BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 564

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vergifnis, Versoening, Geregtigheid (wet van oorsaak en gevolg) 5243 Ek is ‘n God van Liefde en Barmhartigheid, tog is Geregtigheid ook deel van My Wese, anders sou My volmaaktheid bevraagteken kon word en daarmee ook My Godheid. Begryp julle wat Ek probeer sê?. Dat Ek elke eienskap tot die hoogste graad inkorporeer, om welke rede alles effektiewelik aan die wet van ewige orde onderworpe is, waarvan Ek Myself die outeur is, d.w.s. uit My einste volmaaktheid het Ek onveranderlike wette voortgebring. Dus moet alle skuld van sonde verwyder word, elke sonde moet versoen word om My Geregtigheid te bevredig. Maar hoe kan dit nou verband hou met My Liefde en Barmhartigheid, wat so ontsaglik diepgaande is, dat dit alle skuldenaars se sonde wil vergewe? My Liefde het ’n weg gevind: Liefde Haarself het die skuld van sonde Self uitgewis, deurdat Sy Self boete gedoen het om Geregtigheid te bevredig. ’n Mens het die skuldlas aanvaar en versoening gebring vir die hele mensdom se sondes. Ek Self het hierdie Man nie verhoed nie, want Hy was gemotiveer deur Liefde en Liefde kan nooit verhoed word waar Sy Haarself wil uitdruk nie. Ek sou nooit die vervangende versoening aanvaar het nie, as dit nie deur Liefde vir My aangebied was nie, want dan sou die Wet van Ewige Orde geskend gewees het, aangesien Geregtigheid nie sou standhou nie; terwyl ‘n daad van die Liefde deur My aanvaar moet word, aangesien Ek Liefde nie kan weier nie. Dus het ’n Mens die sondeskuld van die mensdom versoen, deur die uiterste verskriklike pynlike pyn en dood aan die kruis. Hierdie Persoon was sonder sonde en het nogtans onuitspreeklik gely vir die skuld van ander, omdat Hy met My wou versoen met Sy offer, wat enorme Liefde Hom daartoe beweeg om te doen. En Ek het die offer aanvaar en weens Sy liefde die skuld uitgewis wat die hele mensdom belas het, wat dus beteken dat mense wat ten volle en bewustelik van die offer van hierdie Mens Jesus gebruik maak, vry kan kom van alle skuld, hulle wie die las van hul sonde aan Sy voete lê en as gevolg van Sy kruisiging om vergifnis vra. Erkenning en bewustelike bekentenis van sondes is noodsaaklik, ten einde volle vergifnis van sonde te vind. Die offer van die Mens Jesus was so ontsaglik groot en Sy liefde vir die mensdom so kragtig, dat My Geregtigheid bevredig was en My Liefde en Barmhartigheid kon uitkom. Mense wat dus die goddelike Verlosser Jesus Christus erken en wat hulself berouvol onder Sy kruis plaas, is vry van alle skuld, wat beteken dat alle sondes waarmee hulle belas was, nou vergewe is. Vergifnis beteken uitwissing, van alle laste bevry, die herstel tot die toestand voordat die sonde gepleeg was en dat elke nagevolg van oortreding gedra sal word deur die persoon wat die skuld aanvaar het. Daarom het Jesus Christus alle sondes op Hom geneem en die versoening daarvan vir My aangebied. Elke gevolg van sonde sal dus deur Hom negeer word. My Liefde en Barmhartigheid moet alles weer regmaak en kan dit nou ook doen, want die offer aan die kruis het Geregtigheid eerste bevredig, dit was dus nie omseil nie. Die offer aan die kruis was effektiewelik die gevolg van die hele mensdom se sondes. Alle ongeregtigheid gepleeg op aarde, sowel as die sonde van die vroeëre rebellie teen My, moes ’n onwettige gevolg hê en moes daarom op die wesens terugval, wat die gevolge moes absorbeer en daaronder moes ly. Die mens Jesus het Homself vrywillig aangebied om die totale las van sonde te absorbeer en deur bomenslike lyding en ondraaglike pyn die gevolge van die sonde te verminder en ten slotte deur Sy dood, die volle gevolge heeltemal uit te wis. Dus was die wet nie opgehef nie, maar bloot vervul. Daarom kan aan die mens volle vergifnis van sonde verleen word deur Jesus Christus, sodat hyself volledig van alle skuld bevry kan word en daarom kan My Liefde en Barmhartigheid ten volle regeer, sonder uitsluiting van Geregtigheid. Want Jesus Christus het die wêreld van sonde verlos, omdat Sy liefde vir die mensdom oorweldigend was en deur hierdie Liefde was Ek ten volle versoen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205