BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Doen dit tot My gedagtenis - Die Avondmaal 3740 Krag, wysheid en lewe gaan van My af uit, en so moet Ek as die bron van krag en lig erken word en moet eenwording met My nagestreef word om lewend te word deur die ontvangs van krag en lig. Dus moet Ek in julle aanwesig kan wees, dus die lig en die krag, en julle moet ook op hoogte wees van die ewige waarheid en as gevolg daarvan krag, wat dan in alle volheid in julle moet wees. My Gees moet besit neem van julle en Ek moet in julle werksaam kan wees, want slegs dan sal julle lewe en die lewe nooit weer in ewigheid verloor nie. Dan sal julle met My verenig wees en hierdie vereniging is die ware Gemeenskap. Die vereniging met My is onontbeerlik, anders sal julle nóg krag, nóg lig kan ontvang, want die aaneensluiting met die ewige Oerbron moet eers plaasvind, indien die stroom van My Liefde in die mens se hart oorgedra wil word. Om so ’n aaneensluiting tot stand te bring, word dit eerstens vereis dat die wil iets van My af wil ontvang. Die wil, op sy beurt, verg dinkwerk en dus moet Ek, as die Bron, en bygevolg die Gewer daarvan wat die mens begeer, erken word deur die hart en verstand van die persoon en hy moet d.m.v. gedagtes poog om My te bereik. Eers dan word die wil aktief en vervul die voorwaardes wat tot aaneensluiting met My sal lei. Die geaktiveerde wil is dieselfde as die werksaamheid in liefde, maar dit is noodsaaklik en dus kan My gebod van liefde nie omseil word deur diegene wat werklik met My gemeenskap wil hê nie, diegene wat met My wil verenig nie. Deel gawes uit, bied voedsel en drank aan vir julle naaste wat hulpbehoewend is. Bekommer julle oor hul nood, geestelik en aards, gee soos wat Ek aan julle gegee het. Verkwik julle medemens se liggaam en siel, hê medelye met die swakkes en siekes, troos die bedroefdes, bemoedig die moedeloses, verlig altyd en ewiglik ander se nood, en doen dit altyd volgens die voorbeeld wat Ek vir julle gestel het gedurende My aardse weg. Deel alles wat julle besit met die armes, dan sal julle My gebod van die liefde vervul en daarmee die eerste voorwaarde van eenwording met My, want eers wanneer julle julle harte tot liefde omvorm het, kan Ek Myself met julle verenig, anders sal eenwording met My onmoontlik wees, ongeag hoeveel uiterlike formaliteite julle mee rekening hou wat geen effek op die toestand van julle harte het nie. Ek wil aan julle lewe gee, krag en lig in oorvloed, maar dit sal nooit moontlik wees as julle nie die wil aktief maak om liefde te beoefen nie. Maar Ek het julle Self onderrig oor hoe julle hierdie liefde moet beoefen en vermaan julle voortdurend om My na te volg. Hou My en My lering in gedagte, dan sal julle julleself dienooreenkomstig gedra en julle sal ware houers vir My Gees word, want julle sal so deel van Myself in julle werksaam laat word. Julle sal My na julle toe trek deur julle werksaamheid in liefde en so sal julle julleself met My verenig, die Oerbron van krag en ewige lig en bygevolg kan julle ook onbeperkte lig en krag, kennis en mag ontvang. Die eenwording met My moet vooraf deur die werksaamheid in liefde bereik word, slegs dan kan Ek in die Gees in julle teenwoordig wees, en slegs dan kan Ek julle voed en verfris met geestelike voedsel, met vlees en bloed, met My liggaam in die geestelike sin. Want Ek Self is die Woord, dus bied Ek julle die Avondmaal aan wanneer Ek My Woord oorbring wat geestelike voeding vir julle siel is. Julle kan inderdaad hierdie voeding aanneem sonder om vooraf werksaam te gewees het in die liefde, maar dan is dit geen Gemeenskap nie, geen eenwording met My nie, dan is dit nog geen Avondmaal nie. Maar dit kan daartoe lei dat julle die Woord, nie net met julle ore nie, maar ook met julle harte, in ontvangs sal neem en daarvolgens sal leef. Slegs die aktiwiteit van julle wil, die werksaam wees in liefde, bring eers die geestelike eenwording met My tot stand. Maar hierdie werksaamheid in liefde bestaan uit gee, die onophoudelike meedeel en uitdeel van dit wat julle besit, van dit wat julle gelukkig maak, sodat julle ook jul naastes, wat behoefte daaraan het, gelukkig kan maak. As julle dit nie in ag wil neem nie, as julle nie sal poog om My hierin te volg nie, kan julle ook nie aan My tafel gespysig word nie en sal julle nie met My die Avondmaal kan hou nie, omdat julle julself uitskakel as gaste van My, en Ek sal vir julle ongenaakbaar bly totdat julle julself sal verander in liefde, wat My Oerwese is en vir ewig sal bly. As julle die Avondmaal op die wyse aanvaar wat deur julle mense verkies word, sal dit altyd slegs ‘n uiterlike handeling bly wat eers ‘n diepgaande geestelike betekenis sal kry wanneer julle harte met ’n diepe liefde vervul sal word, wat julle egter nie net emosioneel moet aanraak nie, maar wat uiting moet vind in dade van onselfsugtige naasteliefde. Want slegs hy wat in die liefde bly, bly in My en Ek in hom. Hierdie Woord van My is ook die grondslag van die Avondmaal wat deur My ingestel is. Julle moet altyd My lewenswandel op aarde in gedagte hou en My in alles navolg. En soos wat julle uitdeel, sal julle ontvang, geestelik en aards. Julle sal, indien julle ’n innige verbinding met Hy sal hê, te alle tye deur die liefde versadig en versterk word. Om deurgaans liefdesdade te verrig in herinnering aan My en daardeur ’n versekerde vereniging met My tot stand bring, wat julle die ontvangs van My Woord, My vlees en bloed sal waarborg, is die diepe geestelike betekenis van die woorde “Doen dit tot My nagedagtenis”, wat julle almal sekerlik sal verstaan, indien julle die ernstige wil, sal hê om die ware geestelike betekenis van My woorde te deurgrond. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205