BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 384

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Hiernamaals, omstandighede daar 4820 Sodra julle deur die poort van die dood gegaan het, sal julle nie meer julle aardse houer voel nie, maar sal maklik en vry kan beweeg, julle sal nie verhinder word om te gaan waar julle wil nie, julle sal op geen manier gedwing word nie. En tog kan hierdie toestand ook pynlik wees vir julle, naamlik wanneer julle julleself in duisternis bevind, wanneer daar geen lig is en julle nie in staat is om iets te kan sien nie. Hierdie geestelike blindheid word gekoppel aan volledige hulpeloosheid en ‘n swakheid van wil wat nie sy traagheid kan afskud nie. Daarom sal julle nie deur enigiets uiterlik waarneembaar beïnvloed kan word nie, maar daar kan nog ‘n beperking in julleself wees wat julle sal verhinder om te lewe, d.w.s. om aktief te werk ooreenkomstig die wil van God, wat alle lig-ontvanklike siele kan doen wanneer hulle die aarde verlaat en waar hulle in ‘n koninkryk geplaas word waar hulle steeds groter wordende prag kan aanskou. Om in hierdie pragtige koninkryk te woon, is ontsaglik salig vir die siele van die dode, want hulle sal alle wêreldsheid, moeilikheid, ellende en onvolmaaktheid agterlaat en sal deur die liefde verenig word met geestelike wesens wat vol van liefde, wysheid en krag is. En die siel sal nou daaraan deelneem, ewige nuwe ontdekkings sal haar geestelike sinne betower, sy sal skeppings van uitsonderlike pragtige vorme aanskou wat nie met aardse skeppings vergelyk kan word nie. Ook sal sy nie meer aan tyd en ruimte onderworpe wees nie, sy sal kan bly waar sy wil en sal selfs in die verlede sowel as ook in die toekoms kan beweeg. Sodra die siel volmaaktheid bereik het, dit wil sê sodra sy die koninkryk van lig ingegaan het, is sy nie meer onderworpe aan die wet van tyd en ruimte nie. Maar selfs daar verskil die graad van lig, wat steeds groter stimulasie bevorder en ook die wesens verenig om te werk met gekombineerde krag. Om aktief te wees in liefde is ook die belangrikste wet in hierdie koninkryk en om hierdie rede help die ligwesens mekaar in volmaakte harmonie, deur geluk te gee en ook te ontvang. Hul voortdurende inspanning gaan egter oor die siele wat in duisternis is, wat hulle weet uiterste ontbering ly en wie hulle deur onderrig wil help. Daar is geen impuls van lewe in die gebiede van geestelike duisternis nie, die wesens is totaal apaties, indien hulle nie van vurige woede brand nie, dors na wraak en in voortdurende geveg met mekaar is nie. Laasgenoemde neem ‘n eindelose tyd totdat hulle kalmeer en in ‘n toestand van traagheid verval. En slegs dan kan hulle deur die ligwesens gehelp word. In teenstelling met hierdie, is die onvolmaakte wesens hoofsaaklik vol selfsugtigheid en daarom ontoeganklik vir onderrig betreffende die gebod van liefde. Nogtans, as gevolg van die oneindige geduld van die ligwesens, word hulle nooit moeg om te help nie, sodat daar byna altyd geestelike vooruitgang sal wees nadat die wesens hul wrede instinkte verwerp het en nie meer probeer om mekaar in stukke te skeur nie. Die toestand van traagheid is te alle tye die inleidende toestand van opwekking uit die slaap en dit vereis slegs liefdevolle ondersteuning, sodat hierdie wesens ook ‘n skynsel van lig sal ontvang en begin om te sien. Maar dikwels sal dit ‘n lang tyd neem, omdat vrye wil ook voorkeur kry in die geestelike koninkryk en wat nie gedwing mag word indien die wese geluksaligheid wil bereik nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205