BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Groot ellende en droefheid sal die waarheid van die goddelike Woord bewys 3786 Die weg na die ewige Vaderland is vol dorings en probleme, en besonder baie so in die laaste tyd voor die einde, maar hoe moeiliker dit te oorkom is, des te korter sal dit wees. Die einde is naby en alle struikelblokke stapel hul nog eens vir julle op, maar nadat julle dit oorkom het, sal julle vry kan rondbeweeg en die geesteryk betree, waar alle moeite en laste beëindig sal wees. As julle ernstig hieroor nadink, moet die moeilike bestaan op aarde julle die sekerheid gee dat die einde naby is, want Ek het dit vir julle vanaf die begin van hierdie verlossingsperiode voorspel, in welke nood en kommer julle sal kom voor die einde, dat julle 'n nood op aarde sal moet deurmaak soos wat daar nog nooit een was nie. Julle sal daardeur die waarheid van My Woord kan insien, want die leed en die nood rondom julle sal baie groot wees en dit sal nog groter word, maar Myne roep Ek toe: “Wees geduldig en wag op My hulp”. Wat onafwendbaar is, wat Ek 'n lang tyd tevore verkondig het, moet vervul word tot leedwese van ontelbare mense en tot versterking van die geloof van Myne. Die tyd van die groot droefheid het aangebreek en wie aan My Woord dink, weet dat die laaste uur spoedig sal slaan, en hy sal getuig van My en My Woord, Wie waarheid is en sal bly tot in alle ewigheid. Al is die nood ook hoe groot, dit moet vir julle 'n bewys wees van die waarheid van My Woord en julle geloof bevestig. Dit moet vir julle 'n troos wees, want Ek gee julle met hierdie voorspelling ook die belofte dat Ek die dae sal verkort terwille van die uitverkorenes. Dit sal vinnig verbygaan, maar die nood moet vooraf in alle erns op julle druk, sodat julle kan besef dat die einde naby is. Julle sal nooit meer op verbetering kan hoop nie. Veeleer sal julle die nood gelate op julle moet neem en julle des te meer by My aansluit, hoe meer dit op julle druk. Dan sal dit vir julle meer werd wees as die besit van aardse goedere, wat geen duursaamheid het nie en julle nie kan volg in die ewigheid in nie. "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is. En Ek sal julle verkwik". Houvas aan hierdie belofte. Glo en vertrou My en alle nood sal vir julle draaglik wees. Sit julle lot vol vertroue in My Hand. Ek sal julle lei tot aan die einde van julle lewe. Al is die pad ook hoe moeisaam, dit lei Opwaarts, en aan die einde daarvan is Ek. Aan die einde wag julle hemelse wonings in julle Vader se huis, waar geen leed op julle sal druk nie, waar geen nood bestaan nie, waar ewige vrede en geluksaligheid is, waar julle oog heerlikhede sal aanskou waarvan geen menslike hart 'n voorstelling kan maak nie. Glo in My Woord en herken ook in die groot nood alleen die bevestiging van My Woord, want Ek het dit aan julle verkondig en dit moet as My Woord vervul word wanneer die einde naby is. Berei julle daarom slegs voor op die einde en laat alle aardse sorge val. Skep en werk nie meer vir die aarde nie, maar net vir die geesteryk. Maak voortdurend 'n beroep op My Krag en Genade. Bly voortdurend in gebed, dit wil sê in voortdurende verbinding met My deur gedagtes en werke van liefde, en julle sal geen stap sonder My hoef te gaan nie. Julle sal My as vaste Leier aan julle kant hê, en al is die pad ook hoe vol dorings, dit sal na die ware doel lei. Dit sal na die Vaderhuis. Dit sal lei na My, julle allerliefste Vader van ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205