BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Satan se woede in die eindtyd –Afval van die geloof 3958 Die getal van die ongelowiges sal in die eindtyd groter word en dreig om die klein skare gelowiges te verswelg. Met die afvalligheid van die geloof, sal die woede van Satan ook meer en meer op die voorgrond tree, die mense sal die laaste verantwoordelikheidsgevoel teenoor ‘n regverdige Regter verloor, omdat hulle nie meer in Hom sal glo nie. Juis daarom openbaar Hy Homself so duidelik om die geloof van Syne te versterk, sodat hulle nie sal wankel by die aanskoue van die goddeloosheid van die ongelowiges en hulle wêreldse welslae nie. Hy wil egter ook vir hulle nog die moontlikheid gee om te besin en ontferm Hom daarom oor Syne so ooglopend dat ‘n ongelowige mens ook God se krag sal kan herken, sodat hy die geloof wat hy verloor het, kan terugwen indien maar hy net ‘n klein bietjie sal probeer. Want God sal tekens gee en wonders doen deur Sy werktuie op aarde. Skynbaar sal Sy dienaars op aarde die buitengewone volbring, maar dit is God self wat Hom deur hulle openbaar. Hy openbaar Homself en vertoef selfs sigbaar onder Syne as teken dat die einde naby is, maar Hy word slegs deur hulle herken wat Hom van ganser harte liefhet en Sy gebooie onderhou, slegs deur hulle wat hulself tot liefde omvorm het en besonder aktief sal wees in hulle werk vir Sy ryk. In hulle sal ook ‘n ongewone krag te siene wees, omdat God self Sy intrek in hulle harte geneem het en daarom sal Sy liefdeskrag hulle vervul. Die ongelowiges kan hulleself van hierdie krag oortuig. Hulle sal moet toegee dat ‘n Hoër Mag aan die werk is, indien hulle maar net sal wil nadink oor die ongewone verskynsels wat die laaste tyd voor die einde gaan meebring, maar die meeste is al te wêrelds ingestel en daarom let hulle nie daarop nie. Ja, hulle sal die gelowiges verag en vervolg en sal hulle daardeur in sware nood en verdrukking bring, waarin slegs die duidelike Hulp van God hulle sal steun en laat standhou. Want die werke van God onder Syne, sal so duidelik wees dat hulle hulself vas aanmekaar sal bind en teen alle aanvalle van die wêreld weerstand sal bied. Vaster as ooit sal hulle geloof wees, waardeur hulle hulself heeltemal aan God se leiding sal oorgee, sodat hulle nóg aardse nood, nóg die dood sal vrees en daarom ook alles makliker sal kan verdra wat gedurende die tyd van die einde op hulle sal afstorm. By wie God Homself eenmaal geopenbaar het, daar sal God se teenstander geen vastrapplek meer hê nie, want sy geloof sal nie meer wankelrig wees nie. God sal Syne naby wees soos wat Hy dit beloof het. Hy sal hulle troos en krag gee, Hy sal hulle onderrig gee oor Sy spoedige koms en hulle wegneming in die vooruitsig stel. Hy sal hulle tot groter liefdadigheid aanspoor, want Sy geestelike teenwoordigheid sal die mense met liefde tot Hom en tot sy medemens vervul en sodoende ook met krag. In die eindtyd sal die duidelike werksaamheid van God noodsaaklik wees, want ook dit sal bydra tot die skeiding van die geeste. Wie nog lou en besluiteloos sal wees, sal dan kan besluit tot watter kamp hulle wil behoort, want daarvoor sal aan hulle nog ‘n laaste hupstoot gegee word. Hulle sal hulself kan oortuig van die krag van die geloof wat ook die grootste aardse nood sal bemeester en sodoende hulle houding tot God verander, d.w.s. die regte ingesteldheid teenoor Hom tot stand bring. Waar God Homself duidelik openbaar, sal vrede en hoop wees, ondanks alle ellende. En omdat die lot van die gelowiges buitengewoon swaar sal wees, sal hierdie vrede en hoop die ongelowiges verstom laat staan. Wie dan sal ag slaan op Sy woord, wie na Sy dienaars op aarde sal luister, hulle wil sal verander, want elke gewillige siel sal God in Sy liefde en erbarming aanneem en Hy sal hulle help en sal hulle red van die ewige duisternis. Hy sal hulle nog swakke geloof laat herleef en hulle die krag gee om vol te hou tot aan die einde, totdat Hy sal kom in die wolke om die skare van Sy gelowiges na Hom toe te neem. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205