BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Dienaars van God se werk aangaande vormgelowe 4061 Julle opdrag in die besonder is om invloed uit te oefen op die vele gelowiges wat ‘n gevoel het om aan My kerk te behoort en hulle tog nie tot My kerk reken nie, omdat hulle nie meer op die fondament van die geloof staan nie. Hulle het hul kerk op sand gebou, wat onder hul voete sal wegvloei wanneer hul geloof beproef sal word. Hulle waan hulle gelowig en bely ook alles met die mond wat hulle kerk hul as geloof voorhou en tog het geen enkele geloofsleer in hulle tot ‘n diepe oortuiging geword nie en geeneen sal heeltemal daarmee eens wees, indien hy dit ernstig bedink het nie. Hierdie 'vormgeloof', wat sonder nadenke aangeneem word en vanweë die medemens nie opgegee word nie, is byna nog erger as die ongeloof, want aan ‘n ongelowige persoon kan daar verduidelikings gegee word d.m.v. bespreking, al sou daar ook baie menings verskille wees, terwyl by die eersgenoemde weinig geleentheid bestaan om hom te leer, omdat hy slegs saampraat, terwyl hy vêr daarvan verwyderd is om ‘n oortuigde aanhanger te wees van wat hy met die mond bely. Hy sal daarom behoort aan hulle wat sal afval wanneer daar ‘n geloofsbesluit van hulle geëis sal word. Nou eers sal hy moet kan standpunt inneem teenoor die omstrede vrae, maar omdat hy nie in besit sal wees van die ware kennis nie en gevolglik ook nie die waarde en betekenis van die ware geloof insien nie, sal hy, sonder om dit te besef, die belangrikste opgee; naamlik die geloof in My as Skepper van Hemel en aarde, die geloof in Jesus Christus as die Verlosser van die wêreld en die geloof in ’n voortlewe na die dood. Want hierdie geloof sou hom moes aangespoor het om sy lewe op aarde vanuit eie verantwoordelikheid te lei, wat hy My as “sy” Vader en Regter van ewigheid verskuldig is. Hierdie mense sal egter geen genade in My Oë vind nie, want hulle was genoeg geleentheid gebied om die waarheid van die geloof dieper binne te dring en ‘n lewende geloof hul eie te maak. Hulle het egter geen onderrigting aangeneem nie en het ook nie openlik met teenstrydige menings tevoorskyn gekom nie. Steeds laat hulle hul medemens in die waan dat hulle tot die kerk behoort wat Ek as mens op aarde gestig het. Ek noem die gelowige skare My kerk en sal altyd slegs die mense wat ‘n lewende geloof het, as lede van My kerk beskou, want My kerk is geen wêreldse organisasie nie en ook nie uiterlik herkenbaar gemaak nie. Dit is enkel en alleen die vereniging van alle waarlik gelowige mense op aarde. Dit is My kudde wat wel klein is, maar wat My bomate liefhet. Die vormgelowige staan egter buite die stroomkring van My Liefde. Hulle kan egter altyd in My gemeente opgeneem word, wanneer dit wat hulle dink, werklikheid geword het, wanneer hulle die lewende geloof sal hê en gelukkig sal wees met die besit daarvan. En dit is ook ‘n teken van ‘n lewende geloof, dat hulle met vreugde sal spreek oor Goddelike dinge, dat hulle entoesiasties soek na geleentheid vir geestelike gesprekke en dat hulle verduideliking sal verskaf waar mense nog in die duister tas. Want wie eenmaal aan My kerk behoort, sal ook weet om My skatte te waardeer, hy sal die betekenis van die tyd ken sowel as die naderende einde. Hy sal trou aan My kerk bly, want daar is vir hom niks op aarde wat begerenswaardig sal wees nie. ‘n Lewende geloof het aan hom insig gegee in die waarheid en hy sal daarom ook die ontsettende gevolge van ‘n vormgeloof ken en die lot van die siel in die hiernamaals. Hy sal ook alles moontlik doen om die mense se aandag te vestig op die gevaar waarin hulle verkeer. Hy sal trag om dit aan hulle duidelik te maak, omdat hulle in die laaste uur nog tot ‘n lewende geloof kan kom. Of dit egter suksesvol sal wees, hang van die wil van elke afsonderlike mens af, wat self sal moet besluit, omdat die vrye wil immers nie geforseer mag word indien die siel positief moet ontwikkel nie. En tog is dit ook julle opdrag om die vormgelowiges soveel as moontlik te beïnvloed, want hulle verkeer in die grootste gevaar en het daarom hulp nodig, omdat dit hulle aan insig ontbreek. Waar hulp nodig is, moet daar dan ook gehelp word, sodat niemand kan sê dat die genade van die Goddelike Barmhartigheid by hom verbygegaan het nie. Ek wil alle mense help, maar of My hulp aangeneem sal word, bepaal die mense self, want Ek laat hulle hul vryheid behou. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205