BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 415

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die geestelike keerpunt is geen ommekeer nie; maar ‘n hernieude kluistering 4875 ‘n Ontwikkeling omhoog is nie meer op hierdie aarde moontlik nie. Selfs op dieselfde hoogte bly die mense nie staan nie, maar sink steeds dieper na benede. Hulle dryf oewerloos weg en verwyder hulleself so vêr van My dat hulle kragteloos deur die aardse lewe gaan en waarom dit ook heeltemal nutteloos is. Daarom is daar ook ‘n groot verandering nodig om die wegsinking van die gees in die mensdom te stop, om ‘n nuwe weg te baan wat weer omhoog sal voer. Julle mense is nie bekend met My Verlossingsplan nie, behalwe die weiniges aan wie Ek Myself openbaar. Maar julle kan kennis daarvan verkry, indien julle julleself met hierdie vraag sou besighou, waaraan die hele gebeure om julle heen ten grondslag lê. Julle vrae lui egter anders. Julle vrae het slegs betrekking op aardse voordele, op die middele om groot wins te behaal in aardse goedere. Julle brei julle kennis slegs uit op daardie gebied en laat al die geestelike dinge buite beskouing. Julle sal egter daarom ook verras wees oor wat daar in die komende tyd gaan gebeur, julle sal geen verklaring daarvoor vind, indien julle dit verstandelik wil oplos nie. Die kennis van My Verlossingsplan sou egter alles vir julle verklaar. Die kennis van My Verlossingsplan van die ewigheid laat julle alles met ander oë sien en julle verantwoordelikheidsgevoel sou gewek word, omdat julle die lot van julle siele na die dood bepaal deur julle lewenswandel. Daar sou daarom nog van ‘n klein oplewing gepraat kan word, ofskoon ook maar weiniges dit ernstig neem wat aan hulle deur die wetendes as verklaring aangebied word. En daarom beëindig Ek ‘n ontwikkelingsperiode en laat ‘n nuwe begin. Dit is wel as ‘n keerpunt te sien, maar nie as ‘n ommekeer, of as ‘n skielike opbloei in die ontwikkeling van die gees nie. Dit is veel eerder ‘n totale mislukking enersyds en die skepping van heeltemal nuwe ontwikkelingsmoontlikhede andersyds. Wat in die ou ontwikkelingsperiode gefaal het, begin weer sy ontwikkelingsgang in die diepste diepte, dit sit dus nie ‘n afgebroke louteringsproses voort nie. Juis daarom is die tyd vóór die einde van hierdie periode ook so uitermate belangrik, want dit bepaal die lot van onuitspreeklik baie siele tot lewe of dood. ‘n Voortbestaan van hierdie aarde sou in geen geval vir hierdie siele bevorderlik wees nie, omdat hulle al lankal die verbinding met My verbreek het. Hulle is dus heeltemal sonder geloof en in so ‘n toestand kan hulle ook nie die genade benut wat hulle ‘n geestelike vooruitgang sou kon verseker nie. En tog word daar aan die einde nog elke poging aangewend om die afsonderlike siele te red, dus om hulle op hulle bestemming opmerksaam te maak. Maar hulle kan geen ondersteuning teen hulle wil in verkry nie en hulle wil streef steeds na benede, want hulle laat hulle uitsluitlik lei deur die materie, waarin die gees is wat nog op die laagste vlak van ontwikkeling staan. Maar Ek hou steeds rekening met die wil van die gees, want hy sal dit ten deel val wat hy begeer. Sodoende word die harde materie weer die omhulsel van diegene wat al die laaste stadium van ontwikkeling bereik het en die siele van die skepsels wat hulle heeltemal van My verwyderd het, word opnuut gekluister in die skeppings van die nuwe aarde. En hierdie ontsettende lot moet altyd vir die mense voorgehou word, steeds weer moet hulle in kennis gestel word van My ewige Verlossingsplan, omdat dit die tyd van die einde is, omdat elke mens van die groot verantwoordelikheid bewus moet word wat hy teenoor sy siel het, sodat hy die laaste tyd nog kan benut tot redding van sy siel, indien hy die wil daartoe sou hê. Hy moet weet dat die einde kom en wat die einde vir sy siel beteken. Hy moet weet dat daar geen uitstel meer is nie, maar dat vervul sal word wat sieners en profete aangekondig het sedert die begin van hierdie verlossingsperiode; naamlik dat die einde onherroeplik kom en daarmee ook die laaste oordeel waar beslis sal word oor lewe en dood, oor lig en duisternis, oor loon en straf, oor hel en verdoemenis, Paradys en saligheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205