BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Krag en genade in die laaste dae 3750 Van nou af sal dit afhang van My toevoer van krag en genade om te bepaal of julle jul aardse lewe sal kan bemeester, of julle in staat sal wees om al die probleme wat julle moet verduur op julle te neem vir die redding van julle siele. My Krag en genade kan slegs na julle vloei, indien julle bereid is om albei te aanvaar, en dus moet julle met My verenig deur gebed en dade van liefde. Dit is My volgehoue vermaning, My voortdurende onderrig, wat Ek aan die onvolwasse siele stuur om hulle nader aan My te trek, ten einde hulle die geleentheid te bied om ten volle volwasse te word, wat vir ewig dieselfde sal bly. Slegs ‘n verhouding met My kan dit bereik, en as julle ‘n verhouding vrywillig tot stand bring met My sonder dat julle deur swaarkry gedwing word, sal julle aardse lewe ook maklik wees, en kan julle baie benoudheid gespaar word. Die bedoeling is om julle aan te moedig om die regte verhouding met My te ontwikkel. Julle sal altyd krag en genade nodig hê vir julle siele om te vorder, selfs as die liggaam nie 'n buitengewone hoeveelheid krag nodig het nie, want die siel se bereiking van volwassenheid is die mens se doel op aarde wat net bereik kan word met My Krag en genade. Wanneer mense hierdie doel heeltemal ignoreer, sal hulle ernstige fisiese nood ly om die Een Wie mag, krag en liefde in oorvloed het, te onthou en om 'n beroep op Hom te doen om hulp. Dan sal krag en genade na hulle toe vloei en dan sal die siel ook buite gevaar wees. Uiterste ontbering is noodsaaklik in die laaste dae, want die mense het hulself steeds meer gedistansieer van die Bron van krag, daar is 'n wye gaping tussen hulle en My. Krag en genade word nie meer gevra nie en die mensdom ignoreer die liefde. Mense vorm hulself nie meer as ontvangers van My gawes van genade en krag nie en genade kan nie teen hulle wil aan hulle gegee word nie. Hulle moet eers kontak maak met My om te kry wat hulle dringend nodig het in 'n aardse en geestelike sin. En omdat Ek hulle vrye wil respekteer, maar aan die ander kant, hulle nie wil los in hul ongelukkige geestelike toestand nie, benader Ek hulle in die vorm van ernstige aardse swaarkry. Ek kom nader aan hulle om dit vir hulle makliker te maak om die regte soort verhouding met My te vestig, en My as die Gewer van krag en genade aan te roep om hulp. So sal, in die laaste dae, die swaarkry ondraaglik word vir al die mense wat vêr van My is, maar wat nog nie heeltemal deur My teenstander beheer word nie, want hulle kan nog gered word en die groot teenspoed is bedoel om dit te bereik. Moenie kwaad word vir My nie, twyfel nie aan My Liefde nie en verloor nie geloof in My in die lig van hierdie teenspoed nie, julle wat verlig is, moet ook julle medemens verlig met die feit dat niks op die aarde sonder betekenis en doel gebeur nie en dat selfs die grootste lyding 'n helende effek kan hê indien die mens self dit net wil. Julle sal nooit kan oorleef sonder My toevoer van krag en genade nie, julle sal ook fisies vernietig word indien julle nie die teenspoed as My waarskuwing erken nie, want julle kan niks self doen nie. Daarom moet julle die bron van krag, wat tot almal se beskikking is, gebruik, julle moet daarvan trek, julle moet in aanmerking geneem wil word deur die Gewer van krag, en gevolglik moet julle Hom geestelik kontak en Hom daarvoor vra, of julleself open deur dade van liefde, sodat My Krag en genade onbelemmerd na julle toe kan vloei, dan sal aardse en geestelike ontbering verby wees. Dan sal julle in staat wees om julle gegewe doel te bereik in die kort tyd voor die einde, en dan sal die swaarkry nie tevergeefs gewees het nie. Julle sal My bedank, julle Vader van ewigheid, Wie julle by wyse van swaarkry gered het uit 'n oneindige lang ballingskap. Wie julle, by wyse van swaarkry, gehelp het om vry te word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205