BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Aankondiging deur sieners en profete 4034 Wat Ek aan julle mense deur sieners en profete verkondig moet ernstig opgeneem word. Dit is My Wil en indien julle begeer om aan My Wil te voldoen, moet julle nie halfhartig en onverskillig aanvaar wat My Liefde julle bied nie. En julle is onverskillig as julle My Woord wel hoor, maar nie julle lewens rig volgens wat Ek sê nie, as julle nie ’n ernstige verandering van julle wese nastreef en My gebod van die liefde nie nakom nie, wil Ek julle deur My aankondigings waarsku teen 'n nuttelose lewe, Ek wil julle aanmaan om die tyd te gebruik wat julle nog oor het tot aan die einde. Ek wil julle aanspoor om na die geestelike te strewe en al julle gedagtes geestelik te rig, sodat julle heeltemal volwasse kan word in die tyd wat julle nog op aarde gaan vertoef. As julle egter My Woord, My profesieë nie ernstig opneem nie, sal al hierdie aanmanings voor julle ore wegsterf en My aanmanings en waarskuwings was dus tevergeefs. En as die uur aanbreek waarop jy weggeroep word, sal jy slegs op 'n geringe getuienis van 'n goeie lewe aanspraak kan maak, want jy het op aarde gefaal en nie My Liefdevolle Vaderhand gegryp, toe dit vir jou aangebied was nie. As jy 'n geestelike begeleier het, sal jy jouself ook onvoorwaardelik aan hom moet toevertrou, want hy sal jou korrek lei. Maar nou in die eindtyd wil Ek Self julle Leier en Begeleier wees en as julle My maar net 'n bietjie vertroue sal skenk, hoef julle waarlik nie meer, liggaamlik of geestelik, vir julself te sorg nie, want hierdie bekommernisse sal Ek Self oorneem, maar julle sal net daarop moet let dat julle voortdurend krag van My in ontvangs neem, wat julle die weg omhoog sal verseker. Hierdie krag kan net na julle toe kom in die vorm van My Woord. As Ek julle op hoogte stel aangaande dit wat gaan kom, is dit 'n baie groot genade vir julle, want julle het nou die moontlikheid om deur 'n korrekte lewenswandel My genoeë te verwerf, in so 'n mate, dat Ek nooit meer van julle sal weggaan nie, dat Ek julle sal vasgryp en omhoog trek. Maar nou doen Ek dit baie dringend, omdat julle nie meer baie tyd het om julle siele te verander nie en daarom kom EK met elke openbaring, met elke kennisgewing, nader aan julle en roep tot julle, en as julle die Stem van die Vader herken, sal julle gehoor gee daaraan, julle sal net soos verdwaalde skape let op die stem van die goeie herder, julle moet Sy Roep in ag neem en dit sal julle grootste wins wees. Maar wie nie ag slaan op My stem nie, sal ook moeilik verbinding met My kry en wanneer die oomblik van die einde aangebreek het, sal hy swak wees en sy blik nie na die hemel rig nie, omdat hy nog te veel aan die aarde gebind is. Dit wil Ek van julle afwend, Ek wil julle help en stuur julle daarom steeds weer My woord vanuit die hoogte, en terselfdertyd ook die motivering van My woord, sodat julle dit steeds ernstig sal opneem, sodat julle dit sal hoor en lees waar julle geleentheid daartoe het. Glo My Woord, glo dit, dat daar nie veel tyd meer oorbly tot die einde nie, sodat julle in alle erns 'n begin kan maak met die arbeid aan julle siele, sodat daar nog baie genade vir julle daaruit kan voortvloei, want die tyd is baie ernstig en dit is dringend nodig dat julle moet weet dat die einde julle sal verras en julle geen tyd meer sal hê vir julle eintlike werk op aarde nie. Luister na My en glo My Woord en dit sal julle altyd en ewig met krag vervul. EK sal Myself oor julle kan ontferm, sodra julle My in gedagte soek. En al die moeilike sal julle kan baasraak, omdat dit My Wil is dat diegene baie krag sal ontvang wat hulle geloof aan My Mag en Liefde bewaar het en Ek sal hulle help om geestelik vooruit te gaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205