BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Antichris - Einde 3672 Die gees van die Antichris is in die wêreld sedert Jesus Christus Sy verlossingswerk volbring het. Voortdurend het hy gepoog om diensbare werke van krag te ontneem, voortdurend het hy geveg teen die aanhangers van Jesus, voortdurend het hy die mense aangespoor tot liefdeloosheid, dus om in stryd met die Wil en die leer van Christus op aarde besig te wees, deels deur geestelik werksaam te wees, die gedagtes van die mense in die war te bring, deels in die uiterlike gedaante van 'n mens met die veronderstelde gewaad van kennis en wysheid. Daar staan steeds weer ‘n menslike leer teenoor die leer van Christus; wat alles probeer weerlê, wat dus antichristelik gerig is, die werksaamheid van die Satan, aktiwiteite van die kragte van benede met die doel om die mense van God afvallig te maak, of vir hulle die weg na Hom te versper. Hierdie antichristelike aktiwiteite neem voortdurend toe en sal heel duidelik voor die einde aan die lig kom. Die Satan sal self op aarde werksaam wees in die uiterlike gedaante van 'n mens, die Antichris in persoon, wie se werk uitermate noodlottig sal wees vir die hele mensdom, want van hom sal wette uitgaan wat ten doel sal hê om die geestelik gesinde denke uit te roei, wat al die geestelike strewe moet teengaan en die mense heeltemal moet verwêrelds. Dit is die laaste werk van hom wat teen God stry, want dit is 'n oorskryding van die grense van sy magsbevoegdheid, wat God onverbiddelik sal straf. Daar sal 'n skielike verandering in wêreldgebeure kom. Groot wêreldse veranderinge sal kort op mekaar volg en daar sal 'n wêreld oorheersende mag op die voorgrond tree wat die lotgevalle van alle volke sal wil bestuur, en in plaas van orde, 'n totale wanorde tot stand sal bring, want dit sal eerstens gaan oor die onderdrukking van alle geloof. Hy sal op die aarde baie aanhangers vind en dit is die teken van die einde want die mense sal hulle nie daarteen verset nie, maar sal hulle byna eensgesind vir hom uitspreek, wie hulle as held en oorwinnaar sal vereer en wie se doel hulle sal aanvaar en dus ondersteun. Nou sal die moeilikste tyd vir die gelowiges begin. Die doen en late van die wêreld sal vir hulle onbegryplik voorkom, die geduld en die liefde van God, wat so-iets toelaat, dat Sy allerheiligste Naam belaster en bespot word en dat die aanhangers van Jesus Christus verbode verklaar en vervolg sal word op die mees genadelose manier, kom vir hulle ondenkbaar voor, maar hulle sal steeds dieper deurdring tot die waarheid van die Goddelike Woord, Wie dit alles voorspel het, en gee hulle dus ook vol vertroue oor aan die Goddelike leiding. Die Antichris sal woed op die mees skrikwekkende wyse en hy verblind die mense deur sy dade wat hy met ondersteunende krag van benede voer. Die Satan sal self deur hom werksaam wees as die vyandige gees van Diegene wat arbei in die skepsels van liefde en geloof, in die mense wat God bo alles liefhet en vas in Hom glo, en daarom groot nood te verduur sal hê deur die teenstander van God. Mense sal hom huldig, altare vir hom oprig, hom aanroep as die Christus van wie die heil moet kom, want hy sal werke verrig wat die mense onder daardie indruk sal bring, maar dit sal geen liefdesdade wees nie, slegs dade in arrogansie en heerssug. Hy sal as mens besig wees, poog om sy krag as vanuit die mens te verklaar, en sal alles bestry en ontken wat goddelik is, wat op God dui en van God getuig en hy sal van ontsettende sterk wil wees. Hy sal beveel en wie teen sy gebod weerstand bied, sal hy vernietig. Hy sal poog om aan elke leer van Christus, aan alle kennis oor Hom en Sy verlossingswerk, 'n einde te maak, hy sal alles deur die modder probeer sleep en wie hom sal help in sy optrede teen Christus, sal hy koninklik beloon, soos wat hy daarenteen ook vol haat teen My aanhangers sal optree. Die persoon van die Antichris sal herkenbaar wees aan sy uiterlike skoonheid, aan sy liggaamlike krag, want die satan omgeef hom met 'n kleed, sodat hy nie herken sal word vir dit wat hy is nie. Sy buitengewone vermoëns sal die aandag van die mensdom op hom vestig en daar sal geen einde kom aan die bewondering nie. In uiterlike prag en praal sal hy op die aarde talm, in teenstelling met Jesus Christus wat onopvallend te midde van sy broers gewandel het, gespeen van alle aardse goedere, en met 'n hart vol liefde vir die medemens, maar die hart van die Antichris sal rof en gevoelloos wees teenoor elke aardse nood en tog sal die mensdom hom toejuig, verblind deur sy uiterlike glans en sy krag. Hy sal skielik en onverwags optree, hy sal homself openbaar tydens die grootste nood en sal aan homself met sterk hande die mag en die gesag toe-eien. Hy sal beloftes maak van redding uit die nood en sal geen teenstand ondervind nie, omdat die mense maar net aandag sal skenk aan die aardse nood, maar geen ag sal slaan op die gees van die held nie, wat wil uitblink en homself as heerser sal opdring, met ondersteuning van die mense wat ook so dink, en dan sal die einde naby wees, want die nou beginnende geloofstryd sal die totale vernietiging van hierdie aarde inlui. Dit sal maar ‘n kort tydjie duur, maar sal so heftig wees dat 'n buitengewone sterk geloof nodig sal wees om nie te swig nie. God wend Hom egter weer teen Sy teenstander, want in die gees sal Hy te midde wees van diegene wat vir Hom sal stry en die Antichris beur tevergeefs teen die skanse van hierdie geloof. Hy sal van sy troon af neerstort in die poel van die veroordeling. Sy heerskappy sal nie lank duur nie, maar hy sal onuitspreeklike lyding aanrig onder die hele mensdom, wat meestal sy kant sal kies, wat alle geloof in God sal verwerp, wat in sy aardse prestasies sal glo en uiteindelik ook deel sal hê aan die verdoemenis, want hulle was onderdanig aan die teenstander van God en moet daarom ook in sy lot deel, en dit sal die einde wees. Jesus Christus sal Oorwinnaar bly en Sy kerk sal bly bestaan tot in alle Ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205