BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 332

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Verklaring van die stigma 4701 In My lyding en sterwe aan die kruis is daar vir julle ‘n voorbeeld gegee van diepste Liefde en grootste offervaardigheid, wat sy gelyke nie het nie. Daar is nou eenmaal sake tussen hemel en aarde wat vir julle mense totaal onverklaarbaar sal blyk, omdat julle niks weet van die inwerking van geestelike kragte op ‘n mens wat so iets vir homself toegelaat het deur sy wil wat homself in die goddelike ordening opgehou het nie. En so staan julle dikwels voor ‘n raaisel, waarvan die oplossing egter eenvoudig is vir hom wat in die geestelike kennis binnegegaan het, vir diegene wat vir alles ‘n verklaring vind, wat aan hom deur sy gees ingegee word. Maar slegs selde kan so ‘n verklaring uit die geesteryk aan ‘n mens gegee word, omdat die direkte werksaamheid van die gees maar selde toegelaat word en respektiewelik aandag daaraan geskenk word. Want dikwels word ‘n saak as eie gedagtes aangesien, wat egter die werksaamheid van die gees is, maar selde kan die gees in die mens homself so duidelik te kenne gee, dat hy dit sal herken en dat die resultaat daarom aanvaar sal word. My lyding en sterwe aan die kruis was uiters pynlik vir die menslike wat My liggaam gevorm het en die offer van die mens Jesus het alles oortref wat ooit as werk van liefde op aarde kon geld. En tog neem die mensdom byna geen notisie meer daarvan nie, hulle het dit vergeet, omdat hulle wil vergeet. Die begrip van ‘n Verlosser van die mensdom is uitgewis in die harte van die meeste mense en maar weinig stel vir hulself die lyding van die mens Jesus voor, sonder om dit egter in sy diepte te begryp en te voel. Maar die geestelike wêreld bevind homself voortdurend onder die indruk van die verlossing deur Jesus Christus. Die gees wat vol Lig is, maak alles in die hede mee, hy ken geen tydsbesef, verlede, hede en toekoms nie en is vir die ligwesens een en so maak hulle telkens die kruisiging van Christus mee en loof en prys Hom, Wie deur Sy dood aan die kruis die hemel vir hulle ontsluit het, wat dit vir hulle moontlik gemaak het om God te aanskou, wat die groot sonde tot niet gemaak het wat My skepsele van My geskei het deur ewighede heen. Dit spoor die ligwesens aan om die mense op die grootste Liefdesdaad opmerksaam te maak, wat ooit op aarde volbring was. Die diepe indruk wat die kruisdood van Christus steeds weer op die ligwesens maak, sou hulle ook aan die mense wil oorbring, maar hulle stuit teen weerstand, want die mensdom bevind hulle so onder die indruk van die wêreld, dat die goddelike Verlosser Jesus Christus alleen nog ‘n fantasiebeeld vir hulle is, dat die beskrywing van die werk van verlossing vir hulle slegs ‘n fabel is wat steeds meer en meer aan geloofwaardigheid verloor. Die gees wat vol Lig is, sien die toenemende verduistering op die aarde en poog hier en daar om ‘n liggie aan te steek, hulle poog om die mense ‘n geringe straling uit die geesteryk oor te bring, gedrewe deur die liefde vir die onverloste siele, wie as mense beliggaam, dreig om die proef van die aardse lewe te faal. Dog is die toegang tot die menslike hart vir die ligwesens moeilik te verkry, want die siel moet uit vrye wil haar goedkeuring uitspreek, ofskoon die liggaam nie by hierdie wilsuiting van die siel betrokke kan wees nie. Die siel moet in die toestand van vryheid van die liggaam, in die slaap of in volledige sluimering van die liggaam, die verlange toon na buitengewone toevoer van krag in elke vorm. Dan maak die ligwesens hulself meester van die siel, wat hulle ook nie opgee wanneer die liggaam weer in sy gewone sake in verbinding met die siel staan nie. Dan word vir die siel, van die kant van die ligwesens af, ‘n blik gegee in die geesteryk, wie so onder die indruk daarvan word, dat die indrukke van die siel ook na die liggaam oorgedra word. Die mens sien dus nie in die liggaamlike toestand geestelike gebeurtenisse met die verstand of met die oog van die liggaam nie, inteendeel, slegs die siel sien, wat haarself egter duidelik aan haar liggaam laat voel. Die siel beleef met groot innigheid die gebeure van die kruisiging van Christus, maar sy gee hierdie belewenis nie deur aan die liggaamlike verstand nie, sodat die denke van die mens dus glad nie daarby betrokke is nie, maar dat daar aan aan die liggaam, deur die opwinding van die siel, ’n letsel oorgedra word, dat die liggaam dus in die ware sin van die woord saam ly met wat die siel innerlik waarneem. Die wêreld vol van Lig probeer die gedagtes van die mense op die grootste misterie in die heelal te rig, op die grootste Liefdeswerk, waarsonder niemand verlos sou kon geword het uit die ban van die sonde nie. Die ligwesens neem elke geleentheid waar, waar hulle deur ‘n mens tot elkeen in sy omgewing kan spreek, hulle poog om opmerksaamheid te wek, ook by diegene wat ongelowig is en wat vir hulself ‘n natuurlike verklaring probeer gee. Hulle ontsteek klein liggies, wat egter tog ‘n helder skynsel versprei, as dit nie verborge gehou of gedoof word deur die invloed van die teenstander, wat alles probeer verstik wat na die verlossing deur Jesus Christus wys nie. Want die stryd tussen lig en duisternis word steeds hewiger, hoe nader die einde kom en daarom sal ook alle aanwysings toeneem. Daar sal tekens en wonders geskied en salig is hy wat hieraan aandag skenk en sy gevolgtrekkings daaruit maak. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205