BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 529

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Skyn en werklikheid 5172 Die aardse lewe is maar net ‘n skynbestaan. Sodra julle tot hierdie insig sal kom, sal julle op die ware pad wees wat omhoog gaan. Julle sal dan bewustelik leef, julle sal dan na die lig toe werk wat die werklike is, wat eers sal begin wanneer julle liggaam, die stoflike omhulling van julle siele, afval en die siel haarself vry kan verhef in die geesteryk. Alles wat op aarde vir julle oë bestaan, alles wat vir julle sigbaar is, is geestelike substansie wat slegs vir ‘n kort tyd vorm gegee is, wat as materie haar doel op aarde moet vervul, naamlik om die gees se volledige ontwikkeling moontlik te maak. En die aardse lewe self is ook slegs ‘n suiwer liggaamlike funksie, solank die siel in julle nog sonder enig insig is in wat sy was, is en moet wees. Indien die siel hierdie insig nie gedurende die aardse lewe verkry het nie, dan sal sy wel des te meer glo aan die realiteit van hierdie lewe, sy sal dan slegs die aardse lewe as belangrik beskou en daarna streef om baie lank en aangenaam op aarde te lewe. Eers ten tye van insig verflou hierdie verlange, omdat sy dan van die eintlike lewe bewus word en die aardse lewe dan tot dieselfde mate verbleik as wat die werklike lewe aan waarde wen. Eers dan kan sy skyn en werklikheid onderskei, eers dan leef sy bewustelik. Die lewe is aan haar gegee sodat sy in ‘n skynbestaan haar wil kan bewys, dat sy in ‘n bepaalde stadium van krag aktief kan wees, waarin sy die lewenskrag kan benut op ‘n God-welgevallige manier en daardeur vir haarself die reg verwerf om in die werklike lewe krag in oorvloed te ontvang en dit produktief te maak, soos wat deur God bedoel was. Die siel moet dus eers ‘n proeflewe aflê, om bewys te gee of sy geskik is om ’n onmeetlike krag te ontvang. Want die produktief maak van hierdie krag is eers die eintlike lewe, waarin die siel skeppend besig word en ook in omvangryke mate verlossend werk. Deur te faal in hierdie proeflewe, deur verkeerd gebruik te maak van hierdie lewenskrag, verbeur sy vir haarself die toevoer van krag in die werklike (geestelike) lewe, wat sy dan ook verkeerd sou gebruik het, indien dit haar sonder meer sou toegestroom het. Die siel moet ‘n sekere graad van volwassenheid bereik in die aardse lewe, wat haar nou as kragontvanger en -gebruiker in die geesteryk bruikbaar maak. En daarvoor is die aardse lewe aan haar gegee. Maar meestal word die aardse lewe as doel op sigself gesien en nie as middel tot die doel nie en word dit dan ook verkeerd gebruik. Dit word gesien as die enigste begerenswaardige, ofskoon dit aan elke mens bekend is dat hy die lewe vir homself nie met een dag kan verleng wanneer sy uur gekom het nie. En juis dit moet hom die waardeloosheid en die verganklikheid daarvan laat insien van dit wat vir hom bomate belangrik lyk. Hy sal as ‘n verstandige mens moet sorg vir dit wat hierna gaan kom en hom nie tevrede stel met dinge wat aan die wet van verganklikheid onderworpe is nie. Die aardse lewe is slegs ‘n skynlewe, iets geleen, wat enige oomblik weer teruggeneem kan word. Met geleende goed moet die mens goed omgaan. Hy moet dit so gebruik dat dit hom ryklik rente sal lewer, weliswaar nie aards materieel nie, maar geestelike rykdom moet daarmee verwerf word. Dan sal die mens geskik wees vir die eintlike lewe wat ewig duur. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205