BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 275

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike draai punt - Totale transformasie van die aarde 4533 Julle kan dit as ‘n sekerheid beskou dat die wêreld voor ‘n verandering staan, geestelik sowel as aards. Die aarde self staan voor ‘n totale transformasie, ‘n transformasie van haar oppervlakte, asook breedvoerige interne veranderinge en netso moet die mense ook voorbereiding tref vir ‘n proses wat geestelike gevolge sal hê, omdat alles wat op aarde leef, mens en dier, sal ophou bestaan soos wat die hervorming van die aarde sal plaasvind. Dit is begryplik dat hierdie algehele transformasie ’n geestelike fondament sal hê, dat ‘n nuwe skool vir die gees geskep sal word, wat egter eers die vernietiging van die vorige sal vereis. Die aarde kan nie bly soos wat sy huidig is as sy nie doelloos deur die heelal moet wentel, te midde van ander skeppings en hemelliggame nie. ‘n Verandering moet plaasvind en hierdie daad van transformasie sal ervaar word deur daardie mense aan wie God genade verleen het om die laaste geleentheid te gebruik om geestelik volwasse te word. Want God het die laaste dae van die bestaan van hierdie aarde geseën deur seëning op seëning aan die mense te skenk wat beslis geestelike volwassenheid sou bereik teen die laaste dag. Dat die geskenke van genade geïgnoreer word, dat die oorgrote meerderheid mense dit nie verwelkom en dus nie aanneem nie, is slegs ’n bewys dat die laaste dae aangebreek het. Slegs weiniges sal in staat wees om die finale daad van transformasie waar te neem, aangesien hulle God se wil aanvaar en daardeur ook Sy verlossingsplan van ewigheid ken. Hulle sal niks oorkom gedurende die proses van transformasie nie, aangesien hulle weggeneem sal word van die aarde voor die laaste daad van vernietiging van die ou aarde. Die verandering sal hulle dus slegs tot so ’n mate affekteer, dat hulle hul omgewing sal verruil vir ‘n Koninkryk van vrede, totdat hulle teruggebring sal word na die algehele hervormde aarde, as wortel van die nuwe menslike geslag. Totdat die laaste dag sal aanbreek, het die ander egter ruim geleentheid gehad om te verander en ook hulself te red. Want sodra hulle geestelike transformasie plaasgevind het, sodra die siel na God teruggekeer het, vir Wie hulle tot sovêr onwrikbaar teengestaan het, word hierdie siele ook aspirante vir die Koninkryk van die geseëndes en hoef nie langer die vernietiging van die ou aarde te vrees nie. Niks van die skepping van die ou aarde sal bly bestaan nie, ook sal geen menslike wese bly bestaan wat nie vooraf deur God se Liefde weggeraap is na die hemel nie. Hierdie volledige vernietiging van die oppervlakte van die aarde as geheel beteken ook die einde van elke skepsel en die moontlike transformasie van enige siel wat kon verander het, sal bereik wees teen die uur van hierdie laaste oordeel. Dit hang dus van die mens se geestelike verandering af, of hy die einde van die aardse tydperk sal oorleef en toegelaat sal word om die nuwe aarde as kind van God te bewoon. Alle mense sal nog in staat wees om te verander, maar slegs weinig sal daartoe gewillig wees en daarom sal die transformasie van die aarde plaasvind, aangesien die menslike wil nie meer die regte rigting sal gaan nie en die aarde nie meer haar beplande doel dien nie. Die aardse lewe is misbruik. Gevolglik staar die hele mensdom ’n geestelike ommekeer in die gesig. Dit sal egter nie op die ou aarde plaasvind nie en dit sal slegs deur weinig bewustelik ervaar word, terwyl die grootste deel van die mensdom inderdaad ‘n heeltemal verskillende ontwikkelingsfase sal betree, dus ook geraak sal word deur die geestelike ommekeer maar in ’n regressiewe sin, want hulle sal hul aardse fisiese lewe verloor en hul bestaan in ’n heeltemal ander vorm voortsit. “Lewe” sal ophou bestaan en ‘n toestand van “dood” sal die geestelike wese nou omring, omdat sy as mens gefaal het, deurdat sy nie die geleentheid benut het om te verander, ten einde haar siel te red nie. In die heelal egter, beteken die daad van transformasie ‘n heeltemal nuwe periode van verlossing en die beëindiging van ‘n tydperk wat hoogs gedenkwaardig was, omdat God Homself geïnkarneer het op aarde, ten einde die voorbeeld aan die mensdom te stel van hoe om van mens tot Goddelike wese te omvorm, wat alle mense behoort te bereik. Die aarde, wat Sy fisiese liggaam gedra het, sal nou die verharde geestelike substansies, die vaste materie, moet help om verlossing te bereik. Elke lewende ding sal ‘n verandering van sy uiterlike vorm moet ondergaan, alles wat gebind is in ’n vorm wat laer is as die menslike vlak, sal in staat moet wees om te voldoen aan die stukrag tot hoër ontwikkeling. As gevolg van die aarde se totale transformasie, sal dit inderdaad moontlik wees, aangesien die liefde van die Goddelike mens Jesus, die nog onverloste geestelike substansies omarm het, wat Hy ook onderneem het om te help met Sy daad van Verlossing. Wanneer hierdie tydperk van verlossing tot ’n einde kom, sal dit ook die einde beteken vir alle skeppings in, op en bo die aarde. Dan kan ’n voortsetting van ontwikkeling in die skeppings van die nuwe aarde begin vir alle geestelike substansie wat nog verlos moet word en wat, afhangend van hulle wil teenoor God, die verskillende vorme sal beset tot hul finale verlossing. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205