BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 539

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Onsterflikheid van die siel 5191 Dink daaraan wat daar van julle siele na die dood van die liggaam sal word, probeer julle voorstel dat daar geen einde bestaan vir haar wat in julle dink, voel en wil nie en dat hierdie siel nie kan sterwe nie. Stel dit vir julle voor, indien julle nog nie vas daaraan kan glo nie. Dan sal daar ‘n onbehae oor julle kom, omdat die siel sal voel dat daar geen mooi lot op haar wag nie, omdat die geloof aan ‘n ewige lewe ook ‘n ander lewenswandel tot gevolg sal hê, ‘n lewe in liefde, soos wat ‘n lewe in liefde julle egter ook die geloof sal gee. Alle mense weet dat hulle liggaamlik moet sterwe, maar ‘n vêrdere lewe van die siel kan nie as vasstaande kennis geleer word nie. Tog kan die mens sonder bewys oortuig word. En hierdie oortuiging bepaal nou sy denke, wil en handeling. Dan leef die mens bewustelik, bewus van sy taak om hom op aarde positief te ontwikkel en dienooreenkomstig sy graad van volwassenheid, die lot vir sy siel in die hiernamaals te berei. Dan sal hy aan die lewe van die siel na die dood dink en sal ook altyd bereid wees om die aardse lewe te verwissel met die lewe in die geesteryk, omdat hy weet dat daar geen ewige dood bestaan nie, slegs ‘n verandering van verblyfplek vir die siel. Alle mense wat van goeie wil is, voel aan dat hulle nie net vir hierdie aarde leef nie en hulle geloof word steeds dieper en sterker. Want wie van goeie wil is, sal nie die aanwysings weerstaan wat deur God se Liefde gegee word en sy denke aanspoor nie. Wie van goeie wil is, beoefen ook die liefde en dus word hy versterk in sy geloof en verlange na lig wat in hom ontsteek word. Elke mens kan glo aan ‘n voortlewe van die siel indien hy wil, indien hy verlangend na die waarheid, die gedagtes wat daarop betrekking het, oordink en uitsluitsel begeer. Dog sal die wil om die ewige lewe te ontken, steeds ‘n hindernis wees om te glo, omdat die kragte van die duisternis die mens alreeds beheers, wat alle lig haat. Gaan nie argeloos by julle gedagtes verby, wanneer julle aan die lewe van die siel na die dood dink nie. Probeer dit deurgrond, maar verwerp nie alle gedagtes wanneer dit in julle opkom nie. Want as julle jul wil nie op die waarheid rig nie, sal julle dit nie kry nie en sonder verlange daarna, sal julle nie onderrig kan word nie. Daar is ‘n lewe na die dood en hierdie lewe gee julleself gestalte op aarde, julleself skep vir die siel haar lot in die ewigheid en sal daarom moet sorg dat sy nie ten prooi val aan die geestelike dood nie, wat vol kwelling is, maar nooit ‘n “nie-bestaan” beteken nie. Want die siel is die werklike jy en bly bestaan, al vergaan die liggaam. Dink daaroor na, sodat julle kan glo, sodat julle die innerlike oortuiging kan verkry dat die liggaam wel sterwe, maar dat die siel onverganklik is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205