk beskik. Maar hoe min mense bereik egter hierdie graad van volwassenheid deur ‘n diep onwankelbare geloof in My en My Liefde in onbeperkte oorgawe aan My. My Mag en heerlikheid sal egter vir hulle duidelik word en hulle sal My oor die hele wêreld roem. Hulle sal voortdurend namens My spreek, omdat hulle gedryf sal word deur My Gees, omdat hulle nie meer aan hierdie wêreld behoort nie, maar kort voor hulle voleinding staan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205