BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die Heer se sigbare verskyning - Stilte voor die storm 4126 ‘n Bange tyd van nood en lyding lê voor julle en julle kan die voorafgaande tydperk, waarin julle nou leef, beskou as die stilte vóór die storm, waartydens julle nog ’n lewe kan lei volgens die ou gewoonte, waarin julle nog van welstand kan spreek teenoor die armoede en die ontberings wat julle daarna te wagte staan. En tog sal dit ook ‘n tyd van genade wees, ‘n tyd waarin Ek duidelik herkenbaar sal wees, waarin die lewe alleen draaglik sal wees, indien julle jul in gedagtes diep met My sal verbind, omdat julle dan nooit alleen sal wees nie, maar My altyd by julle sal kan hê as Behoeder en Beskermer vir julle. Want Ek sal My ook duidelik deur julle laat sien, Ek sal enkeles benader in die vorm van Hom Wie My in alle volheid in Homself bevat het. Mense sal My herken waar die liefde vir My sterk is, ook wanneer Ek as mens onder hulle sal vertoef, want My Oog sal aan hulle vertel wie Ek is en hulle harte sal gloei met so ’n brandende liefde vir My as wat hulle nooit aan enige medemens sou kon betuig nie. Ook Ek sal hulle met ’n vurige liefde tegemoet kom, Ek sal hulle onderrig waar hulle nog kennis kortkom en hulle troos in ure van nood. Hulle sal die moeilikste situasies oorwin en nie moedeloos word nie, want hulle sal My hulp ondervind en waar Ek hulle sigbaar sal nader, sal hulle vol krag en diepgaande geloof wees. En wanneer daardie geloof ‘n mensehart vul, bestaan daar geen onderdrukkende teenspoed meer nie, want dan sal hulle hulleself heeltemal op My verlaat en Ek sal hulle geloof waarlik nie teleurstel nie. Enigeen wat egter sonder My lewe, sal nouliks in staat wees om hierdie tyd te verduur, want Ek kan hom nie in sy geestelike nood laat nie en sal hom derhalwe gevoelig met aardse teenspoed moet tref, totdat hy sy weerstand teen My opgee, totdat hy gelowig word en hulp van My af verwag. Daarom sal almal van julle onderwerp word aan angstige benoudheid en lyding waardeur Ek julle heeltemal vir My wil wen. Nogtans het julle ook oorvloedige krag en genade tot julle beskikking wat julle sal help om My te wen. Ek wil slegs julle liefde hê, en wanneer Ek haar besit, sal Ek kom om julle te ontmoet, in die laaste dae selfs sigbaar, om julle en ander se geloof te versterk, omdat julle buitengewone versterking en troos nodig sal hê. Julle hoef gevolglik nie die moeilike tyd wat voorlê te vrees nie, want met My hulp sal julle dit deurstaan. Nogtans sal dit ’n tyd van genade wees en die juk wat Ek op julle lê, sal ’n maklike een wees wanneer julle die genadegawe korrek sal gebruik. Om toegelaat te word om My met jul vleeslike oë te aanskou is waarlik die kruis werd wat julle tot aan die einde sal moet dra. Maar as kruisdraers kom egter ook vir My in aanmerking, hulle wat hulle toevlug tot My geneem het en vir My om My bystand gebid het, want Ek verkort ook om hulle ontwil die dae tot die einde. Ek ken elke nood van iedere wese en wie aan My trou is, is My ware kinders, wat waarlik nie vergeefs tot My om hulp sal roep nie. Skrik daarom nie vanweë My aankondigings nie. Gaan doelbewus en rustig die komende tegemoet. Maak julle los van die wêreld en verwag My, want Ek sal kom. Eers net vir enkeles, dan om Myne op te neem in My ryk, om hulle weg te voer van die plek van verderf en te bring na die ryk van vrede, waar hulle ‘n salige lewe sal lei soos in die paradys. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205